Page 1 of 1

Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:52 pm
by Eugene
Het iemand vir my enige kontakbesonderhede, telefoonnommer, posadres, e-pos, enige iets van die Vuurwapen Appelraad?

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 2:54 pm
by Geno

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:05 pm
by Eugene
:-[ :-[ :-[ :-[ :-[

En ek het eers gaan soek, maar kon niks kry nie.... Geweet daar was al so 'n post!

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:29 pm
by ROBBIE1
Eugene, iemand binne (kan nou nie se wie en waar nie) het vir my gese dis die beste om n heel nuwe aansoek in te dien, daar gaan glo maar min aan by die appel raad kantore. Kos jou nou wel weer paar rand vir die nuwe aansoek, maar jy gaan verseker baie vinniger jou lisensie in die hand he!!

Sterkte!!!!

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:39 pm
by Eugene
ROBBIE1 wrote:Eugene, iemand binne (kan nou nie se wie en waar nie) het vir my gese dis die beste om n heel nuwe aansoek in te dien, daar gaan glo maar min aan by die appel raad kantore. Kos jou nou wel weer paar rand vir die nuwe aansoek, maar jy gaan verseker baie vinniger jou lisensie in die hand he!!

Sterkte!!!!
Robbie, nie vir my nie, maar vir klient van my! Hy het nog nie eers aansoek gedoen vir sy lisensie nie, toe gooi hulle sy bevoegdheidsaansoek na 2 dae uit agv iets wat 17jr terug gebeur het en foutiewelik aangeteken is. Nou is daai docket en hofleer vernietig, die Landdros is dood en ek moet nou die Appelraad vra vir 'n "upliftment" van 'n status, sodat die man kan aansoek doen vir 'n bevoegdheid....

Lekker job ne.... ???

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:49 pm
by ROBBIE1
O toggie, sterkte my maat, dog dis n lisensie wat afgekeur was!!

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:58 pm
by Fanta300
Probeer Clement by 0123536576

Weet nie of hy sal kan help nie maar ten minste antwoord hy so nou en dan sy foon.

Probeer ook vir Kol vd Walt by 012 353 6089 (probeer hom dalk eerste)

Sterkte

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 4:02 pm
by ANDRIES
My ondervinding is ook om weer van voor af aansoek te doen.Ek weet hulle het vergeet om die raad se kontrakte te hernu en wat ek laaste gehoor het was hulle so iets soos 18 maande agterstallig.

Re: Vuurwapen Appel raad

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:07 pm
by Marc
vd Walt is jou man, hy het my ook gou gou uitgesort :)