Page 1 of 3
Nuwe Musgrave's
Posted: Sun Sep 26, 2010 2:28 pm
by Monrique (SJ)
Ek het gelees in Oktober 2010 van SA Jagter dat JJ Wapens in Ermelo goedkeuring van Denel ontvang het om die Musgrave naam te koop en op nuwe wapens te gebruik.
Ek wonder net vir hoeveel die wapens gaan verhandel en watter aksies hulle gaan gebruik daarvoor en met watter tipe kolwe(hout, laminated of sinteties)? Kom ons hoop hulle is bekostigbaar en net so goed soos die oues!!!
Weet iemand dalk al meer i.v.m die wapens as wat die tydskrif vir ons se?
Ek het JJ wapens n mail gestuur met hierdie vrae van my en sal die reply onder die afdeling kom opsit wanneer ek dit terugkry.
Groetnis
SJ
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 4:30 pm
by Monrique (SJ)
Nuwe Musgrave Wapens
Ek rig die skrywe na aanlyding van die artikel in die Okt. Uitgawe van SA Jagter tydskrif.
Ek wil graag uitvind m.b.t die Musgrave wapens:
1) Wanneer sal die eerste wapens te koop beskikbaar wees?
2) Wat gaan die verhandel koste wees?
3) Gaan daar verskillende modele wees met spesifieke aksies vir daardie model?
4) Watter tipe aksies, lope, kolwe en snellers gaan gebruik word?
5) Gaan die wapens op die plaaslike of oorsese mark gerig word?
Ek wens u en u span sterkte toe met die maak van die wapens.
Groete
SJ vd Westhuizen
Beste
Die eerste Musgrave geweere sal moontlik reeds in jan beskikbaar wees . persone sit reeds hulle bestellings in .
Alle toekomstige Musgrave geweere sal weer met die vz24 aksie gebou word .
Daar is huidiglik drie modelle beplan .
Die geweere se pryse sal bekendgestel word in sa jagter .
Dankie vir jou belangstelling .
Groete
Frikkie du plooy
Frikkie
Kan jy my dalk se in watter kalibers gaan die wapens vervaardig word, of gaan dit in al die populere kalibers beskikbaar wees?
Groete
SJ vd Westhuizen
Sj
Ons beplan eers net sekere kalibers en sal uitbrei soos nodig .
Kal wat mee begin sal word
.308
30/06
7x57 en 7x64
25/06 en .270
.375 en 9.3x62
300 win en .338
Hoop dit help jou .
Groete
Frikkie
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 5:20 pm
by 243Songdaug
Het nog altyd van die ouens by JJ's gehou, maar nou is my vraag - het hulle nie 'n 243 reamer nie of waar het die 243 uit hul bus geval?
Ek wonder maar net....
Groete.
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 5:37 pm
by Monrique (SJ)
Jaco
Ek kan ook nie glo dat hulle nie die 243 of 223 nie nou al gaan maak nie, dit is ook mos onder die populere kalibers, of hoe het ek dit dan?
25-06 manne moet my nie kruisig nie asb. maar is die 243 dan nie meer gewild as die 25 en ook goedkoper om te herlaai nie? Ek dink die manne kan dalk beter gedoen het om die 6mm of die 223 in die plek van die 25-06 te sit, net my mening. Die 6mm is tot n beter kaliber, GRAP net kerels.
Het al gehoor en gelees dat die manne se werk goed is, maar hoe goed is die VZ24 aksie, ken hom nie regtig?
As enige iemand meer of akkurater inligting het, deel asb. met ons.
Groetnis
SJ
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 6:14 pm
by Danie Lombard .243
Ja ou SJ, ek stem heelgartig saam met jou, hul, JJ wapens kan gerus dink aan 'n .243. Die beste van die beste.
Wat'se aksie is 'n VZ24 ?? Is ek nou ononsel dat ek nie die aksie ken nie?
Manne wat weet, vertel van die VZ24 aksie asb.
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 6:18 pm
by Danie Lombard .243
OK Ek het gou gaan VZ 24 GOOGLE. Dit is lyk vir my 'n cezh muaser aksie.
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 6:28 pm
by Arnold
Dit is die aksie wat JJ-wapens gebruik om hulle custom gewere op te bou. So dit klink of die naam maar net gaan verander ...
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 7:34 pm
by 243Songdaug
Danie
Die vz24 is 'n K98 tipe Mauzer aksie. Baie betroubaar soos alle 98's en sterk - natuurlik.
Sover ek gelees het is hul afwerking beter as die K98 en hul prys is ook heelwat duurder as die van 'n K of M98.
Soos Arnold s? - dit is die aksie van keusevir JJ's - ek ek dink hulle het 'n goeie aksie daar beet. In nogal opgewonde om hierdie nuwe
Musgrave's onder hande te neem - het hoeka Saterdag met 'n 6mm Musgrave, gebou op 'n P14 aksie, in mint kondisie geskiet.
As dit net nie vir die hang skouers was nie sou ek dit regtig oorweeg het om ook een aan te skaf.......tot ek my 243 nader getrek het!
