Page 1 of 1

Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 3:34 pm
by Schalk75
Goeiemiddag.

Kan iemand dalk `n laser rangefinder aanbeveel vir onder R2000?

Ek weet by optics geld die "you get what you pay for" reël, en dat ek liewer moet kyk na iets soos `n Leupold 600 (vir so R3000), maar op die oomblik kan ek nie reverdig om meer as dit te spandeer nie.

Ek het so `n bietjie op die internet rondgekrap, en afgekom op Simmons, Rudolph en Hawke.

Die Hawke RF600 het nogal belowend gelyk teen so R1799, maar ek kan nie die maak nie, en sukkel om reviews te kry vir hom. So ook met die Rudolph.

Die Hawke en Rudolph se maks van 600m (seker 350 op `n bok) behoort ver genoeg vir my te wees vir die oomblik.

Ek hoor graag wat julle sou aanbeveel in hierdie prysklas, selfs al is daar `n tweedehandse enetjie erens.

Dankie.

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 3:53 pm
by JTM
Ek luister ook graag.

Het nou die dag met die Rudolph gespeel by 'n veldskiet en het heel gaaf gewerk.

Ek ken Hawke teleskope en hulle het 'n goeie naam daar verwerf vir goeie waarde vir geld optics.

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 5:10 pm
by Cobus(Cobb)
'n Jagmaat van my het my eendag geleer dat ek nie vir 'n ander man se wallet mag praat nie....so ek wil dit nie hier doen nie....maar as jy kan, sit 'n paar rand by en kry die Nikon 550

Cheers

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 5:16 pm
by TOKELOS
My raad - uit ondervinding- moet nie nou koop nie. WAG tot jy genoeg geld het en koop dan. Dit gaan jou goedkoper uitwerk as om nou goedkoop te koop en later oordentlik te koop.

Dis mos eintlike n maklike som om sommer so in die kop te bereken, maar ek weet dat n jeukende gat soms kortsluitings in die brein veroorsaak. Wel defnitief in my geval!

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 8:08 pm
by mariusr
Moenie een koop wat minstens 500 meter kan range! Gaan kyk na die Nikon prostaff 550 hulle is onder R3000 ek het een baie tevrede moet nie daai goed koop make koop jy gaan net teleurgesteld wees!

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 8:40 pm
by Schalk75
Nee, ek verstaan van gat wat jeuk.

Dankie vir die raad. Maak sin, net moeilik as jy lus is vir `n ding.

Groete

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Wed Apr 10, 2013 9:36 pm
by Koos Barnard
Plastic
Uit die aard van my werk by Magnum magazine oor die jare het ek 'n hele paar rangefinders getoets. Sommige waarvan ek nooit 'n woord geskryf het nie. Die rede? Luister na die persoon wat voorgestel het dat jy moet wag tot jy bereid is om meer geld te spandeer. Glo my, ek het onlangs weer 'n bekostigbare rangefinder onder hande gehad en dis net nie die moeite werd nie. Jy gaan geld spandeer net om te vind die ding werk so af en toe baie goed en meeste van die tyd soos hy wil. Byt nog 'n bietjie vas, steel 'n bietjie melkgeld en koop dan eers.
Mooi loop

Re: Laser rangefinder opsies

Posted: Thu Apr 11, 2013 7:05 am
by Schalk75
Dankie Oom Koos en die ander vir raad. Ek sal dan maar bietjie vasbyt. Het tot nou die bokke darem raakgeskiet sonder een, so nog `n seisoen sal seker nie die ergste wees nie!!

Groete