Page 1 of 1

.308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:05 pm
by evdberg
Hallo Jagters

Ek soek die manne wat weet se opinie asb.
Ek wil hoor watse ammo stel .308 eienaars voor ?
Ek het nou al n paar keer gaan jag, maar die laaste 2 x keer met my "nuwe" Howa .308 - geskiet met PMP Pro Am 180Gr.
Ek het op albei my Blouwildebeeste redelik vleis skade gehad - albei was mooi blad skote. Die koeel het ook opgebreek, ek het nie een "muchroom" gekry nie, 2 stukkies toe ons die vleis verwerk.

Ek herlaai nie, so ek wil juis uitvra op die ammo wat te koop is in die winkels.
Watse maak en grein stel julle voor ?

Ek gaan die jaar (Junie) n Eland Koei en n Takboek skiet naby Winburg in die Vrystaat. Dit sal my eerste Eland wees - ek glo my .308 sal die nodige toedien. Moet ek hou by die 180Gr ?

Jagters Groete

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:13 pm
by Geno
Hou by 150gr.
PMP/Highland/ enige ander El-Cheapo ammo vir baan skiet, en die volgende vir jag:

2 opsies:
http://www.barnesbullets.com/products/a ... mmunition/

http://www.hornady.com/store/308-Win-15 ... rformance/

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:48 pm
by evdberg
Dankie Geno
Hoekom stel jy 150gr voor ?
Sal die 150gr die nodige doen met n Eland Koei ?
Het jy n idee wat prys die Barnes en die Hornady ?

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:50 pm
by THOMAST
Jy kan ook kyk of jy Privi patrone kan kry met sg "Grom" koeëls
http://www.prvipartizan.com/ppu_grom.php

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 4:10 pm
by BRNO (Pierre)
Geno wrote:Hou by 150gr.
PMP/Highland/ enige ander El-Cheapo ammo vir baan skiet, en die volgende vir jag:

2 opsies:
http://www.barnesbullets.com/products/a ... mmunition/

http://www.hornady.com/store/308-Win-15 ... rformance/
Yis Geno, daai Hornadys kan darrem mooi werk as n man nie self laai nie!

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 5:14 pm
by vlakvark1
Ek het nou nie 308 nie maar skiet Hornady 165gr Interbond en Hornady 180gr GMX met Howa 30-06 en het laasjaar n hele paar koedoes geskiet met die 165gr
Die 150gr Interlock mors maar die vleis so ek gebruik hulle maar op die jakkalse

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 7:52 pm
by bokbal
Skiet met die grein wat jou geweer van hou en hou daar by of dit n Blesbok of n Eland is bly by dieselfde ammo.
Ja jou 308 is mans genoeg vir n Eland.
Geen duur ammo is n plaasvervanger vir swak skoots plasing nie. PMP ammo het al baie gaan nog baie wild huis toe vat in die land.

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 8:49 pm
by tripodmvr
Met eland sal ek aandring op premium koeëls vanaf 150gr en op. Het in 2006 vanaf 12h00 tot 17h00 geloop op spoor van elandkoei wat met bruin boks 150gr 308 geskiet was. Dit het die agterste punt van die lewer getref, maar die arme dier het vir ure gely. Sorg vir oordentlike koeëls wat diep kan penetreer en genoeg skade doen. In fabrieksammunisie is Barnes TSX, Hornady GMX, Prvi Grom en die Accubond/Interbond die antwoord. (Nosler Partition ook)

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:11 pm
by BenG
180gr vir eland sou ek reken.

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:14 pm
by mariusr
Kyk vir sellior@bellot(S@B) hulle laai ook 'n premium punt dink dis Barnes punt! Ek sal bly by 180gr op eland as jou geweer mooi groepeer! Jy kan ook kyk pmp elite swift A frame ammo!

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Wed Apr 17, 2013 8:00 am
by evdberg
Dankie vir almal se insette. Daar is n paar wyse woorde gespreek hierbo.
Ek sal na van die ammo gaan kyk wat julle voorgestel het.
Die duurste geweer en die duurste ammo sal nooit swak skootplasing kan vervang nie.

Re: .308 (Howa) - watse fabriek ammo stel julle voor ?

Posted: Wed Apr 17, 2013 9:36 am
by Flip Nel
As die afstande nie te ver is nie kan jy ook kyk na die Sako 200gr Hammerhead, het al 'n paar groot Elandbull gesien wat grondtoe gebring is met hom.