Page 1 of 1

6mm Musgrave

Posted: Mon Apr 22, 2013 10:29 am
by Alvar
More manne

Ons gaan einde Mei Zastron toe om daar te gaan blesbokke, springbokke en swartwildebeeste skiet. Ek het vroër gedink om my 8x57JS te vat. Na terugvoer van die manne hier op die Forum het ek besluit om 160gr Barnes TTSX'e te laai. dit sou dan meer as genoeg wees tot en met die swartwildebeeste.

Nou wil ek weet, as ek net my 6mm Musgrave vat en ek laai hom met 100gr Nosler Partitions teen so 2800fps, sal hy die werk kan doen op 'n swartwildebees, of sal die 8x57JS maar moet saamry?

Dankie

Alvar

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 7:22 am
by stephensonsknives
more alwar


met daardie 100 grein punt gaan jy dae na daardie swb soek
gebruik maar eeerder jou 8x57

swb is baie taai dier en gaan lees maar na oor skootplasing
meeste jagters skiet die swb te hoog agv die hoe indruk wat die kamhare op sy nek en rug skep

mesgroete

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 7:32 am
by Alvar
Baie dankie.

Dan ry die 8x57 maar saam!

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 8:08 am
by Jaco Swart
Alvar.

Gee bietjie die details van die 160 Gr Barnes wat jy gelaai het.

Spoed
Tpl
Kruit
ens asb./.

Groete

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 8:15 am
by Alvar
Hallo Jaco

Ek het die 160gr Barnes vir die 8x57 gelaai

Koeël: 160gr Barnes TTSX
Dop: Norma
Kruit:47.5gr S335
TPL: 80mm
Spoed:2750fps

Hoop dit help so bietjie.

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 8:19 am
by Jaco Swart
Dankie Alvar

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 23, 2013 8:27 am
by Alvar
Watter ladings gebruik jy in jou 8x57?