Page 1 of 1

SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 7:51 am
by Daneel
Ek will net baie dankie se vir SJ.

Daai Full Field is baie vinnig hier by my en hy lyk Be$#k op die Howa.
Nou kan ek nie wag vir more se skiet by die baan nie.

Hy is crisp, clear en ek sien vir myle met hom.
Baie dankie vir top diens en ons sal weer praat as ek n ander scope nodig het.
Ek sal probeer photos plaas van hoe hy perform more.

Thanks again
Daneel

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:04 am
by Jaco B
Hallo Daneel

Watter Fulfield het jy gevat en waarop gaan jy hom sit(kaliber)?

Ek het die FF II met die E1 reticle op my .222. (4.5-14 x 42) en is baie tevrede.

Ek dink die Burris telescope is baie goeie waarde vir geld en mens kan nie fout maak met Burris nie.

Jaco

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:05 am
by Eugene
:) :) :)

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:13 am
by Daneel
Hi Jaco
Ek het die FF 11 met ballistic plex gevat ook in 4.5-14x42 en hy sit nou op my Howa 30-06
Ek dink hy pas perfek op die roer en hy lyk sommer bleddie spoggerig.
Nou is dit net more se inskiet en beitjie speel met hom om te kyk hoe hy maak.
My gat jeuk nou behoorlik vir die inskiet en speel van more.

Dankie
Daneel

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:16 am
by Monrique (SJ)
Dit is n groot plesier. Geniet daai scope en die skiet more. Ons wag vir die foto's.


Groetnis
Monrique

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:25 am
by matewis
Daneel, 'n puik keuse as jy my vra! ;)

Enjoy en kom wys wat maak daai roer van jou!

Groete

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:40 am
by henried
Selfde op my Howa... ;D

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 8:54 am
by JACQUES BOTHA
Mede BURRIS eienaars
Ek noem hom my SMILEY scope.
Jy smile as jy deur hom kyk,
Jy smile as jy sy prys sien en betaal
Jy smile as jy dink hoeveel jy amper betaal het en nou het jy n baie helder scope en baie betroubaar sover ek kon vasstel
Geniet jou BURRIS hy is dubeeld sy geld werd
Jacques

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 10:03 am
by matewis
My pelle wat dubbel dit betaal het SMILE egter nie as hulle deur hom kyk!

Re: SJ is n dooring!!!!

Posted: Fri Apr 12, 2013 10:27 am
by JTM
Mooi combo daar Daneel. Geniet dit.