Page 1 of 1

help asb 243

Posted: Sun Mar 24, 2013 4:54 pm
by stephensonsknives
243 lyk my kan n man se baas word ,so hulp met QL sal waardeer word

1.243 win vrystaat model musgrave
kal; 243 win
looplengte;26 duim
pmp dop met 53,1 grein of 3,43 gram watervolume
twist 1-10 [1-260mm]

2. 243 win truvello loop rsa aksie
kal ;243 win
looplengte 24 duim
norma dop met 56,8 grein of 3,64 gram watervolume
twist 1-10,5

hulp asb met beide nodes, asook korrekte grein koeels mesgroete

Re: help asb 243

Posted: Sun Mar 24, 2013 6:13 pm
by BRNO (Pierre)
Ek is meer as bereid om te help, en die .243 uitdaging aan te vat, maar jy sal moet se wat jy met die gewere gaan doen. Die 243 kan koeels skiet met n gewig vanaf 75gr tot en met 100gr, dalk self bietjie ligter. Eers as ons vas gestel het watse koeels gebruik gaan word, en dit sluit maak en gewig in, dan kan ons begin by node spoed ens.

Re: help asb 243

Posted: Sun Mar 24, 2013 6:32 pm
by tripodmvr
Ek skiet 55gr Noslers in my 243 en hulle het 'n bobbejaan soos 'n sak mis laat val.

Re: help asb 243

Posted: Sun Mar 24, 2013 7:22 pm
by stephensonsknives
pierre en driepoot

dis net hier waar probleme begin ,want ek het nou 100gr sierra gamekings,100gr pmp,100gr ???,85 gr sierra game king,85 gr hornady vmax,70 vmax

ek wil die gewere aanwend vir jag asook baanskiet tot 500meter [1-10,5 twist] en jag tot op 300 [1-10 twist] meter

wat ek nie nou verstaan nie is dat ek geglo het dat kal en barreltwist geyk is aan n spesifieke grein koeel

dankie vir jul hulp en ek hoop die info kan help ,as ek reg onthou het ek 100gr bergers met my vrou se 243 [1-10,5twist] tot op 400 m baie akkuraat geskiet in die begin, maar ek sukkel om bergers te kry

ek het nogals die geweer vir my vrou gebou , so ek sal hom graag wil verbeter

mesgroet

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 3:05 pm
by Schalk.vdB
Manne

Ek het die raad gevolg op die forum en myne maklik uitgesort gekry.
Die kruit bepaal die spoed en die "jump" die akkuraatheid.
Ek laai 3 van elke lading en daar waar die spoed die naaste aanmekaar is, gebruik ek daai lading.
Dan begin ek so 0.5 tot 0.7 van die "lands" af en werk met 0.25 mm terug tot so 3 tot 4 mm van die "lands" af.
Dan skiet ek die wat die verste weg is eerste en as die groep toemaak druk ek net die langer punte dieper in die doppe in tot die lengte wat werk en bevestig met hulle op langer distansies dat die groep nie 'n gelukkie was nie.
Hy maak ewe skielik die groep toe en dan kan jy fyner verstel aan die lengte.
Ek het van Bergers 88 gr na Hornady 87 gr V-Max toe gegaan omdat die Bergers altyd verwag word.

Hoop dit help.
Schalk

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 3:42 pm
by stephensonsknives
rsa dankie vir anwoord

kalibers word met spesifieke twist vervaardig vir n spesifieke koeel , die inligting is beangrik vir my voor ek begin herlaai

ek het vandag n pamflet van berger gekry met al die rifle twists per kaliber . die 1-10 twist vir n 243 win word aangegee as n 90 gr koeel ,maar soos jul se daar is nie beskikbaar nie en ek het toenosler gekoop

nou het ons die korrekte koeel

90 gr nosler ballistic tip
norma dop

h2o - 56,8grein/3,64gram
cci 250 /cci 200?
s365 kruit gebruik

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 4:42 pm
by BRNO (Pierre)
Stephenson, ek skiet 90gr Nosler BT Hunting uit my geweer, met 40.2gr S365 teen 3114ft/s. Hierdie gaan my jag patroon wees, en dan 80gr Nosler BT Varmit, met 42.9gr S365 teen 3288ft/s. Beide die ladings werk vreeslik mooi in my geweer. Ek het persoonlik ook baie vertroue in die Noslers in jag koeels, en sal nie sommer die resep verander nie. Ek reken jy sal ook baie tevrede wees daarmee.

