Page 1 of 1

Bushnell elite 6500 TELESKOOP

Posted: Wed Sep 08, 2010 7:56 pm
by BOATS
Ek het gister n Bushnell 6500 elite 2.5-16x42 teleskoop by n vriend gekry om te toets.Ek vermoed dat die 42mm kop dalk te min lig sal inlaat.Dit het wel n 30mm tube en is besonders diudelik gedurende die dag.Ek het egter nognie kans gekry om dit in die aand te toets nie maar brand om dit te doen.Het iemand dalk kennis van die teleskope.

Re: Bushnell elite 6500 TELESKOOP

Posted: Wed Sep 08, 2010 10:23 pm
by Boesman
Boats

Ek skiet (kyk) met 'n 3-9x40 Bushnell Trophy al van 1994 af. My ervaring is dat hulle rotsvas en kristalhelder is. Maar my nagskote daarmee kan ek seker op een hand tel, so kan nie daaroor praat nie.

Re: Bushnell elite 6500 TELESKOOP

Posted: Thu Sep 09, 2010 6:56 am
by Beyers
Boats
Onthou om die vergroting af te draai na 6 vir nagwerk.
Beyers

Re: Bushnell elite 6500 TELESKOOP

Posted: Thu Sep 09, 2010 8:37 am
by Raven
Boats,
As ek reg kan onthou, sal die 30mm tube nie veel help met lig inlaat, maar net meer opsie vir verstelling. 'n 25mm buis met 50mm objective lens sal baie meer lig inlaat.

Wat Beyers s? is waar, ek het al baie kudus en ander wild geskiet met 6x42 Swarovski, en dit was lekker helder vir my.

Raven

Re: Bushnell elite 6500 TELESKOOP

Posted: Fri Sep 10, 2010 8:12 pm
by BOATS
Ek het gisteraand gou n draai gaan ry .Die telesoop het my verbaas met sy helderhied.Dit is iutstekend tot op 14x vergroting.Ongelukkig  geen ongediertes raakgeloop nie.Daar was ook geen probleem met lig inlaat nie.As n mens kyk na wat dit kos -R10000-00,sal ek nogsteeds eerder vir my n zeiss koop.