Page 1 of 1
pluimpe vir swarovski
Posted: Sat Apr 20, 2013 8:26 am
by cassie_calvinia
lie leupold manne gaan sekerlik stry.
.n vriend van my het 'n swarofski Z3 op sy 22-250. hy het nou 'n 300wsm gekoop. hy het die leupold VX3 ...-..x50(nie presies seker)
vir die geweer gekoop. teen my beter waarskuwing natuurlik. hy het presies 60 skote met die geweer geskiet, leupold afgegooi, en nog 'n swarovski gaan koop.
hoekom vra ek hom toe?
sy antwoord was, ek het nie tyd om met %$#& te sukkel nie!
daarvan kan ek ook getuig....
ONCE SWAROVSKI, ALWAYS SWAROVSKI
hul net in 'n ander klas
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sat Apr 20, 2013 7:41 pm
by uitenwaj
daarmee stem ek 100% saam. Het die Swarovski Z6i 2.5x15x56 bekyk by huntex maar teen daai ding se prys moet die teleskoop vir my koffie maak, ontbyt maak en my bed ook in die oggende kan op maak.
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sat Apr 20, 2013 7:58 pm
by Schalk.vdB
Cassie ek stem saam het vir my 'n Z5 5-25 x 52 met BRX recticle gekoop en hom op my 243 gesit en die lig het aangegaan. Skiet nou die dag op die baan op 200 meter en een van die ander ouens sê daar sit 'n gat net langs die middelste diamant. Ek kon deur die scope sien dit is 'n vlieg. En hy het met die spotting scope op x40 gekyk. Net daarna het die gat weg gevlieg. So jy kan SIEN en hy is baie maklik om mee te werk. Spaar en koop net eenkeer 'n scope vir 'n leeftyd.
Groete
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sat Apr 20, 2013 10:08 pm
by JuanPaul
Ja Cassie, jy raak lief vir die goed al my jag gewere het hulle nou aan geneem en ek moet se ek was nog nie n dag spyt nie.
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sat Apr 20, 2013 10:18 pm
by Christo
243RSA wrote:Cassie ek stem saam het vir my 'n Z5 5-25 x 52 met BRX recticle gekoop en hom op my 243 gesit en die lig het aangegaan. Skiet nou die dag op die baan op 200 meter en een van die ander ouens sê daar sit 'n gat net langs die middelste diamant. Ek kon deur die scope sien dit is 'n vlieg. En hy het met die spotting scope op x40 gekyk. Net daarna het die gat weg gevlieg. So jy kan SIEN en hy is baie maklik om mee te werk. Spaar en koop net eenkeer 'n scope vir 'n leeftyd.
Groete
Self so een hier op die forum oorgekoop. As jy kan sien kan jy skiet, of hoe se^ hulle. Maar my budget sal my vir nou beperk tot die een.
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sun Apr 21, 2013 7:56 am
by VdWalt
Ek sal vir jou my adres pm dan stuur hy daai %&#@*& vir my dan is dit
van sy hande af, ek help graag waar ek kan.
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sun Apr 21, 2013 6:45 pm
by lechwe
Jip, ek stem....een keer n swarovski en sie daar....en as die gewere op raak itv teleskope begin die verkykers. Ons is mos 4 in die gesin. Het 2, so daar os plek vir nog twee. Ook gister by Huntex n pel ingepraat om die Z3 4-12x50 BRH te koop. Sal nooit spyt wes nie...
Geniet hulle..!!
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sun Apr 21, 2013 7:14 pm
by tafjak
O ja!
Gelukkig maak my Swarovski darem al vir my koffie, my kamer aan die kant, sit elke jaar 2 stelle bande op my bakkie, koop vir my allerhande geskenke waaronder gewere tel(baie groot regmerkie), sorg dat die bankbestuurder my nie lastig val nie en doen nog so paar gunsies vir my.
Aag wat, hy sorg vir my salaris en help even ander manne wie dit nie te breed het nie.
Mooiloop
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sun Apr 21, 2013 9:57 pm
by cassie_calvinia
tafjak wrote:O ja!
Gelukkig maak my Swarovski darem al vir my koffie, my kamer aan die kant, sit elke jaar 2 stelle bande op my bakkie, koop vir my allerhande geskenke waaronder gewere tel(baie groot regmerkie), sorg dat die bankbestuurder my nie lastig val nie en doen nog so paar gunsies vir my.
Aag wat, hy sorg vir my salaris en help even ander manne wie dit nie te breed het nie.
Mooiloop
Oom is darm die sout van die aarde. kan dien met meer sulke mense
Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Sun Apr 21, 2013 11:28 pm
by uitenwaj
oom Taffie as ek eendag groot is wil ek ook graag n bestaan maak van die bos maar daai is op hierde stadium nog net n droom en moet ek nog vir daai voor reg uit my sak uit betaal en deesdae voel dit asof my sak 'n gat in het.

Re: pluimpe vir swarovski
Posted: Mon Apr 22, 2013 1:55 pm
by tafjak
uitenwaj
Ja, almal het met "gate in die sakke" begin, iewers moet begin word anders sal daar nooit iets wees nie. Twee dinge om te onthou: Moet nooit die klient te na kom nie, wees eerlik en die deure vlieg oop.
Mooiloop