Page 1 of 1

Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 2:47 pm
by rudib
Sou graag wil hoor van manne wat een gebruik en wat hulle dink van die Meopta's.

Julle terugvoer sal waardeer word.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 2:49 pm
by Arnold
Ek het al so bietjie opgelees. Blykbaar is dit 'n wonderlike scope, al wat my afsit is die beperkte interne verstelling.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 3:02 pm
by rudib
Ek hoor jou Arnold. Glo darem hy sal genoeg verstelling he vir die normale jaggeweer gebruik, of ek hoop tog so.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 3:12 pm
by Arnold
Ek glo so.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 3:42 pm
by Schalk.vdB
Rudib

Ek het die 4-16 op my 308 en hy is baie helder en baie konstant.
Die enigste ding sy turrets is target turets sonder doppies oor.
So as ek veld toe gaan moet ek hulle vas tape anders stel hulle as hulle teen iets skuur.
Ek "dial" as ek oor 150 meter gaan en hulle is elke keer reg as ek op of af stel.
Moet net onthou waar ek was as ek een omwenteling omgegaan het hier by 350 meter verby.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 3:45 pm
by rudib
Dankie 243RSA

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 9:49 pm
by Fanie Nel
Hello rudib
Jy kan maar meopta koop ek het drie van hul en nie eendag spyt nie . Uitstekende teleskope
Groete Fanie

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Wed Apr 24, 2013 10:02 pm
by rudib
Dankie fanie, dit klink goed!

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Thu Apr 25, 2013 2:02 pm
by rudib
Waar sal ek n R1, 4-12 X 40 kan koop?

Wie hou goeie voorraad aan van die Meopta's?

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Thu Apr 25, 2013 2:17 pm
by Foxcreek
Bel vir Raynie('n ou onaktiewe lid hier). Ek het 'n baie goeie deal by hom gekry! nul 82 5 ses 1 agt 1 nege 1.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Thu Apr 25, 2013 2:39 pm
by rudib
Sal hom sommer nou n luitjie gee, dankie baie

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Thu Apr 25, 2013 7:25 pm
by Freddie101
Rudi
Bel vir Raynie. Het al 2 Meoptas deur hom gekoop. Baie tevrede met hulle.
Groetnis Freddie

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Thu Apr 25, 2013 7:30 pm
by rudib
Dankie manne, myne is oppad :D Waardeer julle terugvoer baie.

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:29 pm
by rudib
Waar anders kan ek Meopta's vind, wie stock hulle?

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:56 pm
by RV
Humansdorp Kooperasie

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:58 pm
by rudib
dankie RV

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:03 pm
by Arnold
Jy het dan noudie dag joune verkoop?

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:33 pm
by rudib
dis korrek. die persoon wat hom gekoop het soek nog 2 ;)

Re: Wie gebruik n Meopta R1 4-12 X 40 ?

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:56 pm
by Arnold
;)