Page 1 of 1

2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 4:14 pm
by Cobus(Cobb)
Van julle ken my geliefde 2.5 Ranger 2x4 Double Cab.....die girl moet Sani Pas uit ry In Desember....is dit doenbaar met 'n 4x2??

Cheers

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 6:36 pm
by vlakvark1
Sit net n TOYOTA wapen op voor en agter dan ry hy sommer in trurat daaruit ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 6:37 pm
by vlakvark1
Sorry Cobus ek moes daai een inkry ;D ;D ;D ;D ;D

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 6:41 pm
by Chevvy SS
Cobus wil met die neus eerste daar uitry!

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 8:06 pm
by spekieries
Cobb

Het nog nooit self die Sani gery nie. Ek verstaan dit raak 'n probleem as dit gesneeu het of as die pas nat is. Miskien moet jy die vraag bietjie vra op die 4x4 forums.

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Wed May 01, 2013 8:18 pm
by Lamtjop
Cobus ek het daai selde vraag al gevra, want ek het ook net n 2x4 bakkie, n familielid wat al daar uit is sê n 2x4 bakkie gaan maklik daaruit, hy sê daar ry elke dag taxi's op en af, nou as n Hi Ace dit kan doen kan n bakkie ook. As daar ys, sneeu of modder op pas is is dit seker n heel ander storie. Dis wat ek gehoor het.

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Thu May 02, 2013 12:58 pm
by Danie Lombard .243
Cobus

Jy sal met jou 2X4 kan ry, desember is ook 'n goeie tyd, dit is droog en warm, niks reen en sneeu nie.

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Thu May 02, 2013 1:47 pm
by junglejulian
Hi-Ace= High impact african culling equiptment.Dankie Toyota dat jul vir jare ons populasie groei onder beheer probeer hou!

Re: 2x4 Sani Pas

Posted: Thu May 02, 2013 2:13 pm
by Giepie
Alles hang af van die weer en pad toestand. Ek is hom uit met 'n sleepwa en ou Rangie, nêrens nodig gehad vir "central difflock" of "low range". Die probleem is die draaie, van hulle is baie skerp. 'n Bakkie met goeie band behoort nie regtig 'n probleem te hê nie.

Daai taxis is 4x4. Het hulle gesien daar en ook eers gewonder oor die 4x4 stickers, maar hulle is so ingevoer.