Page 1 of 2
Karkas Calculator
Posted: Fri Apr 12, 2013 4:22 pm
by egenis
Hello julle
Het karkas calculator op ons website gesit.
http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx
Die data en research is "geskenk" deur Henrik le Roux.
Ek pos dit hier in die boog seksie maar ek is seker van die ander manne sal dit ook kan gebruik!
Groete
Eugene
Re: Karkas Calculator
Posted: Fri Apr 12, 2013 5:08 pm
by cassie_calvinia
dit is oulik!
manne moet dit as app verkoop
Re: Karkas Calculator
Posted: Fri Apr 12, 2013 5:14 pm
by egenis
Dankie Cassie
Ek het al so half en half 'n android app aan mekaar geslaan met skootplasings, maan fases, gps kaart met merkers en paar van die calculators wat die boog ouens gebruik.
Ek het so idee om die ene ook daar in te bou...
Re: Karkas Calculator
Posted: Fri Apr 12, 2013 5:49 pm
by Fanta300
Dis baie handig, dankie
Dit sal lekker werk as 'n AP op BBerry
Re: Karkas Calculator
Posted: Sat May 18, 2013 6:10 pm
by Tarzan
egenis wrote:Dankie Cassie
Ek het al so half en half 'n android app aan mekaar geslaan met skootplasings, maan fases, gps kaart met merkers en paar van die calculators wat die boog ouens gebruik.
Ek het so idee om die ene ook daar in te bou...
Wats die app se naam?
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun May 19, 2013 9:01 am
by egenis
Nee sorry - nog op google play nie...
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun May 19, 2013 9:07 am
by egenis
Hier is paar prentjies van wat hy sover lyk (die is op Android 2.1)
Op my S2 wys google maps nou kontoer lyne en what what - so is nogals nice
http://i1135.photobucket.com/albums/m635/eugenegenis/sa_4.jpg
http://i1135.photobucket.com/albums/m635/eugenegenis/sa_3.jpg
http://i1135.photobucket.com/albums/m635/eugenegenis/sa_2.jpg
http://i1135.photobucket.com/albums/m635/eugenegenis/sa_1.jpg
http://i1135.photobucket.com/albums/m635/eugenegenis/sa_5.jpg
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun May 19, 2013 9:25 am
by Nickvn
Dit is baie handig. Well gedaan en baie dankie.
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun May 19, 2013 11:53 am
by douw
Goed gedoen
Gaan julle dit beskikbaar stel aan die jagters publiek?
Groete
Douw
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun May 19, 2013 4:00 pm
by mariusr
Baie oulik lyk my die beste waarde vir geld vir die biltong jagter is die BWB,Blesbok,vlakvark en die kameelperd maar so ook die Eland waar pryse billik is!
Re: Karkas Calculator
Posted: Tue May 21, 2013 1:24 pm
by egenis
Dankie julle!
Waardeer die terugvoer!
Ek is van plan om die app op Google Play te sit sodra ek klaar is met hom.
Ek sien nog kans om die ding te "vertaal" vir Windows telefone maar e dink nie e het kkrag vir die BB en apple mense nie.
Nou moet ek net my dinges in rat kkry en wer aan die ding...
Re: Karkas Calculator
Posted: Wed May 22, 2013 4:20 pm
by Sarelss
Hi Eugene,
baie handig. Ek sou ook 'n calculator opsit/aanpas waar die gewig van die bok bekend is sodat die jagter weet wat hy kan verwag nadat dit verwerk is. Baie jagters verstaan nie lekker hoeveel biltongvleis, trimmings, bene ens. uit 'n karkas gehaal word nie. Die huidige calculator help om te besluit dalk wat om te skiet, maar nadat hy geskiet is, moet korrekte gewig ingesit kan word.
My ervaring is bv. ± 40% biltongvleis van karkasgewig wat uitwerk op ± 17% droë biltong, ± 30% trimmings ens.
Ns. Nou die dag vra 'n man my hy het 'n koedoekoei van 90 kg en hy soek asb 50kg biltong en 40 kg droëwors ! LOL
Re: Karkas Calculator
Posted: Wed May 22, 2013 4:32 pm
by mariusr
Die ou moes nog een koedoe koei by gesit het meeste mense het nie 'n clue nie

Re: Karkas Calculator
Posted: Wed May 22, 2013 4:43 pm
by egenis
sss308 wrote:
Die huidige calculator help om te besluit dalk wat om te skiet, maar nadat hy geskiet is, moet korrekte gewig ingesit kan word.
Nice idee... Sal ook nie te moelik wees om aan te pas nie. Want dan is al die gewigte mos 'n gegewe...
Sal bietjie as ek kans kry iets probeer doen...
sss308 wrote:
Ns. Nou die dag vra 'n man my hy het 'n koedoekoei van 90 kg en hy soek asb 50kg biltong en 40 kg droëwors ! LOL
Ek moet bieg - toe ek begin jag sou ek ook maar dieselle gevra het... Eintlik sou ek dink die wors sal meer wees - jy sit mos goet by!

