Page 1 of 1

Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Tue Apr 02, 2013 3:08 pm
by Eugene
Dagsê!

Kan iemand my dalk verwys na 'n topic waar bovermelde bespreek word of my met die inligting help?

Ek sou graag wil weet waarmee, hoe gereeld en waarvan ek moet wegbly!

Indien dit enigsins 'n verskil gaan maak, dit is 'n s-b-s en nie pompaksie of outo nie en dis ongelukkig ook nie 'n purley nie...

Dankie, ek luister graag.

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Tue Apr 02, 2013 4:12 pm
by jamalley
Ek sou wegbly van hom skoonmaak op jou eie familie, maar vir inbrekers gebruik ek self ssg of slugs om hom skoon te maak - ek sal ook graag wil hoor van die moets en monies hieroor

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:28 am
by Eugene
Jamalley, kyk maar hier: http://www.shotgunlife.com/Shotguns/cle ... otgun.html

Of die ouens hier weet nie, of hulle wil ons nie sê nie... ;-)

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:33 am
by jamalley
Thanks baie interresant

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:36 am
by LUAN
Ek wil weet of jy n haelgeweer kan skiet met olie in die loop en of daar enige gevolge is? Hy het mos nie groewe in die loop so dan is daar mos nie druk.

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Wed Apr 03, 2013 11:39 am
by jamalley
Ek sal nie met 5 liter olie in nie - hahaha - maar op die link wat Eugene gegee het, verduidelik hulle mooi

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Fri Apr 05, 2013 10:44 am
by Dries Skiet
Ek het n ou hand gemaakte B25 O/U wat ek geerf het wat redelik waardevol is. Ek gebruik Balistol en niks anders nie, dit werk goed op hout en metaal en dit los nie n neerslag of taai spul agter nie. Gebruik n goeie harde 12boor borsel en skrop die lope binne en dan gebruik ek n absorbeer lappie wat ek by crazy store koop wat ek in 2x4 sny, werk die deur tot die loop tot binnekant van loop weer soos n spiel lyk.

Geweer is in 1979 gebou en het niks anders as Balistol gesien nie.

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Fri Apr 05, 2013 10:58 am
by jamalley
Ek stem saam Dries, Ballsitol werk die beste-

Re: Skoonmaak van haelgeweer en spesifiek die lope!

Posted: Fri Apr 05, 2013 12:15 pm
by Dries Skiet
jamalley wrote:Ek stem saam Dries, Ballsitol werk die beste-
Ek vind op geweere(loop groewe) het jy iets sterker nodig soos Shooters choice of Hoppes, vir buite is Ballistol tops.