Page 1 of 1

Aansoek vir bevoegtheid en eerste lisensie

Posted: Thu Apr 18, 2013 2:49 pm
by Ockert1992
Middag sê!

Ek het nou die dag my eerste geweer gekoop en die nodige kursusse gedoen, nou lê die aansoek vir die bevoegtheid en lisensie van die vuurwapen voor. Al my vorms is al ingevul, motivering is reg.

Volgens wet moet jy 21 jaar oud wees om vir jou bevoegtheid aansoek te doen, sonder dat jy 'n toegewyde jagter is. Ek verjaar eers in die begin van Mei.

Dink julle ek moet maar wag tot dan of kan ek maar solank my aansoek indien? Ek wil nie he dat hulle aansoek daaroor afkeer en dit op 'n gesukkelry uitloop nie.

Ek sien uit om julle opinies te hoor.

Groete
Ockert

Re: Aansoek vir bevoegtheid en eerste lisensie

Posted: Thu Apr 18, 2013 2:52 pm
by FHM
Ockert, pm vir Kobus van JAGTERSREGMOTIVERING, ek is seker hy sal jou die regte informasie kan gee omtrent jou vraag. Hy is n 'proffessional' met die tipe goed.
Sien ook die pos van hom hier op die werf http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=20664