Page 1 of 2

"Wheeler retical leveling system"

Posted: Sun Mar 31, 2013 10:02 pm
by PWV
Gebruik iemand hierdie apparaat om hul teleskope te monteer?

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Sun Mar 31, 2013 10:19 pm
by tripodmvr
As ek die opset so kyk is die waterpas op die loop nie nodig nie. Die rus moet net op 'n horisontale oppervlak staan en dit maak dat die geweer dan korrek vasgehou word en so vertkaal as moontlik is. Nou moet die teleskoop net verstel word. Die kort basis op die dop van die teleskoop sorg egter nie vir MOA akkuraatheid nie.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 7:09 am
by PWV
tripodmvr wrote:As ek die opset so kyk is die waterpas op die loop nie nodig nie. Die rus moet net op 'n horisontale oppervlak staan en dit maak dat die geweer dan korrek vasgehou word en so vertkaal as moontlik is. Nou moet die teleskoop net verstel word. Die kort basis op die dop van die teleskoop sorg egter nie vir MOA akkuraatheid nie.
Driepoot
Ek vind so 'n apparaat uiters handig om te verseker jou geweer is ten alle tye waterpas gedurende die operasie. Die ding is egter baie duur (wat logies is indien mens na sy konstruksie kyk), maar ek het self een gemaak wat uitstekend werk.

Hoe kry jy dan MOA akkuraatheid?

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 7:18 am
by Christo
Ek het 2 van die leveltjies gekoop vir minder as R20, hulle is seker nie Wheeler kwaliteit nie maar een op die scope se dail en een op die scopemounts se base werk nogals goed genoeg vir nou. Ek sal net 'n beter kwaliteit en met magneetbasis soek vir later.

http://dl.dropbox.com/u/60613964/line%20level.jpg

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 7:24 am
by NEGE3
Soos ek dit sien as die teleskoop se haarlyne nie waterpas en loodreg met die geweer is nie gaan jy teen dieselfde hoek lings of regs en op en af verstel. Hoe verder die afstand hoe groter die hoek ipv vertikaal loodreg en horisontaal loodreg met die vertikaal. Is ook maar dom met die goed. Groetnis. :-[

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 7:29 am
by PWV
Christo,
ek het ook twee van daardie waterpassies gekoop. Die een het ek op my "Vorster leveling system" vasgesit en die ander een gebruik ek op die teleskoop. Ek kan nie sien hoekom jy se die goedkoop goed is nie akkuraat nie - 'n waterpas is 'n waterpas!

Miskien moet ek my poging bemark???
Vorster kruishaarwaterpas.JPG

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 8:08 am
by LUAN
Kom ons word weer te tegnies. Wie se jou scope se turret doppie is in die eerste plek n horisontale oppervlak?

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 8:23 am
by PWV
.303 wrote:Kom ons word weer te tegnies. Wie se jou scope se turret doppie is in die eerste plek n horisontale oppervlak?
.303, vertel dan hoe kry jy die teleskoop waterpas. Gebruik jy 'n loodlyn? of doen jy dit met 'n "bore sight"? of neem jy jou geweer na 'n geweersmid? In baie gevalle sit jy in die jagveld en moet om een of ander rede jou teleskoop monteer. Hoe doen jy dit dan? Ek leer graag.

Vir my is dit 'n uitdaging om dinge self te doen, "gadgeds" te maak en die lekkerte te smaak as dit werk.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 9:03 am
by LUAN
Nee hel oom dan gaan ek maar huis toe as ek die scope moet monteer in die veld. Met baie oefen op die baan en dinge toets gaan ek met selfvertroue veld toe dat als mooi gaan werk. Ek sal n loodlyn span teen n muur en my geweer oor die sand sakke met n waterpas op die aksie. As hy waterpas is dan lyn en die kruishaar op met die loodlyn. Dan kan jy nog altyd skietbaan toe gaan en op 100m groot teiken opsit met vertikale loodlyn en waterpas op aksie soos voorheen. Skiet na n kol onder op die lyn en stel dan jou scope lekker hoe elevasie en skiet weer. As hy weer op die lyn val is jou kruishaar mos 100% vertikaal en sal jou skote op die mikpunt bly vir langer afstande.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 9:17 am
by tripodmvr
Sonder om baie toetse te doen word sekere dinge aanvaar met die gebruik van die waterpasse asook 'n loodlyn.

