Page 1 of 3
Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 12:14 pm
by BLOK
Hierdie link op ander forym gekry, die manne daar het n kompetiesie oor wie eerste die groot5 kan kry. Fotos van die watergate word elke 30sekondes live opdateer, nogal baie nice.
Blok.
http://www.sanparks.org/webcams/
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 5:16 pm
by Witpietskiet
Dankie Blok, hierdie link help baie vir n man wat by die kantoor sit en so graag in die veld wil wees. Daai webcams gee n man sommer weer nuwe lus vir die dag...........
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 6:22 pm
by BLOK
Nogal opvallend dis nou 18:21 en by satara is dit stik nag donker ma by nossob nog helder daglig.
Blok
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 7:00 pm
by BLOK
Van ses uur tot nou toe kort kort gekyk en heel interresant is die hoeveelheid jakke wat kom drink en gewoonlik twee twee, Witpietskiet as jy in die dag die gate dophou is hulle redelik stil in addo kry jy soms n verdwaalde olifant of kudu maar verder nie veel nie, maar nogsteeds bly dit lekker om so nou en dan te loer.
Blok.
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 7:02 pm
by Francois Marais
Blok
Nu net Buffels gedrink by Satara, waar is die park??
Mooi loop
Francois
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 7:40 pm
by Piet Breedt
Francois Marais wrote:
Blok
Nu net Buffels gedrink by Satara, waar is die park??
Mooi loop
Francois
Francois, Satara is n ruskamp in die Kruger Wildtuin
Re: Live Webcam
Posted: Fri Sep 03, 2010 11:08 pm
by Francois Marais
Piet
Thanks man.
Mooi loop
Francois
Re: Live Webcam
Posted: Sat Sep 04, 2010 10:30 am
by Geno
Hoe lus raak ek nou vir boogkiet....

Dis saterdag en ek sit in die d*%%#@se kantoor

Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 8:46 am
by BLOK
8:44 Rooibokke, Buffels, Vlakvark & Waterbok drink.
Blok
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 9:46 am
by Geno
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:05 am
by BLOK
Sep6 10:05
Olifante en blouwbeeste.
Geno mooi kudus daai.
Blok.
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:06 am
by Geno
Blok,
Kom ons kyk ook of ons die groot 5 kan kry.
Hier is my eerste bydrae.
Groete,
Eugene
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:07 am
by Geno
BLOK wrote:
Sep6 10:05
Olifante en blouwbeeste.
Geno mooi kudus daai.
Blok.
Blok, ja dis twee dik bulle!
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:09 am
by BLOK
Geno.
Daai klink vi my reg, se my net hoe kry jy die fotos so vinnig opgelaai is daar n korter pad as fotoshop.
Blok
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:11 am
by Geno
Ek right click op die foto, se dan "save picture as" en upload hulle op photobucket, en copy en paste die img code hier.
Groete
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:14 am
by BLOK
Ok so jy doen dit ook maar die lang manier, net gedink daar is dalk n vinnige copy paste.
Blok.
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:15 am
by Gerhard
Gaan kliek op die link
http://www.africam.com/wildlife/index.php#
Kliek op Nkhoro pan of Elephant plains.
Dan kry jy live streaming met klank by ook.
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 10:26 am
by BLOK
Gerhard
Hulle is altwee baie goed my rekenaar hier by die werk is net te stadig en het ook nie klank nie, maar ek kyk hulle somtyd by die huis op my ander rekenaar.
Blok.
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 11:11 am
by Geno
Mooi varkie by Orpen

Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 12:38 pm
by BLOK
Wonder of sal karoo jak en springbok so saamdrink?
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 12:45 pm
by Freek
Blok, wat s? hulle van honger en dors? As ek so na die foto kyk, dan lyk dit of dit hier die geval kan wees dat die springbokke so dors raak dat hulle nie meer om gee wat in hul pad staan om by die water te kom nie...
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 12:58 pm
by BLOK
Freek kan wees, as ek nou so na die foto kyk dan weet ek nie of dai n klein kalahari springbok of n M@&rse groot jakkals is nie.
Blok
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 1:00 pm
by tafjak
Al wat ek op hierdie "cam" van die Krugerpark wys word is: Hulle boer bietjie agteruit daar. As veeboer se veld so lyk, soek hy ander werk.
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 1:20 pm
by Raven
HAHA Taffie, ek stem!!!
Raves
Re: Live Webcam
Posted: Mon Sep 06, 2010 1:31 pm
by BLOK
Stem saam daai veld lyk ma nie goed nie, parkeraad bestuur die dinge nie so lekka nie, en kyk die kalahari springbokke eet nou al klippe in die rivier.