Page 1 of 1

Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:47 pm
by FHM
Die meneer staan 120 m van jou af.
Sterk wind van 15-20 Km / h waai van regs na links.
Jy vat dooierus oor bakkie kap of skietstokke
Jou geweer is op 150 gezero
Waar is jou skootplasing?

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:48 pm
by Riaan Beeslaar
Sit vir ons 'n foto op asb FHM

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:51 pm
by Danie01
As jy nie kan sien nie, kan jy nie skiet nie, hehehe

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:51 pm
by Riaan Beeslaar
Dankie vir daai een Danie

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:01 pm
by FCLoretz
Ek sal so 4 duim regs van die vou skiet wat die blad been maak.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:02 pm
by Alwyn
Ek skiet nie graag in die wind nie....
Ma as ek n kans moet vat sal dit as volg wees:
Kruishaar so net onder die oe........ so 1 1/2" na regs.... :o :o

MAAR

As dit nou gan oor die trofee.....
Daar waar sy linker voor been af kom en n "vou" maak teen die lyf so derde van onder af......
Nag Hasie :laugh:

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:03 pm
by cassie_calvinia
weereens tussen die oe. as ek nog in veld is met daai wind.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:05 pm
by Smiley
Op die lyn van die verste voorbeen, 6" op van onder die lyf

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:28 pm
by Naas
Dit is waar my kruishaar sou wees.

Naas

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:33 pm
by Gerhard
Naas wrote:Dit is waar my kruishaar sou wees.

Naas

Naas,

Ek dink jy het hom...

Dis n lekker hart skoot daai.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:20 pm
by PWV
Kruis sal net-net raak aan die onderkant van sy linkeroog.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:43 pm
by Nickvn
ShotplacementEland.JPG

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:42 pm
by Herman Huyser
vir trofee, vou waar die manne reeds uitgewys het, vir vrieskas, kopskoot tussen sy kykers.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:45 pm
by Herman Huyser
Herman Huyser wrote:vir trofee, vou waar die manne reeds uitgewys het, vir vrieskas, kopskoot tussen sy kykers.
Oops, nie mooi gelees nie, wind pla van regterkant af, dan mik vir onderkan van linkeroog, oog regs soos bok vir jou kyk op foto.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:46 pm
by grumpy
Stem saam met Herman.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:52 pm
by PWV
Herman Huyser wrote:
Herman Huyser wrote:vir trofee, vou waar die manne reeds uitgewys het, vir vrieskas, kopskoot tussen sy kykers.
Oops, nie mooi gelees nie, wind pla van regterkant af, dan mik vir onderkan van linkeroog, oog regs soos bok vir jou kyk op foto.

Klaar gekwes met die eerste skoot! :o

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:23 pm
by Hein22
Gerhard wrote:
Naas wrote:Dit is waar my kruishaar sou wees.

Naas

Naas,

Ek dink jy het hom...

Dis n lekker hart skoot daai.
Dit is 'n goeie skoot maar ek reken jy gaan effe bo-oor die hart skiet.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 9:58 pm
by PWV
Hein22 wrote:
Gerhard wrote:
Naas wrote:Dit is waar my kruishaar sou wees.

Naas

Naas,

Ek dink jy het hom...

Dis n lekker hart skoot daai.
Dit is 'n goeie skoot maar ek reken jy gaan effe bo-oor die hart skiet.

Onthou dit is die mikpunt, nie waar die projektiel die bok gaan tref nie! Neem die val en wind in aanmerking.

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 10:22 pm
by Hein22
120m met 150meter zero... bo-oor hart

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Tue Apr 30, 2013 11:16 pm
by JPS
Hein22 wrote:120m met 150meter zero... bo-oor hart
Hang af van of koeel nog klim op daardie afstand of nie. Skoot Bo oor Hart sit die lite Baie keer af vinniger as skoot dear die hart.

Net my 2c

Lekker aand
JP

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Wed May 01, 2013 5:32 am
by Gerhard
Boys,

Eland se hart sit baie hoog in die borskas.

As jy die bo punt van die hart vang skiet jy die plumbing ook stukkend.

Dan dop hy nog vinniger

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Thu May 02, 2013 10:19 am
by Naas
Ek sit liewers daai skoot daar in,voor ek die agterste punt van die bladbeen vang.
Ek meen my kal in ag,wat n 270 is met 150 grain punte.dit is al wat ek op die oomblik het.
Ek sal daai skoot met vetroue meen.

Net my meening
Naas

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Thu May 02, 2013 10:43 am
by Jean Marais
Met my 308 NomaMag en Etip 180gr dink ek nie die wind gaan te veel pla nie.

Ek skiet hom dus so tussen die oge:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/eland_zps10cb03d9.jpg

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Thu May 02, 2013 10:53 am
by PWV
Onder die linkeroog. Naas het my geleer om die kolletjie op die bok te plaas en kan julle glo, ek het dit reggekry. Baie makliker om die bok met 'n projektiel te tref as om met die rekenaar skote te skiet!

Re: Skootplasing...Eland

Posted: Thu May 02, 2013 11:36 am
by evdberg
Hier is my skoot plasing met my .308 , 168gr
Ek sal klein bietjie laer skiet as Naas, maar hy sal val met naas se skoot ook.