Ladings vir 'n 6.5 x 54MS en 'n 300H&H
Posted: Mon Mar 25, 2013 9:34 pm
Naand Manne,
Ek herlaai reeds lank vir verskeie wapens (223 Rem, 30-06, 375H&H, 38 Spl, 40 S&W) en het baie onlangs die trotse eienaar geword van twee pragtige klassieke kalibers, albei oorspronklike ou gewere in puik toestand! Dis 'n lewens ideaal wat bewaardheid is vir my.
Ek sou graag wou hoor of daar iemand is wat tans vir hierdie twee kalibers herlaai en asb inligting met my wil deel?
6.5 x 54 MANNICHER SCHOENAUER MODEL 1903
Die geweer het 'n 21 duim loop en ek beoog om die volgende te laai:
140 Grein Nosler Partition voor 41 grein S365 vir 'n trompsnelheid van ± 2622 vt/sek in nuwe Norma doppe met CCI large rifle slagdoppies. Norma doppe is reeds gevuurvorm in die geweer se kamer.
300 HOLLAND & HOLLAND MAGNUM WINCHESTER MODEL 70 PRE '64
Die geweer het 'n 26 duimloop met 'n groefdraai van 1:10 duim en ek beoog om die volgende te laai;
200 Grein Barnes TSX voor 57 grein S365 vir 'n trompsnelheid van ± 2574 vt/sek in nuwe Norma doppe met CCI large rifle magnum slagdoppies. Norma doppe is reeds gevuurvorm in die geweer se kamer.
Enige inligting sal baie welkom wees.
Groetnis,
Koenie