Page 1 of 1

Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:11 am
by At308
More manne:

Ek benodig hulp met die hulp van montering van 2 teleskope, ek het twee by SJ gekoop nl:

Burris 3-9x40 Fullfield II met ballistic plex kruishaar vir my 375 H&H
Burris 4.5-14x42 Fullfield II met ballistic plex kruishaar vir my 30-06

Ek het nog altyd self gemonteer, maar wil dit graag hierdie keer reg doen. Wat ek daarby bedoel is om die ringe korrek op te lyn, die ringe te "lap" en die montering van die teleskoop en "eye relief" korrek op te stel.

Ek gee nie om as iemand 'n paar rand vra vir tyd en moeite nie, maar ek wil graag by wees (en help) sodat ek my kennis kan uitbrei en dit self doen in die toekoms sodra ek al die korrekte toeristing aangekoop het. Dit is die rede dat ek dit nie by 'n geweersmit wil laat doen nie.

Ek is in die Pretoria/Centurion/Midrand omgewing en is volgende week enige tyd na 17h30 in die middag beskikbaar.

Hulp sal opreg wardeer word.
PM my of kontak my gerus by nul 83 745 3 9 35

Groete,

Attie

Groete

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:24 am
by vriell
At,
Om dit reg te doen het jy die regte "tools" nodig. Jy kan die stel koop by meeste geweerwinkels en is nie moeilik of baie duur nie om te gebruik nie wanneer jy dit self wil doen in die toekoms .Sou graag wou gehelp het maar die Kaap is bietjie ver.

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:37 am
by Carl
Attie
Koop Warne ringe hulle hoef nie gelap te word nie. BelĂȘ dan in die warne torque wrench of koop 'n standaard een wat jy kan stel vir verskillende gebruike.

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 9:56 am
by Monrique (SJ)
At308 wrote:More manne:

Ek benodig hulp met die hulp van montering van 2 teleskope, ek het twee by SJ gekoop nl:

Burris 3-9x40 Fullfield II met ballistic plex kruishaar vir my 375 H&H
Burris 4.5-14x42 Fullfield II met ballistic plex kruishaar vir my 30-06

Ek het nog altyd self gemonteer, maar wil dit graag hierdie keer reg doen. Wat ek daarby bedoel is om die ringe korrek op te lyn, die ringe te "lap" en die montering van die teleskoop en "eye relief" korrek op te stel.

Ek gee nie om as iemand 'n paar rand vra vir tyd en moeite nie, maar ek wil graag by wees (en help) sodat ek my kennis kan uitbrei en dit self doen in die toekoms sodra ek al die korrekte toeristing aangekoop het. Dit is die rede dat ek dit nie by 'n geweersmit wil laat doen nie.

Ek is in die Pretoria/Centurion/Midrand omgewing en is volgende week enige tyd na 17h30 in die middag beskikbaar.

Hulp sal opreg wardeer word.
PM my of kontak my gerus by nul 83 745 3 9 35

Groete,

Attie

Groete
Attie

Jou scopes is in die pos.

Groetnis
Monrique

Ns. Ek het jou probeer bel ivm die montering, maar nie deurgekom. Gee gerus n lui.

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 10:32 am
by At308
Hi Manne,

BAIE dankie vir almal se hulp en voorstelle, Ek het reggekom.

Ek gaan 'n lapping tool by SJ koop en Henk was gaaf genoeg om sy hulp aan te bied.

SJ, dankie vir jou flinke diens! Dit regtig 'n plesier om met jou te deel.

Ek sal fotos gooi (en terugvoer gee) sodra die skopes gemonteer is en daar lood gegooi is!

Attie

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 5:23 pm
by Monrique (SJ)
At308 wrote:
SJ, dankie vir jou flinke diens! Dit regtig 'n plesier om met jou te deel.

Attie

Dis net n plesier.

Groetnis

Re: Hulp met montering van teleskope

Posted: Tue Apr 16, 2013 6:17 pm
by JTM
SJ se lapping tool werl lekker. Moet bysĂȘ dat my Warne ringe ook nie veel lapping nodig gehad het nie.