Daar is darem maar net een 6mm en dis 'n 243W!
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 10:05 pm
by Monrique (SJ)
Het die foto's op die net gekry van die VZ24 aksie, weet nie of hulle nogsteeds met die reguit bolt handel uitkom nie.
Groetnis
SJ
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 10:07 pm
by Monrique (SJ)
Danie 243
Jy is reg die VZ24 is n cezh aksie en is gebaseer op die 98 Mauser
Groetnis
SJ
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Mon Sep 27, 2010 11:51 pm
by Hein M.
Die kalibers
SONDER 'n 223/243 is 'n teleurstelling...
Hoop dat dit 'n goeie kolfkam vir die groter tipe teleskope het. En ordentlike, verstelbare snellers...
Hein M.
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Tue Sep 28, 2010 9:56 am
by JACQUES BOTHA
Manne en maninne.
As n groot 25 fan en eienaar die volgend:
Ek wil nie n argument begin of eindig nie, net feite weergee.
25 vs 243
1. herlaai geen argument 243 beter.
2. looplewe geen argument 243 beter
3. ekonomies in terme van kruit, 243 beter
4. 6mm rem vs 25 mmmm dis jou keuse geen een wen of verloor nie...die rede vir die een of die ander (because i can)
5. al rede hoekom jy n 25 skiet bo n 243 is omdat jy wil en kan en wou en het .
Alle kalibers is great vir jou.
Met tegnologie en rekenaars kan jy alle bewyse kry en wys ...
Die punt is wat doen jou roer...As hy werk moet nie jeuk nie, as hy skiet(mooi) moet nie krap nie..
Skiet wat jy het of wat jy wil he ...omdat jy kan .. en wil en het.
Een of ander tyd gaan jou gat weer juk en jy gaan maar n ander of nuwe geweer koop..(al isdit net omdat dit n bargain is of was)
ons jeuk gaan nie ophou nie.....Hulle gaan ons begrawe met daai jeuk... en wonder moes ek nie maar .....nie?
Groete
jb
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Tue Sep 28, 2010 10:39 am
by 243Songdaug
Jacques, ek kon dit nie beter stel nie.
Jy het vergeet om te noem:
Geraas: 243 wen defnitief!!!
Daar is seker nie nog 'n roer wat so hard klap soos die 25-06 nie!
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Tue Sep 28, 2010 12:28 pm
by Monrique (SJ)
JB
Ek het bietjie gekrap en dit lyk my dit het nie gejuk nie, jammer.
Die 25-06 is n lekker roer en hy gooi kole. Laat die kruit brand.
Groetnis
SJ
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 4:42 pm
by Armand Steenkamp
En ek was so opgewonde oor die musgrave.Tot ek sy prys gesien het!
Nee wat koop eerder nog n Howa.Lyk my howa is die nuwe musgrave!

Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 5:53 pm
by Nico Harris
armand wat kos hy?
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 6:19 pm
by fanie17
Martin by Sahara het die masjiene om die regte Musgrave aksies wat so akuraat is te vervaardig.Hy het as ek dit reg verstaan gekoop toe Musgrave toe gemaak het.Ek dink dit is van die akuraatste aksies wat bestaan,praat met hom.
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 7:41 pm
by Armand Steenkamp
Harris ek gan eers we moet gan kyk het nou die presiese prys vergeet.Dit smaak my dit was rondomR24000
Oom fanie,Oom weet nie wat prys daai aksies nie?
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 7:43 pm
by fanie17
Armand
Sal more uit vind
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 8:02 pm
by Armand Steenkamp
Hahaha Harris sorrie man ek het nou ge lieg.Die eintlike prys BEGIN BY R27 000!!!
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 8:07 pm
by Nico Harris
Koop eerder twee cz's of 5 howas

Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Wed Mar 30, 2011 9:30 pm
by Armand Steenkamp
5 Howas Nou daai sal loop
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Thu Apr 14, 2011 8:51 pm
by Monrique (SJ)
Het die Musgrave's bekyk by die AIM expo, maar hulle is nie vir my prysklas beskore nie!!! Dink ook nie dat hulle die R25k werd is nie.
Slegs my opinie.
Groetnis
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Thu Apr 14, 2011 10:30 pm
by rednat
Jammer dat dit nou gebeur.
Musgrave gewere is gewere wat deur Musgrave vervaardig was met 'n spesifieke geskiedkundige belangrikheid en nostalgie en sou nog besondere versamelitems word.
JJ kan gewere maak -- selfs miskien ook nog beter -- maar dit is nie WARE Musgraves nie en kan ook nooit wees nie -- dit is JJ gewere.
Ek sal dit beslis ook nie nou agter die Musgave naam aan koop nie want dit is en kan nooit genuine Musgraves wees nie -- daar word nou handel gedryf met 'n naam en 'n stukkie van ons vuurwapengeskiedenis word afgewater en skade berokken???
As versamelaar betreur ek die "sogenaamde herlewing"
Re: Nuwe Musgrave's
Posted: Fri Apr 15, 2011 10:14 am
by James Wilson
rednat, jou gevoel word nogal deur baie mense gedeel