Teleskoophoogte en wangstuk van geweer
Posted: Wed Apr 24, 2013 11:30 am
Vir my was dit nog altyd 'n probleem om my wang gemaklik teen die kolf te kry met medium of hoë ringe; sodanig dat ek op een geweer my wangstuk met hout laat verhoog het. Ek het al foto's gesien waar manne met standaard gewere hul wang amper bo-op die kolf moet druk om deur die teleskoop te sien (die verstelbare wangstukke het nie die probleem nie). Om egter gate in my mooi kolf te boor is te hartseer vir my.
Dit lyk vir my dat hierdie probleem voorkom by teleskope met hoër vergrotings, soos 20, 24 en 32 waarvan die voorste lens dan outomaties vergroot na 50-56. Met die laer ringe kan ek nie 'n groter voorlens as 40mm opsit nie. Daar is egter geen teleskope beskikbaar wat nie 'n groter voorlens het nie, en ek sou graag in die nabye toekoms na 'n groter vergroting wil gaan as die 14 wat ek tans het.
Ondervind van julle ook die probleem?