Page 1 of 1

Lok Aas?

Posted: Sun Sep 12, 2010 8:35 pm
by Raven
Ek vra maar raad, want dalk doen ek dinge verkeerd, maar ek moet alles probeer.

Oppad na my plaas die naweek, tel ons 'n "vars hasie" op wat doodgery is.
EK slag dit toe af, plaas die binnegoed in kuikensif en trek die vel met kop weer oor die sif, en gebruik dit vir LOK AAS, en stel slagyster onder die boompie waar ek dit ophang.
Ek sit dan ook bietjie CANINE CALL ook by. Dit werk definitief, MAAR..........

Die probleem wat ek optel is dat die bees nou vir die 2de keer al kom rondsnuffel by die manier van lok aas stel, en dan die slagyster uit trap.

Ek het al by proefdraad ook slagyster gestel met lok aas, en dan kom die bees ook daar en snuffel.

Al opsie nou is om nie in beeskampe my slagysters te stel, maar wat nou as jakkalse daar is en roep is moeilik agv digte bos.  :-\

Raven

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 6:41 am
by Freek
Raven, span 'n draad om die stel area sodat bees nie daar kan snuffel nie maar jakkals wel... Weet nie of dit vir jou te veel moeite gaan wees nie  ::)

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 8:51 am
by Raven
Freek, dit kan dalk werk.

Ek kry gereeld jakkie spore in die bees voetpad oppad water toe. Ek weet die bloed ruik maak Bees ook bietjie moerig,  maar ek bedink nog hoe,wat en wanneer.
As jak daar loop moet/sal ek hom kry  >:(

Die een kamp het 80 koeie wat nou weer kalwe, en jakkies is daar vir die nageboorte, miskien moet ek dit ook probeer as lokaas  :-\

Raven

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 12:06 pm
by Skolla
Raven wrote: Ek kry gereeld jakkie spore in die bees voetpad oppad water toe. Ek weet die bloed ruik maak Bees ook bietjie moerig,
Norton
Probeer die yster aan die wind-op kant van die bees voetpad(van die heersende wind rigting) iewers wat dit moeilik maak vir n bees om daar te loop , miskien klipperig of onder n doring bos en net met die lokmiddel(sonder iets wat bloed aan het)
Lokmiddel tussen 30 en 60 cm windop van die slagyster en sorg dat hy net een inkom kant het.
Laastens, sit dan sy fototjie onder ligaamsmates vir ons op.
Skolla

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 12:11 pm
by Caller
Raven

Nageboorte is een van die beste lokase wat daar is. Gebruik dit gewis in die omgewing waar die diere kalf. Onthou net, jy gaan onskuldige diere ook daar vang. Probeer ook soveel van die ander nageboortes as moontlik te verwyder om jou sukses te verhoog dat die jakkie by jou yster gaan uitkom.

Dit is nie 'n goeie idee om 'n lokaas (haas) en lokmiddel (K-9 Call) gelyktyidig (by een yster) te gebruik nie.

Die span van 'n heining om jou yster af te kamp is volgens my onprakties. Die versteuring is te groot en jakkie gaan nie in die "kampie" ingaan nie (hy wil nie vasgekeer voel nie) tensy jy 'n relatiewe groot kamp span, wat ek dink nie die moeite werd is nie.

Ek stel voor jy gebruik net jou eie (self versamelde) jakkals uriene. Die beeste gaan hulle nie aan jakkals uriene steur nie. As die beeste nog daar kom rondtrap is daar 'n ander voud soos vreemde reuke wat hulle optel, en dan gaan jy ook nie sommaar vir jakkie vang nie. Stel buite die voetpaadjies, dan sal beeste nie sommaar die ysters uittrap/raaktrap nie.

Het jy al 'n formele slagyster kursus gedoen?

