Page 1 of 1
Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Mon Apr 15, 2013 1:51 pm
by johank
Middag almal
Wil net graag weet of daar iemand is wat dalk weet van plase naby pretoria waar mens kan gaan duiwe skiet?
Groete
Johan
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Mon Apr 15, 2013 4:43 pm
by Smiley
Johan ons het die naweek heerlik duiwe geskiet net oos van Rietvleidam reservaat. PM my jou sel dan gesels ons.
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Mon Apr 15, 2013 10:15 pm
by JohannHorn
Dagse manne!!!
Vat my saam .... Vat my saam ....ASB!!!
Groete
Johann
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Tue Apr 16, 2013 2:41 pm
by johank
Smiley wrote:Johan ons het die naweek heerlik duiwe geskiet net oos van Rietvleidam reservaat. PM my jou sel dan gesels ons.
Baie dankie Smiley
Het jou pm gestuur. Jy kan my ook kontak by
kloppersjj02@gmail.com
Vriendelike groete
Johan
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Tue Apr 16, 2013 4:57 pm
by Giepie
As julle so gaan duiwe skiet, waarmee skiet julle? Haelgeweer, .22 of pellet?
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Wed Apr 17, 2013 7:26 am
by johank
Giepie wrote:As julle so gaan duiwe skiet, waarmee skiet julle? Haelgeweer, .22 of pellet?
Giepie, ek skiet met n' 12 boor haelgeweer.
Groete
Johan
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Fri Jun 21, 2013 8:52 am
by johank
Kan iemand dalk help met besonderhede van n' plek naby Pretoria om bietjie duiwe te skiet so op n' Saterdag oggend voor die middag se rugby?
Groete
Johan
Re: Plek om duiwe te skiet naby pretoria
Posted: Wed May 21, 2014 12:22 pm
by henrynabal
waar kan ons saterdag gaan duiwe skiet? om pta