Page 1 of 1

Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Mon Apr 29, 2013 10:25 pm
by JK
Vir die manne wat die goed ken. Ek het n Steyr-manlicher 270 geweer, and baie jare ;D , met een van daai rol magasyne, of wat ook al mens dit noem. Die meeste van die tyd wil die patrone nie opskyf as jy oorlaai nie en dan moet die magasyn uitgehaal word en getik en gekap word, en en intussen is die bok weg. Ek het al die ding uitmekaar gemaak skoon gemaak, ge-olie ens maar dit bly maak my die moer in. Enige raad om die ding reg te kry. Dit vat maklik 3 patrone, maar kan seker 5 ook vat maar dan sit hulle eers vas..

Dankie

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 5:53 am
by tripodmvr
Is dit van plastiek of metaal?

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:20 am
by JK
Plastiek

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:56 am
by THOMAST
Herlaai jy? indien wel:
Is jou TPL nie 'n bietjie lank nie? Dit kan veroorsaak dat patrone vas"wig" in magasyn

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:26 am
by tripodmvr
My vraag oor die materiaal. Olie is nie jou antwoord nie. Dit word dik en kan van die probleme veroorsaak. Maak hom skoon van alle olie en gebruik dan grafiet as smeermiddel. Thomast het ook 'n punt daar beet met die lengte van die patrone. Kyk ook dat die veer nie al krag verloor het nie - kan hy nie gerek word of soortgelyk sodat hy weer meer krag kan uitoefen nie.

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:50 am
by THOMAST
Gunsmithy, 'n plaaslike maatskappy maak 'n produk by name Superfine Moly Dry Lube in 'n spuitkannetjie.
Jy maak die area skoon en spuit die goed op. Die Moly is in 'n alkohol wat vedamp en jy kry dan 'n dun lagie droë molybdenum wat agterbly en 'n baie goeie droë smeermiddel is.
http://www.bushill.co.za/gunsmithy-accessories

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 6:42 pm
by JK
Dankie, sal daai muttie try, maak met nuwe en herlaai patrone so.

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 7:11 pm
by Nickvn
My Steyr M 223 het ook so n plastiese magasyn, maar hy werk goed, ek laai 5 sonder probleme. Is daai veer nog reg daar binne? Sit bietjie foto op laat ons kan sien?

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:36 pm
by JK
Miskien moet ek n ander magasyn probeer.

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Tue Apr 30, 2013 8:56 pm
by Flip Nel
JK wrote:Miskien moet ek n ander magasyn probeer.

Ek weet Rosental het my broer sin vervang 2 jaar terug, my broer sin het gekraak

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Wed May 01, 2013 7:56 am
by JK
Thanks Flip sal by hulle gaan lyk.

Re: Magasyn sukkel om patrone op te skyf

Posted: Thu May 02, 2013 1:17 pm
by Beyers
Ilko van Brooklyn Gun Circle is die agent. Maar gaan sien eers die bankbestuurder