Sterkte

Caller    

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 12:27 pm
by Raven
Caller/Skolla,

Dankie vir die raad, ek waardeur.
EK het nog nie 'n formele slayster kursus voltooi nie.  :-\
Ek het al tussen deur goeie raad en hulp by Louis en Frinam hier in NAM ontvang voor ek begin stel het, en is ook besig met beeld materiaal wat my grootliks help.
Ek is besig on jak urine te versamel, en het ook al rooikat urine.

Raven

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 2:03 pm
by Raven
Caller,

Verduidelik bietjie hoe ek die jak urine moet gebruik by stel van slagyster.
Die kat urine wil ek by vanghokke gebruik.

Dankie
Raven

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 3:42 pm
by Caller
Raven

Jong, jy moet probeer om van Pieter Schneekkluth se video materiaal in die hande te kry, dan sal jy mooi sien hoe dit werk. Ek laaik nie om so baie te tik (skryf) om jou in detail te vertel nie. Maar in kort.

Jy stel die yster(s) net buite 'n voetpad waar die jakkies draf. Nie verder as 'n voet buitekant die paadjie nie.  Nou hang die stel af van hoeveel ysters jy gaan stel. Maar in kort moet die yster binne 30 cm van 'n kleinnerige "merkbossie" af wees (een yster). Twee ysters moet op 'n hoek van 45 grade elk met die "merkbossie" gestel word en ongeveer 30 cm vannaf die "merkbossie". Daar moet so 'n natuurlike spasietjie voor die merkbossie wees om die jakkie se poot op die yster(s) af te "vorseer". Probeer vasstel uit watter rigting die normale nagwind gaan waai en stel die ysters aan die kant van die paadjie waar die nagwind die reuk oor die paadjie sal dra.

Nou druk of kap jy 'n gaatjie onder die bossie in sy skaduwee (so een en 'n half ne twee duim diep, druk 'n stukkie skaapwol in die gaatjie met 'n stokkie (nie jou hand/ vinger nie). Gooi nou 'n bietjie (proppie) jakkals uriene in die gaatjie. Dit sal deur die wol se vesel vasgevang word. Dit is al. Die rede vir bogenoemde werkswyse is sodat die uriene so lank as moontlik nat bly (skaduwee verhoed vinnige verdamping, gaatjie verhoed vinnige verdamping weens wind en wol vesel verhoed dat uriene in die grond ge-absorbeer word en vinnig uitdroog) om die sterkste moontlike reuk vir so lank as moontlik af te gee.

ONTHOU DAT JOU YSTERS, KETTINGS EN PENNE HEELTEMAL SKOON EN ROESVRY MOET WEES, ANDER GAAN DIE JAKKIE DIT RUIK EN NIE NABY DIT KOM NIE!!!!.

By die rooikat vanghok moet jy liewer vir jou katsand maak en gebruik eerder as skoon uriene. Sien my verduideliking iewers op die forum, ek dink dit is onder "Verskillende beheermetodes; vanghokke vir rooikat" of so iets.

Hoop jy verstaan

Caller   

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Sep 13, 2010 4:09 pm
by Raven
CAller
Dankie, ek het hom!!

Raves

Re: Lok Aas?

Posted: Sun Oct 10, 2010 5:03 am
by Pieter
Dag s?

Ek het by Neil gehoor van die K-9 call lok aas by slagysters wat so goed werk, waar kan ek dit in die hande kry?

Groetnis

Re: Lok Aas?

Posted: Sun Oct 10, 2010 8:07 am
by Namib
More oom Pieter

Ek het jou k-9 call by my.Sal  die week plan maak om jou en Taffie se goed op die pad te kry.Nie so maklik soos ek gedink het nie.

Groete

Re: Lok Aas?

Posted: Sun Oct 10, 2010 10:23 am
by Louis102
Namib wrote: ... Nie so maklik soos ek gedink het nie ...
Namib

Ek hoop ek mag hier 'n eiertjie hier l? t.o.v. my vermoede oor K9-call?  Die probleem van gebrekkige sukses daarmee, l? nie soseer by K9-call nie, maar eerder by ou vlekkie uitsonderlike vermoe? om sy sintuie in te span en sodoende uit die moeilikheid te bly.  As ons K9-call (en K9-call alleen) kon neerplaas by 'n slagyster, sou ons ongekende sukses daarmee behaal het.  Ongelukkig laat ons onwillekeurig ander mens-reuke ook agter as ons slagysters stel.  Vlekkie maak die assosiasie en so is alles gou-gou neusie verby ("so to speak") met ons plan.