Ek gebruik PMP primers, wat blykbaar gelykstaande aan magnum primers is, maar ek reken CCI200/250 sal goed werk.

Stuur my net jou maks TPL met die spesifieke koeel, dan kan ek vir jou n resep uitwerk.

Hier is n foto van drie skote wat ek Saterdag op 100m met die 90gr Nosler geskiet het. Ek reken hy is nou reg vir n bokkie. Die onderste groepie naby die kol is die .243. Die boonste groep is die .30-06 in 165gr Nosler BT Hunting teen 2843ft/s

Verskoon asb die gedraaide foto. Ek het probeer om dit reg te maak.

http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/243groepie.jpg

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 5:41 pm
by stephensonsknives
nuwe inligting pierre

1.243 win vrystaat model musgrave
looplengte;26 duim
pmp dop met 53,1 grein of 3,43 gram watervolume
twist 1-10 [1-260mm]
tpl 69,5 mm met 90 gr nosler ballistic tips met s365

2. 243 win truvello loop rsa aksie
looplengte 24 duim
norma dop met 56,8 grein of 3,64 gram watervolume
twist 1-10,5
tpl 70,23 mm met 90 gr nosler ballistic tips met s365
moet ek [ large] cc1200 of [magnum] cci250 gebruik en die aanbevele bullet jump groete

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 5:50 pm
by stephensonsknives
kan ek sommer my 308 se inligting ook deurgee

30 duim ferlach stainless loop
155 gr pmp/nosler hpbt
twist 1-12,7
tpl -73 mm
42 gr s335
h20 dop volume 55,8 grein of 3,575 gram
gebruik tans 1mm jump ,het die jump na ,5 mmgeneem maar die primers het almal uitgeblaas met gerekte flash holes

mesgroete

Re: help asb 243

Posted: Mon Mar 25, 2013 9:36 pm
by Schalk.vdB
Stephenson
Jy's doodreg die twist is baie belangrik. Ek het ook 'n 1-10 twist en het in Brian Litz wat die "Chief Ballistician" van Berger se boek "Applied ballistics for Long-range shooting" gaan kyk.
Hy het 'n faktor wat die ballistiese koeffisent en die stabiliteit van die punt uitwerk.
Bo 1.4 is goed en hy sê Bergers tot 90 gr sal werk in 1-10 twist lope.
Maar dat die Nosler partition 95 grein nog steeds sal werk dit is net sy BC wat bietjie teen hom tel.

Dit is hoekom ek onder 90 gr skiet met my geweer.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 6:47 am
by tripodmvr
Manne,
Het deur my data vir my 243 RSA gaan kyk. Ek het wel 100gr Hornady herlaai en PMP Pro-Amm fabriek deur my geweer geskiet. Die Hornadys het nie te sleg gevaar nie en sou vir algemene jag kon deug. Die Pro-Amm's daarenteen wou nie lekker groepeer nie.

Omdat dit lekker is om te skiet het ek 'n groot verskeidenheid koeëls deur die jare versamel. Ek skiet vanaf 55 tot 90gr en hulle werk mooi. Speer en Sako 90 greiners het nog altyd baie mooi gedoen.

Het begin met Magnum primers en toe later oorgeslaan na CCI200. Het nou weer CCI250 (Magnum) saam met die 55 Noslers gebruik en baie klein groep geskiet - ek sal dit aanbeveel.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 7:26 am
by BRNO (Pierre)
tripodmvr wrote: Het begin met Magnum primers en toe later oorgeslaan na CCI200. Het nou weer CCI250 (Magnum) saam met die 55 Noslers gebruik en baie klein groep geskiet - ek sal dit aanbeveel.
Oom Driepoot, hoekom reken oom in die .243 se geval werk dit net beter om magnum primer te gebruik, instede van standaard? Dit is so met my geweer ook. Die patroon het tog nie n groot lot kruit wat ontsteek moet word nie?

