Page 1 of 1

Inspeksie vir nuwe geweer koop

Posted: Wed Sep 08, 2010 9:42 am
by Raven
Dit is nou so per toeval dat ek op dit afkom, en dit het my laat wonder of 'n man dit altyd eers moet doen voor jy jou geweer koop.
Gewere is duur en kan tog ook soos 'n nuwe motor vir 'n toets rit gevat word, of deeglike inspeksie.
Baie geweer MAKE kom met SUB MOA waarborg uit.

Ek dink egter elke jagter moet aandring om eers sy nuwe geweer met BORESCOPE deur te kyk voor hy koop.
Is daar manne wat dit doen voor hulle koop of nie??

Kyk Hierna:

http://www.youtube.com/watch?v=hf9zZqn00CA&feature=player_embedded#!

Raven

Re: Inspeksie vir nuwe geweer koop

Posted: Wed Sep 08, 2010 8:19 pm
by Christo
Raven

Interresante video daardie. Ek vrees om die scope deur enige van my gewere se lope te druk.

Re: Inspeksie vir nuwe geweer koop

Posted: Thu Sep 09, 2010 8:24 am
by Raven
Christo,
Wat my bang maak is dat dit getoets was op 'n nuwe remington loop, as ek reg gehoor het.

'n Man kan mos nie so duur betaal en so 'n loop kry  ???

Raven

Re: Inspeksie vir nuwe geweer koop

Posted: Thu Sep 09, 2010 12:41 pm
by Taylor
Wie weet?????

Wie van ons weet hoe ons lope regtig da diep binne lyk, ek het nog nooit met n borescope in enige van my lope gekyk nie, en nou wonder ek  ??? WAT ??? sal ek sien, behalwe die normale...... :o :o :o....... uintelik nogal iets om te doen ne

Taylor