Page 1 of 2

Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:49 pm
by Flip Fouche
??? ::)

Ons soek n foto? ::)

Flip

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:53 pm
by Geno
Ou grote!

https://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscellaneous/IMG-20130404-WA0019.jpg

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:54 pm
by VdWalt
Mooi Man!!!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 4:06 pm
by kopskoot
ja daai corporate ladder se geklimmery, loop hand aan hand met verskeie regte en voorregte.! finansieel van aard!

Geluk ou pel,

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 4:34 pm
by BLOK
Jou ou hingsding, geluk man

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 4:58 pm
by Marc
Baie geluk Stefan !!! Vrugte maat ;)

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:29 pm
by BRNO (Pierre)
Daai Cruizer sal hom darrem wat verbeel. Baie geluk ou maat! Mag jy baie gelukkige kilos met hom kry!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:38 pm
by kopskoot
manne

Stefan is verheug, oor almal se geluk wense. Hy het my egter gevra om by julle almal te begin petrol geld insamel ('n donasie)

Almal dink daai 4.5 wat op hom geskryf staan, het iets met sy enjin te doen. Dit het eerder met sy petrol verbruik te doen .he he he ;D

Sterkte Stef

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:47 pm
by Piet Pille
kopskoot wrote:manne

Stefan is verheug, oor almal se geluk wense. Hy het my egter gevra om by julle almal te begin petrol geld insamel ('n donasie)

Almal dink daai 4.5 wat op hom geskryf staan, het iets met sy enjin te doen. Dit het eerder met sy petrol verbruik te doen .he he he ;D

Sterkte Stef

Daarvan kan jy my niks vertel nie..... die reine waarheid!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:53 pm
by JPS
Geluk Stef

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:14 pm
by Eugene
Baie geluk, geniet hom!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:34 pm
by immelmanw
Eugene wrote:Baie geluk, geniet hom!
Stefan doen obviously iets reg, ek het ook een gehad maar kon nie die petrol bekostig nie!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 7:04 am
by Lourens Potgieter
4.5 liter per kilometer?? ++>:

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 7:12 am
by Freek
Ek is 'n voorstaander vir die kleur keuse... pragtige voertuig Stefaans.

Nodig net die laaste "finnishing off" touches om daai pakket te voltooi - 'n Bosvrak Jagstoel agter op vir die laaaaang plat skote in die Vrystaat en Namibië

'n Cruiser is nie 'n Cruiser sonder 'n Bosvark agterop nie. (punt)

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 7:14 am
by NEGE3
Bul van 'n trok. Baie geluk. Het so pas al weer een of ander gebod gebreek. :-[
Geniet hom. Ek sal maar sit en kwyl.
Groete.

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 7:16 am
by kopskoot
Freek wrote:Nodig net die laaste "finnishing off" touches om daai pakket te voltooi - 'n Bosvrak Jagstoel agter op vir die laaaaang plat skote in die Vrystaat en Namibië

. (punt)
ek hoop nie daai skote is verder as 300m nie. SA jagters se dis onverantwoordelik en distansieer hulle van sulke gedrag! :police: :laugh: :laugh:

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 7:22 am
by Freek
Juis, maar met daai tools is dit raaak - dood skote tot op 300m. As jy fout maak is dit beslis nie die gereedskap nie.

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 10:44 am
by Dawie Malan
baie geluk Stefan

Kry maar vir jou 'n steering lock, gear lock, diff lock, ingnition lock.....

Mosambiek se jakkalse is lief vir daai ding.

Dawie

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 11:38 am
by Lourens Potgieter
Sommer die wiele ook vassluit met ketting en slot....dis mooi tekkies daai!!!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 1:32 pm
by Stefan764
Mastag ma julle manne is haastig...

Dankie kerels, ek waardeer die mooi woorde opreg. Ek is net bitter Dankbaar dat ek op 29-jarige ouderdom my droom sedert ek n klein seuntjie was kon verwenslik... Weereens, eks regtig bitter Dankbaar...

Ja nee, by die paaiement kon ek uitkom (dis n 2007 model met 100 000km op, nie n nuwe een) so nou sal ek moet begin plan sien met die brandstof... Hy loop teen so 80c duurder elke kilo as die Hilux. Maar nou ja, soos n groot Maat in Suidwes vir my gese het: "Stef koop die ding en kry klaar, jy sal later verstaan hoekom" en ja, dankie FM en Big Joe vir die ompraat, dis elke oomblik wat ek vir hierdie masjien kyk en wat ek in hom sit die moeite werd. 80c of te not... ;D

Ek weet ek is baie bevoorreg...

TOYOTA - Groetnis
Stefan

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Tue Apr 09, 2013 4:05 pm
by Gerhard
Nee Stefan,

Daai bakkie is n plaas bakkie.

Jy sal hom maar moet in ruil vir n corsa vir Pta se strate... hehehe

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Wed Apr 10, 2013 4:00 pm
by Freek
Nee wat Gerhard, 'n man wat so lorrie kan bekostig mog nie kla oor die strate of die brandstof nie. ;)

Stefaans jou smaak is reg... ek sou rede tot kommer gehad het as dit 'n Landrover was ::) My Baas s'n staan nou al 'n week en 'n half by die technikus - hulle sukkel met 'n foutiewe emobiliseerder en egin olie lek. Die olie lek was so paar jaar terug nie vir hom so 'n groot kopseer nie maar met huidige pryse raak dit gevoelig. Hy vertel vir my dit is 'n 1997 model met 150 000km - ek dink dit sê alles.

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Fri Apr 12, 2013 9:44 am
by Stefan764
Freek n ander pel van my se my eendag: Jy moet nie worry oor n Landy of n Ford se olie lekke nie. Jy moet beginne worry as hy OPHOU lek!!! Dai lek kom standaard saam hulle uit he he he he

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Fri Apr 12, 2013 10:07 am
by Gerhard
Stefan764 wrote:Freek n ander pel van my se my eendag: Jy moet nie worry oor n Landy of n Ford se olie lekke nie. Jy moet beginne worry as hy OPHOU lek!!! Dai lek kom standaard saam hulle uit he he he he

Skerp!!

Re: Stef764 vs Landcruiser

Posted: Fri Apr 12, 2013 12:56 pm
by Freek
Hoe onderskei mens 'n Landrover drywer en 'n Landcruiser drywer?

Die Landrover drywer se hemp het olie vlekke op...