Page 1 of 1

Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Tue Apr 16, 2013 1:32 pm
by Zack Benade
Hallo Almal

Ek sal graag wil hoor wat die algemene gevoel is oor die Leupold Mark 4

Hoe is die tracking op die scope?
Is die Mark4 regtig die geldverskil werd tussen hom en die VX3?
Hoe vergelyk die optic met duurder scopes soos die NF, S&B en Swaovski?

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Tue Apr 16, 2013 2:12 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Zack.
Ek gaan nie my kop in 'n by-nes druk nie, so die laaste deel van jou vraag gaan ek maar vir die dapperder manne onder ons los om te be-antwoord.

Ek het 'n 6.5-20 VX-3 op my 7x57 en 'n Mark 4 in dieselfde vergroting op my .243.
My oë is nog baie goed so die "fine-duplex" kruis haar op die VX-3 werk vir my baie mooi. Die Mark 4 het 'n TMR kruis haar, dws. daar is 'n klein gaping waar die kruishare in die middel ontmoet. Op lang afstande maak dit nie die teiken toe nie en werk sommer knap.

Wat die kwaliteit van die beeld aanbetref kan ek nie 'n groot verskil sien nie. Die Mark 4 se beeld is egter vir my beter in swak lig.
Wat "tracking" aanbetref is my Mark 4 dodelik saam met Strelok. Skiet en sero op 100m, stel op en sit wind aan en slaan die gong op 350m. Stel terug en skiet nog twee skote wat die eerste sero gat sny op 100m. Het al tot 600m geskiet en terug gestel na sero en steeds spot on.

Die stelknoppe op die Mark 4 is ontbloot soos dit enige taktiese teleskoop betaam en in die jaar wat ek met myne skiet nog nooit vanself gestel nie. En dinge kan maar rof raak agter kees aan.

Is dit die geld werd? Beslis ja.
As jy wil jag of veldskiet en verstel vir die afstand en wind is dit net die ding.

Groete, Gawie

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:04 pm
by Zack Benade
Thanks 7mm

Ek het jou ge PM

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Tue Apr 16, 2013 3:13 pm
by Marc
Zack ek jou Ge PM ;)

Een voordeel van die Mk4 teen die NF is dat die Mk4 n groter field of view het, dus sien die teiken dier se hele lyf en nie net die blad nie :) as ek dit nou so kan opsom. Elke hoender op sy mis hoop, dit gaan op die ou end n smaak ding wees ;) Hulle is bitter na mekaar.

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Wed Apr 17, 2013 8:42 am
by prohunt
Hallo Zack,

Ek skiet nou al redelik lank met 'n 8.5-25 MK4 en ek bevestig dat die tracking uitstekend is. Ek zero op 200m en werk op klieks vir die ander afstande en het nog nooit 'n probleem gehad nie. Daai "turrets" is absoluut positief en werk baie lekker. Ek het ook die TMR reticle en volgens my is dit absoluut die beste waarmee ek nog te doen gehad het. Daai opening in die middel maak dat jy na 'n 10mm kol op 300m kan mik sonder dat die kol toegemaak word.

Ek wil ook nie in 'n fabrikaat geveg betrokke raak nie maar deel net my persoonlike voorkeur met jou. Ek het sopas my NF 8-32 met NPR-1 reticle verkoop en die MK-4 gehou. Indien ek meer van die NF gehou het sou die MK-4 gegaan het. Ek sê glad nie daar is fout met 'n NF nie maar dit waar dat sy "field of view" heelwat kleiner is as die MK-4 wat dit volgens my 'n goeie papierskiet teleskoop maak maar nie noodwendig 'n goeie jag teleskoop nie. (weereens persoonlike voorkeur)

As jy belangstel kan jy my kontak as jy 'n prys gekry het op een dan help ek jou soek vir 'n beter prys.

Groete
Johan

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Wed Apr 17, 2013 8:55 am
by prohunt
Ek het vergeet om by te voeg dat ek min verskil in helderheid tussen die NF en Leupold kon agterkom, inteendeel was die Leupold vir my soms bietjie beter.

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Thu Apr 18, 2013 8:30 am
by Petrie303
Dagse,

Ek sien deedae klomp mense het so paar van die scopes vir BAIE goedkoop gekry (R4000-R5000). Met nader inspeksie en vergelykings op Leupold se webwerf is die scopes glo klomp fakes gewees wat erens van die ooste van afkoms is.... het enige iemand al van die "fake Leopold" gesien? My een pel het nou een van die fakes wat hy nou op sy 300Win Mag gan sit wat hy as present gekry het, hoop hy werk.... :confused:

http://www.leupold.com/resources/counterfeit-warning/

Groete,
Petrie

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Thu Apr 18, 2013 8:54 am
by Gawie(13mm)
Petrie, daar was heelwat van hulle wat op gumtree was.
Die verkopers weet dit is fake, maar hou hulle dood onsskuldig.
As daai scope breek kan jy hom maar vir 'n "lapping tool" gebruik, want niemand sal hom kan herstel nie.
Sê vir jou maat sterkte.

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Fri Apr 19, 2013 8:29 pm
by Marc
Sterkte Petrie

Daai fakes word vir airsoft en paintball gemaak. Hulle lense is power en hulle verstelling track glad nie reg nie. Jou vriend gaan nog lang trane huil

Pasop vir die internet bargains, ek sal net van 'n bekende, gevestigde verskaffer af koop.

Mooi loop
Marc

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Sat Apr 20, 2013 6:32 am
by Arnold
Ek het een op ebay gekoop wetend dit is n fake vir so R600 of R800 rand. Het hom redekik lank gebruik op die .22 en pcp. sy side focus het nou ander dag afgekom.

As jy besed dit is chinese en dit gevolglik gebruik is dit seker ok, ek verwag nie dat hy sal hou op n 300 nie.

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Sat Apr 20, 2013 6:44 am
by Petrie303
Dagse,

Die fake se afwerking is uitstekend, as jy hom lamks 'n gewone Leupold sit kan mens omtrent nie die verskul sien nie. Ek het die spesefieke en wat hy het op 'n forum in die states gesien en die persoon gebryk syne al vir lank op 'n 30006....

Ek het wel voorgestel hy gan koop vir hom 'n nuwe Nikon by HUNTEX, want die scope mag dalk vir lank werk tot een dag wat jy op daai Elnd bul aanle....

Groete,
Petrie

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Sat Apr 20, 2013 8:30 am
by Zack Benade
Dankie aan al die manne---Julle maak my bang oor die fakes.

As jy nie een nuut koop by 'n bekende handelaar nie moet mens maar verby stap.

Re: Leupold Mark4 4-14x50

Posted: Sat Apr 20, 2013 9:03 am
by mariusr
Het so ruk terug advertensie in junkmail gesien van die fake leupold MK4 lyk my die fakes is meestal mk 4,s ? As ek nou reg onthou was leupold as leopold gespel ? Ek kon dadelik sien dis 'n fake!!