Die aksie kan moontlik so monteer wees dat die vertikale as bepaal vanaf die basisse 'n hoek met die vertikale lyn van die kolf maak. As ons aanvaar dat hulle parallel is, dan sou ek sê dat 'n kombinasie van 'n waterpas op die basisse om die geweer reg op te stel, tesame met 'n loodlyn die beste en akkuraatste oplossing gaan wees. Die waterpas word op 'n gemasjineerde vlak geplaas en die loodlyn bied 'n lang verwysinglyn om die kruishare mee te vergelyk. Die verstelknop bo-op die teleskoop is nie noodwendig loodreg op die kruishaar geplaas nie.

Vir gewone jag en skiet tot op 300m dink ek die waterpas metode behoort voldoende te wees - dit is ook maklik om op te stel. Vir vêr skiet sal die kombinasie waterpas - loodlyn die antwoord wees.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 10:03 am
by Christo
3poot, gee bietjie raad. Hoe en waar bepaal ons die vertikale of horisontale lyn van 'n geweer? Daar is gewere met geen "plat" gedeelte op die aksie nie. Trek ek 'n middellyn op die recoilpad van die kolf? Onderkant van die kolf?

Ek het al baie ure hieroor getob.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 10:46 am
by LUAN
En as jy nog meer krities wil wees: gaan jy net aanvaar dat jou aksie mooi loodreg in jou kolf pas? As jy jou waterpas op die kolf monteer kan jy moontlik ook n fout begaan. So die veiligste sal dan wees om op die aksie self te monteer indien daar n plat oppervlak beskikbaar is. So kan jy heeldag jou koppie breek oor al die goed.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 10:47 am
by Chevvy SS
Ek het gevind dat die doppie op die bokant van die teleskoop(2) nie waterpas is as die geweer en kruishaar waterpas is nie.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 11:47 am
by PWV
Chevvy SS wrote:Ek het gevind dat die doppie op die bokant van die teleskoop(2) nie waterpas is as die geweer en kruishaar waterpas is nie.
Chevvy, welkom my maat! Kry vir jou 'n ander waterpas ::) ::)

Grappies op 'n stokkie! Chevvy, wat gebeur as jy die doppie afskroef en hom dan toets? Myne is waterpas. Ek het die kruishaar met 'n skietlood getoets.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 1:04 pm
by LUAN
Het oom die doppie op n waterpas oppervlak gesit voor jy die waterpas bo op hom sit om te kyk of hy wel waterpas is? ;D

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 1:23 pm
by PWV
.303 wrote:Het oom die doppie op n waterpas oppervlak gesit voor jy die waterpas bo op hom sit om te kyk of hy wel waterpas is? ;D
My goeie vriend, .303, ek sal vir jou stap-vir-stap moet verduidelik soos die ou wat die leeuloop verduidelik, maar jy is bietjies te ver van my af vir 'n een-tot-een situasie. ::) ::)

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 2:36 pm
by Foxcreek
Bly om te sien die een ou grootte is weer terug.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 3:43 pm
by LongWolf
Dag se oom PW

hier is my 10 sent idee.

ek werk van die veronderstelling dat die basis van my ringe reg is.
die basis waarop die 2x kaarte met parrallele lyne op is, is op die ringe se basis vas met n magneet.
dit werk goed genoeg vir my huidiglik tot op 500m.
die voordeel vir my is dat ek nie hoef te sukkel om die geweer presies waterpas te kry nie.


http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/753000dd-c231-4ab5-9ec9-7b04b44657c6_zps4eea9528.jpg

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 4:00 pm
by LUAN
Bakgat idee Longwolf mooi man!

