175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Posted: Thu Apr 11, 2013 9:57 am
More manne
Ek het so bietjie raad nodig. Ons gaan die jaar jag, daar in Zastron se wêreld en daar is Swartwildebees, blesbok en springbok op die spyskaart.
My kluis is bietjie beperk as dit by langafstand kalibers kom so die 8x57 sal maar die werk moet doen. Per normaal laai ek 200gr Nosler Partitions in die 8mm en hulle is goed vir so 2400fps, en is uitstekend vir die bos. Ek het egter gedink om ligter koeëls te laai vir die vêr skote in Zastron. Ek is egter tussen die 160gr Barnes TTSX of die 175gr Sierra Pro Hunters.
Ek neig na die Sierras toe, want my redenasie is as jy die bok met die Barnes skiet gaan die bok net 'n mooi gatjie hê want die Barnes sal nie opbreuk nie. As jy egter mey die Sierras skiet, wat 'n sagter punt is behoort die lood wat opbreek meer skade te maak wat dan tot gevolg het dat die bok vinniger vrek. As dit sou sin maak.
In my opinie is die Barnes 'n uitstekende produk, wat dit moontlik maak vir manne om groter bokke met ligter kalibers te skiet. Ek dink egter nie dit is so belangrik in die 8mm op swartwildebeeste, springbokke en blesbokke nie.
Wat dink julle manne? Barnes of Sierra?
Dankie
Alvar