Re: Karkas Calculator
Posted: Wed Mar 23, 2016 1:46 pm
by egenis
sss308 wrote:Hi Eugene,
... Ek sou ook 'n calculator opsit/aanpas waar die gewig van die bok bekend is sodat die jagter weet wat hy kan verwag nadat dit verwerk is...
Ok, nou voel ek sleg. Dit het my meer as 2 jaar geneem om iets te verander.
Ek is net vrek besig. Regtig.
Maar die verandering soos hierbo genoem is gedoen.
Jy kan nou of 'n spesie kies van die lyse of jy kan net 'n gewig intik.
http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx
Re: Karkas Calculator
Posted: Thu Jun 04, 2020 10:14 am
by egenis
Die moet seker een of ander rekord iewers in die wereld wees - Maak 'n draad weer lewendig na 8 jaar!
Eerstens - jammer oor dit maar ek wou nie nuwe draad begin nie...
Tweedens - vandat ons die boogwinkel en die winkel se website toe gemaak het, het ek noglas baie vrae gehad oor die Karkas calculator. Ek het nou met die lockdown bietjie tyd gehad om te speel en ek het 'n Android app geskryf wat die werk van die eertydse calculator doen.
Ek is nog besig om plan te maak vir Ios weergawe - maar nie seker of ek gaan regkom met dit nie...
Maar vir mense met 'n android foon, loer gerus hier:
https://play.google.com/store/apps/deta ... arcasscalc
Re: Karkas Calculator
Posted: Thu Jun 04, 2020 10:47 am
by Gawie(13mm)
Teen Elf rand en sente is dit 'n winskoop.
Wel gedaan. Ek sal hom toets en laat weet as ek eendag weer bloed getrek het.
Re: Karkas Calculator
Posted: Thu Jun 04, 2020 10:54 am
by egenis
Gawie(13mm) wrote: Thu Jun 04, 2020 10:47 am
Teen Elf rand en sente is dit 'n winskoop.
Wel gedaan. Ek sal hom toets en laat weet as ek eendag weer bloed getrek het.
Dankie Gawie!
Re: Karkas Calculator
Posted: Thu Jun 04, 2020 11:34 am
by Frederik
Werk mooi as ek net kan vrae dat jy Animal weight beskryf as Live weight.
Ek het rooibok ooi ingesit as 25kg karkas nie lewendige gewig toe skrik ek bietjie.
Re: Karkas Calculator
Posted: Thu Jun 04, 2020 11:41 am
by egenis
Frederik wrote: Thu Jun 04, 2020 11:34 am
Werk mooi as ek net kan vrae dat jy Animal weight beskryf as Live weight.
Ek het rooibok ooi ingesit as 25kg karkas nie lewendige gewig toe skrik ek bietjie.
Ok dankie Frederik. Ek het die verandering gemaak. Ek sal dit seker so in volgende week dan weer 'n nuwe weergawe uitrol.
Re: Karkas Calculator
Posted: Fri Jun 05, 2020 8:19 am
by Gawie(13mm)

Dom vraag: waar is die springbok?
Ek het die rooibok gevat en die gewig aangepas.
Jammer ek praat op jou hand, maar 'n onderafdeling waar verwerkkings koste en goed soos derms en speserye ingesluit word, sou handig wees.
......of meskien nie!!!! Netnou sien ek op wit en swart dat ek eerder by die huis moet bly!
......of nee wag; Dit sal fantasties wees om vir die biltong bedelaars te wys!

Re: Karkas Calculator
Posted: Fri Jun 05, 2020 8:25 am
by egenis
Mmmm ja, Springbok... sal bysit vir vogende release.
Daai verwerkings kostes klink na plan - sal bietjie kyk daarna.
Re: Karkas Calculator
Posted: Sat Jun 06, 2020 4:54 pm
by Nico Harris
Die link maak nie oop as ek op hom click nie?
Re: Karkas Calculator
Posted: Sun Jun 07, 2020 8:31 am
by bullseye
Sal jou app op iphone kan werk in toekoms
Groete
Bullseye
Re: Karkas Calculator
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:34 am
by egenis
Nico Harris wrote: Sat Jun 06, 2020 4:54 pm
Die link maak nie oop as ek op hom click nie?
Nie seker wat met die link gebeur het nie... maar hier is dit:
Code: Select all
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.g3n1side.carcasscalc
https://play.google.com/store/apps/deta ... arcasscalc