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 7:48 am
by tripodmvr
BRNO .06 (Pierre) wrote:

Die dinamika binne 'n patroondop is nog grootliks 'n raaisel. Kan jou dit nie 100% antwoord nie. Dink dit het te doen met die vinniger versnelling van die koeël wat 'n optimum balans verseker. Het met Barnes X (die ou koeël) vanaf 35 tot 39 gr, met 1gr inkremente) geskiet en aanvaarbare 1 MOA met al die ladings gekry. Dit werk net!!!!

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 7:51 am
by BRNO (Pierre)
tripodmvr wrote:

Dit is seker hoekom die beoefening van ons sport vir altyd sal lekker wees!

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:04 am
by tripodmvr
Einste!!!

Julle moet nie so sit en twyfel oor watter koeëls om te laai nie. Kyk of jy 'n paar kan bekom en skiet hulle - dit bly lekker. Miskien verbaas die akkuraatheid jou.

Die 55gr Noslers was so een. Teen 3475vps doen hulle baie goed op die teiken en jy kan selfs vir die bobbie vra wat my seun op 190m uit die staanposisie oor 'n driepoot skietstok geklits het - nekskoot en man down.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:10 am
by BRNO (Pierre)
Ons moet seker terugkom by die vraag op die tafel. Oom Driepoot, kyk saam asb:

1. Mik hier vir n spoed van 3221ft/s. Jou TPL het ek berekin op 69mm. Jy kan begin oplaai in inkremente van 0.5gr vanaf 43gr S365. Onthou, die spoed is die balangrike mik punt.

2. Mik hier vir n spoed van 3060ft/s. Jou TPL het ek berekin op 69.7mm. Jy kan begin laai in inkremente van 0.5gr vanaf 43gr S365. Onthou, die spoed is die belangrike mikpunt. Soos hierbo bespreek, lyk dit asof die magnum primers neter in die .243 doen.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:11 am
by BRNO (Pierre)
stephensonsknives wrote:kan ek sommer my 308 se inligting ook deurgee

30 duim ferlach stainless loop
155 gr pmp/nosler hpbt
twist 1-12,7
tpl -73 mm
42 gr s335
h20 dop volume 55,8 grein of 3,575 gram
gebruik tans 1mm jump ,het die jump na ,5 mmgeneem maar die primers het almal uitgeblaas met gerekte flash holes

mesgroete
Het jy reeds spoedlesings vir die ladings?

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:11 am
by BRNO (Pierre)
tripodmvr wrote:Einste!!!

Julle moet nie so sit en twyfel oor watter koeëls om te laai nie. Kyk of jy 'n paar kan bekom en skiet hulle - dit bly lekker. Miskien verbaas die akkuraatheid jou.

Die 55gr Noslers was so een. Teen 3475vps doen hulle baie goed op die teiken en jy kan selfs vir die bobbie vra wat my seun op 190m uit die staanposisie oor 'n driepoot skietstok geklits het - nekskoot en man down.
Ek wil ook nog so ou ligte koeeltjie aanskaf, en bietjie speel en kyk wat maak hy. ;)

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:42 am
by tripodmvr
Die 80gr PMP maak ook mooi in my geweer. Sal die 75gr VMax weer met die Magnum primers probeer en kyk of hulle dan beter groepeer.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 8:56 am
by Schalk.vdB
Die Fed 215 Magnum Primêrs maak mooi op die 243 met S365.
Dit lyk of hy bietjie vuur maak onder die kruit en alles verbrand, want die dop maak maklik skoon en brand net bietjie by die nek.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 9:43 am
by BRNO (Pierre)
Ek skiet ook 80gr Nosler BT Varmint teen 3250fts met myne. Ook n baie lekker koeeltjie. In my geweer het hy egter nog nie bloed getrek nie.

Re: help asb 243

Posted: Tue Mar 26, 2013 3:14 pm
by stephensonsknives
pierre ,driepoot en rsa en forum thanks vr die inligting

ek gaan vannaand die herlaaiwerk doen en dan terugvoering gee

wens ons kon die land se probleme so vinnig uitsorteer

mesgroete