Page 1 of 1
Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 3:44 pm
by FHM
Jy kom op die impala af wat die bobbejane dophou en jou nie hoor of sien nie.
Jy moet uit die vuis uit skiet.
Afstand ongeveer 80 m
Geen wind
Jou geweer is gezero op 100 m
Waar is jou skootplasing?
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 3:59 pm
by FCLoretz
Ek skiet eerder die bobbejane.
maar meer ernstig, so twee tree regs, om daai takkies te mis en dan sal ek net agter die blad skiet met die agterste been as my mikpunt.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 4:01 pm
by Smiley
Vat rustig agter die kop en laat loop.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 4:07 pm
by Riaan Beeslaar
Stem Smiley
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 4:07 pm
by cassie_calvinia
kop.
kans vir bek is 0.
kans vir pens is groter.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 4:20 pm
by mariusr
As jy bang is vir kop skoot plaas jou skoot hoog op die skouer waar die nek by die lyf kom hy sal net daar val! Dan skiet jy die wind gat bobejaan mannetjie!

Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 4:31 pm
by Naas
Net onder die oor.daai bok le met daar,en wag.
Naas Potgieter
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 6:48 pm
by grumpy
Stem saam met Naas. Perfekte skoot. So nie net onder die middellyn bietjie na agter van die voorbeen.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 7:35 pm
by VdWalt
Obviously is my skiet vermoee nie naastenby op standaard nie.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 7:39 pm
by Herman Huyser
Stem met Naas, sak patats is sy middelnaam.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 9:43 pm
by jamalley
Ek stem saam reg onder die oor
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Tue Apr 30, 2013 11:08 pm
by JPS
Sjoe julle manne skiet Baie beter as ek.
Sal nie skoot skiet na kop uit vuis uit op 80m nie.
Net nie goed genoeg nie.
Groete
JP
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 11:50 am
by PWV
Skiet nie so naby nie - dan is dit skiet en nie jag nie!

Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 12:11 pm
by mariusr
Pieter onthou nou dis vinnig skiet jy moet nog vir bob ook klits as die rooibok val!!

Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 12:37 pm
by Cobus(Cobb)
JPS wrote:Sjoe julle manne skiet Baie beter as ek.
Sal nie skoot skiet na kop uit vuis uit op 80m nie.
Net nie goed genoeg nie.
Groete
JP
Ek wonder of daar 20 manne op die forum is wat daai 80m skoot in die kop uit die vuis uit kan skiet......
Eks nie een van hulle nie......
Cheers
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 1:46 pm
by VdWalt
Cobus(Cobb) wrote:JPS wrote:Sjoe julle manne skiet Baie beter as ek.
Sal nie skoot skiet na kop uit vuis uit op 80m nie.
Net nie goed genoeg nie.
Groete
JP
Ek wonder of daar 20 manne op die forum is wat daai 80m skoot in die kop uit die vuis uit kan skiet......
Eks nie een van hulle nie......
Cheers
Ek ook nie!
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 1:52 pm
by mariusr
Ek sal ook nie gemaklik voel uit die vuis vir kop skoot op 80 meter daarom die skouer nek skoot blad is goeie kans dat jy pens gaan tref op daai "angel" dan is die vleis bederf! Hy gaan net daat val met die nek skoot!
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 2:07 pm
by PWV
Julle sien, as jy nou agter op 'n bakkie was, was daar geen probleem nie. Netjiese eenskoot, doodskoot, kopskoot!

Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 2:25 pm
by NEGE3
Dink nie jy gaan binne 80 meter van daai bok af kom met daai 2 manne wat daar sit nie. Ek sien hulle kyk al klaar in dieselfde rigting so iets het hulle aandag getrek. Ek skiet nooit uit die skouer nie. Oor die gids se skouer kan nog werk.
As ek moet dan sal ek ook vir die blad gaan.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 3:37 pm
by BRNO (Pierre)
NEGE3 wrote:Dink nie jy gaan binne 80 meter van daai bok af kom met daai 2 manne wat daar sit nie. Ek sien hulle kyk al klaar in dieselfde rigting so iets het hulle aandag getrek. Ek skiet nooit uit die skouer nie. Oor die gids se skouer kan nog werk.
As ek moet dan sal ek ook vir die blad gaan.
Dit is darrem die lekker van ons sport, dat nie een van ons dit eindlik dieselfde doen nie. Ek hou weer glad nie daarvan om or iemand se skouer te skiet nie. Het al my vingers verbrand so.
Ek reken dat ek sou maar soek ne iets om my geweer op te laat rus, al moet ek plat op my pens le, en dan sou die linker voorbeen ook my mikpunt gewees het.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Wed May 01, 2013 10:59 pm
by theedge
FCLoretz wrote:Ek skiet eerder die bobbejane.
maar meer ernstig, so twee tree regs, om daai takkies te mis en dan sal ek net agter die blad skiet met die agterste been as my mikpunt.
Hahaha

ek stem met die een maat
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Thu May 02, 2013 8:53 am
by Jean Marais
Naas wrote:Net onder die oor.daai bok le met daar,en wag.
Naas Potgieter
Sal my skoot ook wees, dalk so klein bietjie meer regs in die nekwerwels in.
Re: Skootplasing...Impala
Posted: Thu May 02, 2013 11:44 am
by evdberg
Ek sal nie daai skoot uit die vuis uit op 80m waag nie - ek dra my Tripod Sticks saam - of die gids doen dit - ek sal meer op die nek mik, maar nogsteeds links van middel.