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 4:08 pm
by PWV
Dag LongWolf

Jong, my derde breinsel wil nie vandag werk nie. So, ek verstaan nie waarom jy se jou geweer hoef nie presies waterpas te wees nie. My "common sense" se vir my dat alles tog haaks moet wees om seker te wees van 'n akkurate skoot. As dit reg is en jy het nog probleme, gaan soek jy dit elders, bv. by die "jockey", of die ladings of die koeels, ens.
Ek vra maar net!
Groetnis
P.W.V.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 5:13 pm
by LongWolf
Pieter Willem Vorster wrote:Dag LongWolf

Jong, my derde breinsel wil nie vandag werk nie. So, ek verstaan nie waarom jy se jou geweer hoef nie presies waterpas te wees nie. My "common sense" se vir my dat alles tog haaks moet wees om seker te wees van 'n akkurate skoot. As dit reg is en jy het nog probleme, gaan soek jy dit elders, bv. by die "jockey", of die ladings of die koeels, ens.
Ek vra maar net!
Groetnis
P.W.V.

Nee oom PW hierdie is net vir die "scope" se reg vasmaak, omdat die gadget op die basis van die ringe vas is, hoef die wapen nie waterpas te wees nie (soos ek gese het - veronderstel ek dat die wapensmid die basise reg opgesit het).
Vir die skietery, daai is weer heellaas n ander perd wat gesaal en gery moet word.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 5:26 pm
by PWV
Hallo LongWolf

OK, as die basis van die teleskoop met ringe haaks gemonteer is, sal die geweer ook waterpas wees.
Wees maar geduldig met my.

Het jy daardie "gadget" met die parallelle lyne self gemaak? Word hy nou voor (punt naaste aan die kroon van die geweer) die teleskoop geplaas en loer jy dan deur die "scope"?
Jammer vir al die vrae, maar ek stel belang in sulke goeters.

Groetnis.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 6:52 pm
by LongWolf
Oom PW

nee geen probleem nie.

1. self gemaak
2. ek het elke 5mm die lyne getrek met n permanente merker (fyn)(harde karton)
3. ek het toe n u-vorm uitgesny met n matmes(sodat die volgende stap nie skeef uitkom nie)
4. ek het toe n yster staafie parrallel tussen 2x lyne met superglue vasgeplak
5. ek het toe hom net size geknip om tussen die scope en die basis van die ringe deur te gaan
6. ek sit hom op die agterste basis van die ring.
7. dan is dit maar n geval van mik en vasmaak
8. dit is handig om met die gadget te gaan jag net vir "in case of an emergency"
9. wondergom hou hom ook goed genoeg vas op die basis.

ek sal gou nog n foto of 2 neem en dan weer plaas.

en soos ek aanvanklik gese het "dis regtig n 10 sent gadget"

http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130401_185621_zpsb79d548c.jpg
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130401_185700_zpsa069e3de.jpg
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130401_185844_zps94c26f59.jpg
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130401_185856_zps01bdc90c.jpg
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/753000dd-c231-4ab5-9ec9-7b04b44657c6_zps4eea9528.jpg

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 8:01 pm
by PWV
Long Wolf, werklikwaar 'n bruikbare ding. So glo ek is daar baie ander goedjies wat party ouens net vir hulself hou. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.

Groetnis
P.W.V.

Re: "Wheeler retical leveling system"

Posted: Mon Apr 01, 2013 8:17 pm
by tripodmvr
Boer maak 'n plan lyk dit my. Baie eenvoudige en praktiese, sowel as akkurate manier om die teleskoop se vertikale as met die van die loopsenter te laat saamval. Give that man a Bells.