Page 1 of 1

Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Apr 06, 2013 7:53 pm
by Christo J
Dagse almal.

Weet iemand dalk of dit n oortreeding van n wet is om hardekool stompe te vervoer? Ek wil graag n lapa bou met 4 hardekool stompe. Dit moet vervoer word van Swartwater in Limpopo na Pretoria.

By voorbaad dankie
Christo

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Apr 06, 2013 8:17 pm
by Fanta300
Wie gaan jou voorkeer wat weet hoe lyk 'n hardekoolstomp?

Grap sommer maar weet nie van so 'n wet nie. Al die regulasies wat ek van weet handel oor lewendige plante.

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Apr 06, 2013 10:21 pm
by vlakvark1
Ek wil ook n paar stompe vat vanaf Lydenburg na Marlothpark en die bouer het my vertel ek moet maar die papierwerk mooi agtermekaar kry. Hy het n lapa vir iemand gebou wat stompe vanaf
Limpopo afgestuur het en die se vragmotor is gekonviskeer en die stompe en die eienaar
het n groot boete gekry.
So ek gaan ook maar eers uitvind wat sê die wet en of ek kan toestemming kry

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 2:42 am
by Eugene
Natuurbewaring behoort jou te kan help met inligting!

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 7:01 am
by mariusr
Bome soos geelhout het jy permit nodig om te vervoer nog nooit gehoor dat so iets nodig is vir braai hout insluitende hardekool! Dis nie bedreigde boom nie soos broodbome ens!

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 7:49 am
by Frederik
Jy het permit nodig al is die boom dood!
Die enigste inheemse boom sover ek weet wat nie permit nodig het nie is sekelbos.

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 9:00 am
by Christo J
Frederik wrote:Jy het permit nodig al is die boom dood!
Die enigste inheemse boom sover ek weet wat nie permit nodig het nie is sekelbos.
Daarsy, dankie vir almal se raad. Nou..., waar by Naruurbewaring kry ek so iets??

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 10:38 am
by Eugene
Christo J wrote:
Frederik wrote:Jy het permit nodig al is die boom dood!
Die enigste inheemse boom sover ek weet wat nie permit nodig het nie is sekelbos.
Daarsy, dankie vir almal se raad. Nou..., waar by Naruurbewaring kry ek so iets??
Die Vervoer van Boomstompe Afdeling! ;)

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 11:13 am
by Christo J
Eugene wrote:
Christo J wrote:
Frederik wrote:Jy het permit nodig al is die boom dood!
Die enigste inheemse boom sover ek weet wat nie permit nodig het nie is sekelbos.
Daarsy, dankie vir almal se raad. Nou..., waar by Naruurbewaring kry ek so iets??
Die Vervoer van Boomstompe Afdeling! ;)
Snaaksie... Het jy daai nr.?:-)

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 11:18 am
by Eugene
Eugene wrote:
Christo J wrote:
Frederik wrote:Jy het permit nodig al is die boom dood!
Die enigste inheemse boom sover ek weet wat nie permit nodig het nie is sekelbos.
Daarsy, dankie vir almal se raad. Nou..., waar by Naruurbewaring kry ek so iets??
Die Vervoer van Boomstompe Afdeling! ;)

0861 BOOMRY!

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 11:45 am
by Jean Marais
Ek weet dat jy kameeldoring in geen vorm mag vervoer nie, al is die boom 1000jr gelede al dood. Weet nie van hardekool nie. Hoe kry die ouens dan die hardekool vuurmaakhout hier in Pta?

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 11:51 am
by Frederik
Jean, Die sogenaamde haardekool wat in PTA verkoop word is nie naby regte hardekool nie. 3 Stukke regte hardekool sal dieselfde weeg as een braai sak vol.

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sun Apr 07, 2013 11:53 am
by Jean Marais
Hier is jou antwoord.

The law under section 12 of Act No. 84 of 1998 states that if a tree species is declared protected, “No person may (a) cut, disturb, damage, destroy or remove any protected tree; or (b) collect, remove, transport, export, purchase, sell, donate or in any other manner acquire or dispose of any protected tree, except under a licence granted by the Minister.”

The act does not distinguish between dead and live trees, so even removal of a dead specimens is illegal without a permit.

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:18 am
by Carl
mariusr wrote:Bome soos geelhout het jy permit nodig om te vervoer nog nooit gehoor dat so iets nodig is vir braai hout insluitende hardekool! Dis nie bedreigde boom nie soos broodbome ens!
Maruis die regte hardekool, Cobretum imberbe ,nie die braaihout wat so in die volksmond bekend staan is 'n beskermde boom.
Status http://www.plantzafrica.com/plantcd/combretimb.htm

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:37 pm
by Frikkie Coetzee
Slaan my dood, ek het dit nie geweet nie.

Laat my skoon skuldig voel oor as ek braaihout gaan koop by die garage.

Frikkie

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:48 pm
by Carl
Frikkie, glo my daar is baie min manne wat regte hardekool verkoop. Dit is beslis nie die moeite werd om van die Noorde af te ry Cradock toe om hout te verkoop nie.

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Jan 16, 2016 6:35 pm
by Williebees
Jammer om die draad uit die dode op te diep, maar die wet het my laat wonder:
Hulle verwys na die produkte van genoemde spesies.
In die lys is byna al die gesogte meubelhoutspesies: Geelhout, stinkhout, kiaat, tamboti.

Moet elke huiseienaar nou aansoek doen vir permitte vir meubels?

Wat van die persoon wat oor provinsiale grense verhuis - het hy 'n vervoerpermit/uitvoer- invoerpermit nodig vir sy Tamboti-koffietafeltjie?

Praat van 'n burokratiese nagmerrie! Dit sal Wet 60 van 2000 na 'n weldeurdagte plan laat lyk!

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Jan 16, 2016 8:28 pm
by win270
En jou geweer se houtkolf? :confused:

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Sat Jan 16, 2016 9:55 pm
by Williebees
win270 wrote:En jou geweer se houtkolf? :confused:
Tronk toe!

Re: Vervoer van hardekool stompe

Posted: Mon Jan 18, 2016 11:52 am
by Carl
Williebees wrote:Jammer om die draad uit die dode op te diep, maar die wet het my laat wonder:
Hulle verwys na die produkte van genoemde spesies.
In die lys is byna al die gesogte meubelhoutspesies: Geelhout, stinkhout, kiaat, tamboti.
Moet elke huiseienaar nou aansoek doen vir permitte vir meubels?
Wat van die persoon wat oor provinsiale grense verhuis - het hy 'n vervoerpermit/uitvoer- invoerpermit nodig vir sy Tamboti-koffietafeltjie?
Praat van 'n burokratiese nagmerrie! Dit sal Wet 60 van 2000 na 'n weldeurdagte plan laat lyk!
Praat die Wet nie net van stompe en rou hout nie? Dis soos diamante - ongeslyp onwettig, maar SAPS stop nie my vroutjie met die blink klip aan haar vinger nie.