Om K9-call reg te gebruik (amper soos met roep & skiet) is 'n kuns en vlekkie kom gou die truuk agter as ons nie in ons spore trap nie. K9-call in die verkeerde man se hande voorspel niks goeds, wat die effektiwiteit daarvan aanbetref nie.  Enkele faktore om in berekening te hou met K9-call is :
  • Windrigting - die steller moet die heersende windrigting in gedagte hou en sy stelplek daarvolgens inrig
  • Posisie van die lokaas - die steller moet sy lokaas so posisioneer dat vlekkie se neus (en so-doende sy aandag) afgelei word van wat voor hom op die grond aangaan
  • Hoeveelheid lokaas - 'n kundige steller sal eerder effe te min, as te veel lokaas gebruik - dit gee hom altyd weer 'n tweede kans met ou vlekkie
  • Hoeveelheid slagysters - die gebruik van meer as een goed geplaasde yster verbeter dikwels kanse op sukses by stelplekke
Selfs met bo-genoemde is daar steeds geen waarborg vir sukses nie, maar dit verbeter darem die kanse aansienlik.  Jy is dus heeltemal in die kol as jy s? dit is nie so maklik soos ons gedink het nie. (hoop jy het van K9-call eerder as die versending van jou pakkies gepraat)

Louis

Re: Lok Aas?

Posted: Sun Oct 10, 2010 12:37 pm
by Namib
Hi Louis102

Ek sukkel om n geleentheid te kry vir Taffie(OTAIII prys/punte) en Pieter se goed.Tog stem ek saam met wat jy se oor die lok middels,is baie goed maar jy moet weet hoe om te gebruik.Vir my is die eiertjie wat jy gele het n goue eiertjie.

Groete

Re: Lok Aas?

Posted: Fri Oct 15, 2010 6:02 am
by Pieter
Namib, Louis102

Moet ma s? as ek van die kant moet probeer om geleentheid te kry, ek het so 1 of 2 kennisse en familie da, baie dankie vi die moeite sov?r. (Die foon se batterye is ook nou reg)

Stem saam dat stel van slagysters 'n kuns is. Ek het oom Peter se opleidings videos bestudeer, 'n slagyster kursus by die bobaas slagysterstel, blykbaar in SA, by ons boeredag bygewoon, sy naam kan ek nie nou onthou nie, asook by 'n jag kursus (Hendrik v Rhensburg). Dan ook by die voetjagters van ons ook 'n klompie tips opgetel. Ek het al so 7 jakkies met yster gevang.

Groetnis

Re: Lok Aas?

Posted: Fri Oct 15, 2010 8:18 am
by Louis102
Pieter

Ek is seker met jou benadering sal die ysters sommer baie effektief wees.

Louis

Re: Lok Aas?

Posted: Sun Oct 17, 2010 5:33 pm
by britsman
ou Louis,
Louis102 wrote:

Ek hoop ek mag hier 'n eiertjie hier l? t.o.v. my vermoede oor K9-call? sy sintuie in .........................
  Dankie vir die tip. 'n Ou vergeet partykeer oor die fyner kunsies van slagyster stellery.

Goedgaan,
                ou brits

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Oct 25, 2010 1:45 pm
by Stefan764
Raves,

Het jy toe die blikskottel gevang gekry met Caller se raad?

Groete
Stefan

Re: Lok Aas?

Posted: Mon Oct 25, 2010 2:13 pm
by Raven
Stef,
Nog in die kamp waar ek eerste gestel het nie, maar ek het al 'n paar ander laat les ops? met slagysters.
Kyk hier http://jaracal.com/index.php?topic=489.375

Groete Raves