Page 1 of 1

Leupold VX3

Posted: Fri Apr 05, 2013 5:25 pm
by vbd
Ek is in die mark vir 'n teleskoop en kyk tans na die VX3 4.5-14x40. Ek wil dit op 'n 30-06 sit en gebruik vir medium tot lang afstand(normale lang afstande) jag en sajag oefeninge. Die geweer groepeer uitstekend, ek gebruik lapua scenar 155 punte.

Kan julle vir my raad gee tussen die long range(30mm) of die normale een(25mm) en ook watter kruishare beter sal werk. Die geweer hoef nie nagskiet te doen nie.

Luister graag

Re: Leupold VX3

Posted: Fri Apr 05, 2013 6:37 pm
by wlm
"5. Leupold VX 3 4.5-14x50 LR with boone & crocket reticle. Only did 15 shots on my 7x64. Condition is excellent with one very small rub mark on the paralax adjustment from the gun bag. R8000"
Adrenalienjunkie adverteer die een op die forum.
Ek het net goeie ondervinding van myne.

Re: Leupold VX3

Posted: Sun Apr 07, 2013 8:47 pm
by Drenalinjunkie
wlm wrote:"5. Leupold VX 3 4.5-14x50 LR with boone & crocket reticle. Only did 15 shots on my 7x64. Condition is excellent with one very small rub mark on the paralax adjustment from the gun bag. R8000"
Adrenalienjunkie adverteer die een op die forum.
Ek het net goeie ondervinding van myne.
Dankie vir die aanbeveeling. Die scope is nog beskikbaar.

Groee.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:16 am
by badhabit
More VBD.

Kruishaar keuses is jou eie voorkeur.
Wat vir die een werk, hou die ander nie van nie.

My raad sal wees om na die scopes te gaan kyk en dan te sien waarvan hou jy die meeste.
Persoonlik sal iets soos die Varmint reticle jou miskien help op die 300m baan.
Die 30mm behoort ook 'n bietjie meer lig in te laat, wat sal help om die teiken beter te sien teen skemer.

Hoop jy kom reg.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:20 am
by VdWalt
badhabit wrote:More VBD.

Die 30mm behoort ook 'n bietjie meer lig in te laat, wat sal help om die teiken beter te sien teen skemer.
Hoekom sal die 30mm meer lig in laat? Ek het gedink die 30mm help net met
die verstellings en die lens voor beperk die lig wat ingelaat word?
Dalk sit ek die pot mis. ???

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:41 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

VBD jy is heeltemal reg in jou aanname. Dit is die werk van die obejektiewe lens om lig bymekaar te maak en die dikte van die buis het nie veel daarmee te make nie. n Dukker buis stel jou in staat om meer interne verstellings te kan maak en versterk net gewoonlik die teleskoop.

Vir ons wat jag in Afrika met sy goeie lig omstandighede is n 40mm objektiewe lens of selfs n 36mm meer as voldoende. Ons benodighede is nie dieselfde as veral die Europese jagomstandighede nie so die gebruik van n 50 of selfs n 56mm objektiewe lens is oorbodig. Die eksra grootte en gewig is verdere negatiewe aspekte van die tipe teleskope. Teleskope met die groot objektiewe lense moet ook hoog op die geweer monteer word wat ook nadele het.

Ek het selfs n paar 4.5-14x40 teleskope en almal is toegerus met die Boonne&Crocket kruishaar en ek kan met eerlikheid se dat vir normale jag daar nie veel beter is nie. Ek sal die Varmint Hunters wel oorweeg vir baanskiet maar ek verkies die B&C by verre vir algemene jag. Die kruishaar oorheers glad nie die beeld nie en as jy hom reg aanwend werk hy soos n droom op afstande. Ek sal ook nie die model met paralaks verstelling kies nie want dit is onnodig en net n ekstra hindernis in die veld. Ek vind geensins dat dit nodig is nie.

Hierdie spesifieke model teleskoop is vir my n baie sinlik teleskoop vir die meeste kalibers vir algemen jag en sal jou n leeftyd se plesier verskaf.

Groetnis
Wouter

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 9:24 am
by Chevvy SS
Jy kan ook kyk na die Lynx 4.5-14x42AO.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 1:09 pm
by wlm
Chevvy SS wrote:Jy kan ook kyk na die Lynx 4.5-14x42AO.
Ek wonder maar net oor die paralaks wat op die objektief verstel. Die knoppie aan die linkerkant soos op bv. die leopold is vir my maklik om te verstel, self as ek reeds aanle.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 1:12 pm
by wlm
Amper vergeet ek. Is "paralaks" nie maar net 'n ander naam vir 'n meisie wat onwillig is om te vry nie? >:+

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 1:44 pm
by FHM
vbd wrote:Ek is in die mark vir 'n teleskoop en kyk tans na die VX3 4.5-14x40. Ek wil dit op 'n 30-06 sit en gebruik vir medium tot lang afstand(normale lang afstande) jag en sajag oefeninge. Die geweer groepeer uitstekend, ek gebruik lapua scenar 155 punte.

Kan julle vir my raad gee tussen die long range(30mm) of die normale een(25mm) en ook watter kruishare beter sal werk. Die geweer hoef nie nagskiet te doen nie.

Luister graag

VBD gaan loer bietjie hierso http://www.leupold.com/hunting-shooting ... 5-14x40mm/
Ek persoonlik het die Varmint kruishaar VX 3 14 x 40 op my 30-nulkwes en dit werk vir my soos heuning op vars plaasbrood. Moet se ek het nog nooit tot by 14 x geskiet nie - maksimum was tot by 10 x. Leopold VX 3 reeks scopes is sekerlik een van die beste jag-teleskope wat op die mark is, jy sal nie fout maak nie.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:37 pm
by vbd
Baie dankie vir almal se insette, ek dink ook die parallaks is onnodig op normale skietafstande en die meer verstelling wat die 30mm buis bied is meer as wat ek ooit sal kan gebruik(daai gemsbok moet m**r ver wees om 30 of 40moa op te stel, te ver vir my elkgeval).

As ons dan eiers met eiers moet vergelyk, hoe doen die zeiss conquest 4.5-14x44 teenoor die leupold? Ek weet hy's bietjie duurder, maar ek het al reeds 'n 3-12x50 duralyt op my 243 en geniet hom vreeslik. Niks fieterjaasies nie en hy kan maar 'n kap of twee hanteer, jy stel eenkeer en nie weer nie.

Re: Leupold VX3

Posted: Mon Apr 08, 2013 9:49 pm
by douw
wlm wrote:Amper vergeet ek. Is "paralaks" nie maar net 'n ander naam vir 'n meisie wat onwillig is om te vry nie? >:+

jo-jo-jo ;D ;D ;D

nou het ek lekker gelag

groete
Douw