Page 1 of 2

Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:31 pm
by FHM
Die Gemsbok is 250 m van jou af.
Wind 5 Km/h van links na regs.
Jy het dooierus.
Geweer gezero op 200 m

Waar is jou mikpunt?

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:35 pm
by Riaan Beeslaar
FHM
Op wat is die geweer ge-zero

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:46 pm
by cassie_calvinia
tot op 250m, met dooierus, tussen oe.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:49 pm
by Danie01
Daai lyk ve my na koei wat dalk kan dragtig wees.

Agter die blad

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 3:51 pm
by Zack Benade
Stem saam Cassie

Daai 70Gr punt sal tussen die oe onder die swart V sy lêplek kry. Die wind san jy voor stel en in nie 'n probleem nie.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:18 pm
by Riaan Beeslaar
Agter die blad, net bietjie laer as middel van die bok

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:36 pm
by Naas
Mooi op die blad.150 grain 270 kap hom vlou.

Naas

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:37 pm
by mariusr
Staan mooi plank dwars voorbeen op mik op die blad vir hoe hart-long skoot maar nie bo die middel van die lyf!

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 4:39 pm
by Gerhard
hand breete bokant die elemboog...

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:03 pm
by Jakkalsgat
Naas wrote:Mooi op die blad.150 grain 270 kap hom vlou.

Naas
Ek sal haar net so 2 duim agtertoe skiet, sy staan effens QA maar waar is die manne met die vital prentjies dan kan ons beter sien.

'n Gemsbok kan jy tussen 1/3 en 1/2 van onder af in lyn met agterkant van voorbeen skiet, sal jy sien sy tel daai linkerbeen sulke kort treetjies op en haar stert maak 'n draai, sy sal nie ver loop nie, ek se altyd vir die manne amper in die middel van die lyf maar maak seker. Ek hou nie daarvan om op die knoppe te laat skiet nie, te veel vleisskade maar as jy onseker is skiet hom op die knoppe of soos Gerhard se handbreedte bo die elmboog. Maak net seker jy weet waar jou geweer skiet!

Maar sit vir ons prentjie op van die "vitals"

Groete
Jaco

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:10 pm
by Gerhard
Al wat jy vang as jy hom skiet waar ek se is n rib been op ingang en n rib been op uit gaan...

Daar is nie groot bene om oor te stress nie.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:12 pm
by Gerhard
Die koei het darm duk horing basise...

Dan is die horings basise lekker ver van mekaar af...

My eerste roep sal n bul wees

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:14 pm
by Jakkalsgat
Bul het gewoonlik 'n peester ook ;D

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:18 pm
by Gerhard
Kyk mooi daai bok is op 250m dis nogal ver om daai skede te sien...

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:23 pm
by Jakkalsgat
Gerhard

Bors is te vlak, pasop vir horing basis kyk by Gemsbok maar jy is reg as dit 250m is kan jy 'n toets dop op peester.

Groete
Jaco

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:25 pm
by Gerhard
Jakkalsgat wrote:Gerhard

Bors is te vlak, pasop vir horing basis kyk by Gemsbok maar jy is reg as dit 250m is kan jy 'n toets dop op peester.

Groete
Jaco
Dankie Jaco,

Ek leer maar op Gemsbok...

Hulle maar min gejag en die plekke waar ek gejag het was die koeie dubbel die bulle se pryse.

So jy het maar mooi seker gemaak voor jy die klient gese het om die skiet.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:49 pm
by egenis
Mag nie langafstand skiet nie...


:o

Laat ek maar nou weg hardloop!!

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:02 pm
by PWV
Met my 7 mm Tombi en die 168 gr Sierra sal ek presies mik waar Naas die skoot gemerk het op die bok.

As ek kan stel aan my turret, sal ek hom op 250 stel en twee dm laer mik.

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:19 pm
by KC
Ek sal Naas se skoot halveer na onder.

Jy skiet die bok deur die aorta.

Hy gaan nie ver kom

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:28 pm
by Nickvn
ShotplacementGemsbok.jpg

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 8:29 am
by Frederik
Gerhard, hier is ene wat mooi werk op die foto as jy nog 'n horing tussen die twee horings kan inpas is dit normaalweg 'n koei.

Ek verwag 'n lekker antwoord van julle manne met al die horings in die post :laugh:

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 8:52 am
by Nickvn
Ek het altyd verstaan dat die koei se horings effens binne toe buig waar die bul sn reguit loop. Altwee krul agter toe. Is ek verkeerd?

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 9:28 am
by Nickvn
c_n_gemsbok_br2.jpg
As ons na die foto kyk wat sal julle se is die geslagte van die bokke?

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 9:35 am
by mariusr
Bul aan die regter kant ander twee koeie!? ;)

Re: Skootplasing (Gemsbok)

Posted: Wed May 01, 2013 10:12 am
by Nickvn
Dit is ook soos ek dit sien, wat se die ander manne wat die bokke ken. Bly maar nie maklik nie en as jy in die veld is en daar is net een van hulle is dit nog moeiliker om hom/haar te lees. Veral ons jagters wat maar een of twee keer per jaar jag en miskien een of twee Gemsbokke in ons lewe sal skiet is dit vreeslik moeilik.