Page 1 of 1

SAP Bevoegdheid

Posted: Mon Apr 15, 2013 6:59 pm
by JHS
Naand almal ek wil net graag weet wat behels dit ek het is dit soos die chasa wat jy eksamen skryf en gaan skiet of skryf jy net eksamen en hoe lank is dit. Kan I mens leer vir dit of moet jy iewers bladsye kry om te leer kan iemand my help asb inverband met dit asb.

Re: SAP Bevoegdheid

Posted: Mon Apr 15, 2013 7:29 pm
by Fanta300
Ek het die teoretiese kursus gedoen en direk daarna die eksamen geskryf en 100% gekry. Hele storie was so 2 ure en het my R450 gekos 5 jaar gelede. Weet nie wat vra hulle nou nie.

Kursus word deur ge-akkrediteerde instrukteurs aangebied. Hy gee vir jou al die kursus materiaal. Ek is seker jy sal by jou plaaslike Geweer winkel 'n naam kry.

Sterkte

Re: SAP Bevoegdheid

Posted: Mon Apr 15, 2013 8:05 pm
by marthinus100
SAP bevoegdheid is net vorms wat jy invul. Vinger afdrukke ens. Hulle kyk na jou kriminele rekord ens. Jy doen eers jou bekwaamdheid. Dis nou daai teoretiese en praktiese "toetse".
Jy stuur daai sertifikate saam met die vorms by die polisie weg. As hulle sien als is reg en jy mishandel nie jou hond nie of slaan nie jou vrou nie ens (net n grappie), dan verklaar hulle jou bevoeg.

Dis soos ek dit het.

Re: SAP Bevoegdheid

Posted: Mon Apr 15, 2013 9:53 pm
by mariusr
Deleted!

Re: SAP Bevoegdheid

Posted: Mon Apr 15, 2013 11:00 pm
by TOKELOS
DANKIE MAAT!

Re: SAP Bevoegdheid

Posted: Tue Apr 16, 2013 6:44 am
by mariusr
Sal so maak maar dis 'n feit!!!