Page 1 of 1

375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Wed May 01, 2013 8:34 pm
by Umshwati Boy
Hello daar..

Het so 'n idee in my kop gekry om 'n 375 op 'n 308 Winchester dop te sit. Seker baie naby aan die 358 Winchester, 9,3x51PDP en selfs die 338 Federal. Het enigiemand dit al plaaslik gedoen, of weet iemand van reamers etc etc????

Sien CH4D het dies beskikbaar, biejie duur, maar hulle is beskikbaaar te minste. Het ook biejie Google gebruik, maar nie baie oor die Wildcat gevind nie, net dat dit as 'n 375 Jaguar gedoop is.

Dink in 'n kort loop (20" maks) sal dit lekker wees vir bosvarke in die mielies en ook op voerplekke. Barnes 235gr TTSX, Hornady 225gr of Claw 200gr so teen 2150-2250fps... Ja ek weet reduced loads kan dit ook doen, maar hierdie is natuurlik die mees practical idee. Wat met custom dies, reamer, nuwe loop, Load development, Doppe wat 308 op het.. Ja dis defnetief meer practical as om met Dacron te speel ++>: En as julle wonder, ja ek was om 'n Kampvuur toe ek hierdie gedagtes gekry het, meer as dit se ek nie, maar daar was miskien vleis, en so 'n bier of twee ;)

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Wed May 01, 2013 8:49 pm
by ThinusS
Klink baie na aan die ou 9.5x57 MS :)

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Wed May 01, 2013 8:58 pm
by NEGE3
Dink 'n AK47 of 338 Sabi sal ook goed werk. :-[

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 1:33 pm
by Umshwati Boy
Ja het aan die 9,5x57 gedink, maar die idee is om 'n short action te gebruik TPL van 2,80", so weet nie of dit sal werk nie. En in elk geval, as jy 9,5x57 se of selfs 9,5x51 klink te naby aan 9,3 en wil nie he dat DWB nou opgewonde raak nie..dus iewers 375-08 ;D

NEGE3: AK47??

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 1:47 pm
by KC
Ek het vir baie jare met n 375-06 JDJ handwapen gejag.

Nog altyd geding ek wil hom laat maak in n geweer.

Dis die 30-06 wat soort van ge-ackley is met n 375 bo op.

Het 2350fps uit n 17" Encore gekry met n 270gr koeel. en S335

So jy kan seker met jou kombinasie goed doen. Weet netnie of jy goed sal doen met n 270gr koeel. Miskien is dit eerder n 235gr kombinasie want jy gaan seker redelik gou in druk in hardloop maar dit hang seker af van watter snelheid jy wil haal.

Ek sien jy wil ligter gaan so ek dink dit gaan n lekker kombinasie in n geweer wees.

Ek sou eerder vir 24" gegaan het maar dit is my opinie bloot omdat jy dalk ligter ladings kan gebruik om 2200 te kry, maar dis n raaiskoot.

My 375-06 JDJ het ook eers lekker gegroep met n stywerige lading dalk is jou 375-08 dieselfde en dan sal hy goed doen in n 20" as jy nie vreeslike spoed wil he

Kobus

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 1:54 pm
by NEGE3
AK-47 of 7,62x39mm @ 2350 vt/s is genoeg om bosvarke mee te skiet.

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 2:42 pm
by DWB
Naamgenoot... jy sal nog die 9.3 lig sien :D

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 3:35 pm
by NEGE3
DWB wrote:Naamgenoot... jy sal nog die 9.3 lig sien :D
8) :laugh:

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 3:38 pm
by Gert Odendaal
DWB wrote:Naamgenoot... jy sal nog die 9.3 lig sien :D
Deon, ek hoor nou onlangs jy is besig om die 9.3 te verkoop, wil glo opgradeer na die .375H&H, glo omdat die .375 H&H so `n verskeidendheid punte en gewigte oor verskillende afstande kan skiet???? Ek kon dit werklik nie glo nie, daar steek seker nie enige waarheid in die bespiegelinge nie? ;D :o :o :laugh: Moet jou net nie steur aan Mswati nie , moenie swig onder die groot klomp druk nie....die 9.3 x 62 is eintlik regtig `n goeie jaggeweer......moet nie dat die .375 manne jou ompraat nie... :): :o

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 3:47 pm
by DWB
Het ek al voorheen genoem ek het 'n 375H&H wat ook in die kluis staan? (Al is dit skoonpa sin hy is op my naam :D)

Re: 375-308; 375-08; 375 Jaguar

Posted: Thu May 02, 2013 4:58 pm
by Gert Odendaal
Dan is ek bly die "rumers" is nie waar nie... :laugh: :laugh: