Page 1 of 1

Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Wed Sep 15, 2010 4:38 pm
by Rasmus
Goeie Dag ek is opsoek na n spotlight. Ek weet dat Light Force die beste op die mark is en ook deesdae n paar rand kos......

Het iemand al die Sniper HID 3500 lumens Spotlight gesien redelik klein en kompak hy is 150mm teenoor die Lightforce se 170mm.

Hoeveel Watt is 3500 lumens. HID's gee baie wit lig. Ons skiet so dan en wan jakkalse asook bosvarke.

Ek glo nie mens sal n dimmer op n hid kan sit nie.

Waar kan ek die beste prys kry op n Lightforce?? Sover kan ek een kry vir +- R 1500 die Sniper HID kos om en by R 1150.

Enige raad asb.

Groete
Rasmus

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Wed Sep 15, 2010 5:02 pm
by Biker
Rasmus

Daai Sniper moet nuut op die mark wees. Skietwinkel het my so maand of twee vertel hulle is op pad. Glo nie die manne het hom al getoets nie . Wonder self of n dimmer op die HID bulb sal werk. Kom ons hoor wat seg die experts.
Groete Biker

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Mon Nov 01, 2010 9:14 pm
by Pvdw
Rasmus ek het self na die Sniper gestaan en kyk. Die manne by LA Arms in Pta s? dis een van die beste ligte wat hulle al getoets het. Hulle het alerhande duurder ligte op die rak en tog beveel hulle die effens goedkoper SniperĀ  aan.

Sal graag ook self wil sien wat die ander ouens s?.

Peet

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Mon Nov 08, 2010 2:25 pm
by ArnoG26
3500 Lumens moet baie helder wees! Ek het 'n rukkie gelede 'n ITP SC2 Tactical Light gekoop by die ouens:

http://www.hailstormza.com/online-store ... gory_id=16

Ek was verbaas hoe sterk 220 Lumens is. Hierdie is 'n fantastiese kein liggie. Ek kan net dink hoe sterk 3500 moet wees!

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Mon Nov 08, 2010 3:13 pm
by GREYHOUND
Rasmus

Die lightforce 240 met 100watt xenophot bulb gee so 2800 lumens as jy hom na 35watt HID to convert gee hy so n 3200 lumens, ek het nou vir my n 240 lightforce bestel wat hulle by custom built lightforce vir my opbou na n 70 watt HID met n external ballast en n remote switch met n receiver dan gee hy so n 6000 lumens. HID bulbs kry jy van 3oook tot 6000k hoe meer die k hoe blouer die lig, 4200 is omtrent die natuurlikste kleur.

Greyhound

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Tue Nov 09, 2010 9:37 am
by Rasmus
Danie vir al die terugvoer. Ek het die lig gekoop en hy skyn n barshou! Kon hom nog nie vergelyk met die Lightforce nie.

My vriend het net nou die aand gekla en ges? die wit lig het later die aand sy o? begin seermaak.

Greyhound voer jy self die Lightforce in of waar kry jy die custom ligte? Die prys is seker ook redelik custom ;)

Groete

Rasmus

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Tue Nov 09, 2010 12:43 pm
by Gerhard
Waar het jy die lig gekoop?

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Tue Nov 09, 2010 1:00 pm
by GREYHOUND
RASMUS
Nee ek moes deer n agent bestel maar het self met lightforce gepraat om die specs te kry, ja nee hulle is nogals duur maar ek soek baaaaie lig met honde een hond is baie meer werd as daai lig.

Greyhound

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Wed Nov 10, 2010 6:57 pm
by Pvdw
Gerhard, ek is self op die uitkyk vir so 'n lig. Hulle kos so R1200-1300 maar die invoerder is uit voorraad uit en sal weer Des-Jan inkry.

Het 'n friend wat een gekoop het. As jy die lamp aanskakel lyk hy eers dof maar daar is 'n soort gas in en as die warm word dan is die gort gaar.
Die lamp skyn amper die verf van jou bakkie af ;D ;D

Sal laat weet as ek weer iets hoor van voorraad.

Peet

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Thu Nov 11, 2010 1:37 pm
by Gerhard
Pvdw wrote: Gerhard, ek is self op die uitkyk vir so 'n lig. Hulle kos so R1200-1300 maar die invoerder is uit voorraad uit en sal weer Des-Jan inkry.

Het 'n friend wat een gekoop het. As jy die lamp aanskakel lyk hy eers dof maar daar is 'n soort gas in en as die warm word dan is die gort gaar.
Die lamp skyn amper die verf van jou bakkie af ;D ;D

Sal laat weet as ek weer iets hoor van voorraad.

Peet
Dankie Peet.

Re: Light Force 170 vs Sniper HID 3500 Lumens spotlight

Posted: Thu Nov 11, 2010 2:12 pm
by Stephan Venter
GREYHOUND wrote: Rasmus