Page 1 of 2

Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 5:58 pm
by Raven
Manne,
Ek sien die geweer in Windhoek raak vandag, dit is die tipe ding wat 'n man se bene ook kan lam maak dink ek.
Die geweer is gemaak deur BCM Europa Arms en het so 'n aardige bedragie van R 92 000 , dit nou met Z5 Swarov op.

Die loop is amper so DIK soos my silencer, 'n bull barrel lyk soos 'n baba boetie teen die loop!!

Image

Image

Image

Die een in Windhoek is baie na aan die foto
Image

Image
En die kolf op hom
Image

Image

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 6:05 pm
by Gerhard
wow!!!

Mooi was nog nooit lelik nie !!!  :D :D

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 6:45 pm
by Louis102
Raves

Borg so een vir OTA IV, toe man!

Louis

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 6:47 pm
by Namib
Groote Griet Raven :o :o

Dis nou vir jou mooi,waar in Windhoek het jy hom raak geloop.

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 8:47 pm
by Raven
LOUIS,

As ek daai geweer borg, sit ek verlof in vir OTA IV tydperk, en jag verniet oral sodat ek homself kan wen.

Een ding is verseker, met daai verskriklike ekstra dikloop is hy blerrie swaar.

Namib, hy is by Gunshop in Whk, Hentu se hy bring nog 2 in, en hy het laasweek springbokkie op 610m geskiet.
Soos ek daai geweer bekyk is hy so stewig, as jy op skoot is moet jy net saggies die skoot afdruk, en die res is "history"  ;)

Die geweer op sy eie is R 62 000.  ::)

Raves

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 8:54 pm
by Louis102
Raven wrote: Een ding is verseker, met daai verskriklike ekstra dikloop is hy blerrie swaar.
Raves

'n Man sal seker 'n stewig geboude stoel vir daardie geweer moet h?, of hoe?

Louis

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:05 pm
by Raven
LOUIS,

Net so, en 'n lekker Cruiser om hom mee rond te ry  ;)

Ek wens jy kan hom self gesien het Louis.

Raven

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:17 pm
by boeta
Raven






Boeta

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:21 pm
by Raven
Boeta,
Het ek iets gemis  ::)

EK sien niks  ;D

Raven

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:23 pm
by tafjak
Raves

Boeta werk vir die FBI

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:28 pm
by Namib
Naant oom Raven

Moet se dis mak-mak die mooiste wat ek in n lang tyd gesien het.Maak al klaar planne maar,dit sal seker wees soos my eerste 4 miljoen.Is nou besig met 5 want die eerste 4 het ek moet op gegee.Louis praat van n stewige stoel stem ,tog ook n stewige bank rekening.

Goeie nag rus almal(weet nie hoe n mens gaan geslaap kry met die DING wat by jou sal spook.)

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:29 pm
by Raven
FBI =  " Flekkie bly Intelligent"   ;D  ;D  ;D

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:32 pm
by boeta
Raves

Man ja het nie woorde vi daai roere ni,en ook nie vi die prys ni,sorry man het net so biekie aan die droom geraak

Boeta

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:32 pm
by Raven
Namib wrote: Naant oom Raven
Namib, nee man , noem my liewer Ou Galblaas dan   ;D  ;D

Raves

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:35 pm
by theedge
Mens maar dit is mooi.  Manne onthou ek verjaar oor 29 slapies - het nog nie so kettie sou julle wonder

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:37 pm
by Raven
Manne,
Net so vir 'n idee, daai loop is maklik so 45 -50mm deursnee

Raves

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:07 pm
by Namib
Hi Raven

Nee jong dit is iets verskriklik, 45-50mm :o :o.Lyk my 62 000. vir die geweer en verdere  500.000. vir "HI-UP".Teen die tempo sal ons Raven
moet bet toe stuur ,dat ons net rus en vrede kan kry.Gaan slaap  :D :D :D

Raven  wat dink jy is n jekkoltjie se kaans met die combo= 1 Taffie+1 stanly koffee bottel+ camel blou pakkie+1fox pro+1toyota en een van DAAI roere.
Sien al daai combo ,sal maar naar gaan met die jekkoltjies.

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:20 pm
by Raven
Namib,
Ek kry more die definitiewe dikte van daai loop vir jou, maar glo my dit is amper so dik soos die silencer op die geweer. Ek het nog nooit so 'n dikloop gesien.

Taffie sal die jackoltjies sommer skiet daar waar hulle antwoord  ;D  ;D
Hy kan sommer oor die Oranje ons kant toe ook uitroei, met 'n paar laaang skote.

Raves

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:26 pm
by Namib
Hi Raven

:D :D :D :D

Groete

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:32 pm
by Boesman
Does it come in black? 8) Wonder wat sal mammie se as ek vir haar hierdie roer wys? Seker iets soos 'Ja, seker, my hart, verkoop maar my kar en koop vir jou die geweertjie'.  ;D ;D

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:38 pm
by Skolla
Namib wrote: combo= 1 Taffie+1 stanly koffee bottel+ camel blou pakkie+1fox pro+1toyota en een van DAAI roere.
Namib
Sien nou wat ek nog kort,  een maal stanley koffie bottel en een van daai roere.

Skolla

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Tue Sep 21, 2010 10:51 pm
by tafjak
Raves

Julle spot so met my. Maar 'n groot ses is op my shopping list. Sal nie darie prys in Windhoek kan betaal nie, maar het al aksie, kolf en scope. Nou kort die lisensie en loop. Gaan hom maar eers op 7x57 dop bou(hier iewers is so reamer), maar sal darem die 100greiners so teen 3500fps kan jaag. Man! darie 400meter jakkalse sal dan moet mooiloop.

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Wed Sep 22, 2010 9:09 am
by Beyers
Middel bladsy van die SCOPE ;)

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Wed Sep 22, 2010 9:55 am
by Namib
Hi oom Taffie

Ons,ek en Raven sal nooit "gat" vat nie. ;D ;D  Waarheid is, met die Combo sal n jakkie nie kaans kry om slim te raak nie.Jammer n man  kan nie die combo copy-paste nie. :D

Groete

Re: Droom geweer 6.5-284 Norma

Posted: Wed Sep 22, 2010 10:10 am
by Raven
Manne
Die geweer gaan my regtig slapelose nagte gee.
Die geweer kom met 'n Broughton Barrel, Mcmillan stock en Jewel Trigger.
Kyk waar begin hulle met die "top of the range"

6,5/284 you can have the weapon mounted with a Barrel Block ? a grip of 120 mm that envelops the barrel and is firmly anchored to and leaving in this way both the barrel that action fully floating, to obtain maximum precision.
A monumental work carved from a single block of Ergal weight of 32 Kg....
Image