Page 1 of 1

Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 1:44 pm
by Ockert1992
Middag manne,

Naweek is in sig.

Ek sit met 'n tammeletjie! Ek het aan die begin van die jaar my eerste geweer(Howa .270) gekoop en is nou aan die uitkyk vir 'n teleskoop. Maar daar is so baie opsies. My budget is redelik beperk(R 3000 maks). Hier is die wat my oog gevang het:

Nikon Fieldmaster 4.5-14x40
Nikon Fieldmaster 3-9x40
Nikon Fielmaster 3-9x50
Leupold VX1 3-9x40
Rudolph H1 3-9x40

Ek gaan die geweer hoofsaaklik gebruik vir jag en dan so nou en dan bietjie speel op die skietbaan.

Is daar enige ander teleskope wat julle sal voorstel? Wat is julle opinie oor die bo staandes?

Ek hoor graag van julle.

Groete
Ockert

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 2:02 pm
by Dries Skiet
Dag Ockert

Jou budget is bietjie taai, 270 het lang bene so 200m plus is sy kos. Praat met Hennie by S&O Pta, hy het baie kennis ivm die Rudolph scopes. Ek sal se kyk vir iets met n 4-16X50 vergrooting.

My paar sente.

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 2:57 pm
by BRNO (Pierre)
Ek reken as jy die scope nie vir nagjag gaan gebruik nie, sal n *40 lens opening aan die voorkant meer as voldoende wees. Ek skiet gemaklik met my Burris 3-9*40 op 200m, maar sal daarvan hou as hy so effe groter vergroting gehad het. My vrou se geweer het so Nikon Fieldmaster 4.5-14*40 op, en ek reken mens kry baie waarde vir die geld wat hy kos.

Kontak ook vir SJ hier op die forum. Hy is n Burris smous. Dalk is daar iets in jou begroting wat mooi in pas.

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 3:53 pm
by Reggie Gerber
Jy gaan moeilik n Burris klop met jou begroting

Praat met SJ

Reggie

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 5:16 pm
by Jamma
Ek moet se die burris FFll 4.5x14-42 Ballistic plek werk soos n bom.
Ek het een gekoop vir my 270 wat ek hopelik volgende week kan gan optel en ek het
Al n paar keer met een geskiet en dis n vrek lekker scope. As hy nie probleme gee nie
Dan koop ek weer presies dieselfde vir my volgende geweer!

Groete
Jamma

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 5:23 pm
by Fanta300
Wat prys hy Jamma. Soek ook iets met daai specs

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 5:45 pm
by Ockert1992
Dankie julle!

Waar kan ek vir SJ in die hande kry? Ek sien nie sy naam ons die members nie.

Ockert

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 5:51 pm
by douw
sy naam op die forum is Monrique (sj)

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 5:52 pm
by spekieries
Ockert

Ek het laasjaar by die Aim show 'n Nikon Monarch 4 tot 16 gekoop vir R3300 . Byt bietjie vas en gaan kyk of daar weer sulke "specials" gaan wees. Sorg net dat jy die eerste dag vroeg daar is anders is alles reeds uit verkoop. Hierdie winskopie was by Safari & Outdoor gewees.

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 6:17 pm
by Jamma
Ek dink ek het onder die 4000 betaal by optics international. Daai tyd het ek nie van SJ geweet nie so ek is seker hy sal vir jou m goeie deal kan gee.

Jamma

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 7:40 pm
by BRNO (Pierre)
spekieries wrote:Ockert

Ek het laasjaar by die Aim show 'n Nikon Monarch 4 tot 16 gekoop vir R3300 . Byt bietjie vas en gaan kyk of daar weer sulke "specials" gaan wees. Sorg net dat jy die eerste dag vroeg daar is anders is alles reeds uit verkoop. Hierdie winskopie was by Safari & Outdoor gewees.
Ek het ook daai prys vir myne betaal wat diens doen op my .243. Vrek goeie bargain gewees!

Ockert is reg. Byt dalk bietjie vas tot Huntex, maar wees Vrydag eerste ding daar.

Re: Teleskoop keuse

Posted: Fri Mar 22, 2013 11:56 pm
by mariusr
Ja ek sien al klaar specials adverteer enige leupold teleskoop kry jy jagmes (baie mooi) keps ,lenspen ens verniet by!!

Re: Teleskoop keuse

Posted: Sat Mar 23, 2013 1:39 am
by Pappabeer
In daai prysklas moenie leupold gaan nie. Die nikon, burris, rudolph, etc etc kom sover my kennis strek almal uit die selfde fabriek uit. Een 12 jarige Filipynse dogtertjie trek n lever wat n scope uitskop en n ander eentrek n lever wat name op plak. As jy na al daai scopes se reeksnommers en gegewe detail op die onderkant kyk is dit duidelik...

Ek het n fieldmaster 4,5-14 vervang vir n monarch 4-16 op my .222 en die verskil is groot. Ek dink dis baie goeie advies wat die ouens gee om te wag vir Huntex.

Onthou net dat meestal bo 3-9 daar parraleks verstelling by is. Party vind dit lastig en ander sweer daarby

Re: Teleskoop keuse

Posted: Sat Mar 23, 2013 7:06 am
by Ockert1992
Ek dink ook ek gaan maar nog so bietjie rond kyk en wag dalk dop daar iewers 'n gelukkie uit. Net jammer Huntex in die kaap is eers Septmber, die ander een is bietjie wyd van my af. Maar dankie vir julle raad. Dalk spaar ek maar nog so bietjie en kyk na daai Nikon Monarch 4-16x40.

Want ek wil vir eers klaar koop, ek wil nie more weer een moet koop nie.

Ockert