Page 1 of 1
WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Wed Mar 20, 2013 10:30 pm
by Danie Lombard .243
Ken een van julle die Weichai diesel kragopwekers, oop tiepe? Die generators word vir aansienlik goedkoper geadverteer as die meer bekende name. Ek het op die net rond gesnuffel en het gelees dat die Weichai fabriek 2000 gen sets per maand bou en verkoop. Hulle bou ook lorrie engines, marine engines asook marine gen sets. Ek sal dit waardeer sa iemand die masjiene ken en my kan advies gee oor die Weichai masjiene.
Dankie
Danie
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 9:58 am
by afriventure
Danie
"n naam se nie meer veel in vandag se dae nie, baie ander gen sets word ingevoer van dieselfde fabriek met "n ander naam op, jy kan self jou eie naam laat opsit as jy 'n paar bestel.
Sover ek weet maak die weichai fabriek goeie masjiene, die quali prods Laaigrawe ( daai buffel, renoster en olifant) modelle gebruik al jare die enjins en ek ken manne wat hulle al jare gebruik.
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 10:22 am
by cassie_calvinia
ons enjin werk ok, maar die generotor het gebreek, en niemand kan hom regmaak nie. hy was al in paar plekke in die kaap.
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 11:56 am
by Danie Lombard .243
gids Cassie, verstaan ek reg dat julle een van die Weichai gen sets het waarvan die alt gebreek het?
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 1:57 pm
by cassie_calvinia
ja
maar nie die grotes nie.
is maar 'n kleintjie wat ons het.(gehad het).
die enjinjie loop mooi. maar gee niks krag deur nie.
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 3:28 pm
by Christo
cassie_calvinia wrote:ja
maar nie die grotes nie.
is maar 'n kleintjie wat ons het.(gehad het).
die enjinjie loop mooi. maar gee niks krag deur nie.
Witsenberg elektries in Wolseley, hulle herbedraad en al daai dinge. As hulle nie kan kan min ander

Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 4:18 pm
by Danie Lombard .243
Dankie vir die terugvoer Cassie. Interesant wat jy noem, ek is bly dat jy dit noem.
Die alternators wat Weichai gebruik is 'n copy van die betroubare STAMFORD alt. en 'n groot plus punt is dat dit borsel loos werk, induksie tiepe. Kan dit wees dat julle (Cassie) dalk te veel amps per fase getrek het en toe die alt gebrand het? Dit is juis die rede hoekom ek besluit het om die groter masjien te kry, die 16kva 15 kw 26amp per fase as 'n bystand gen set. Nie vreeslik groot nie maar mans genoeg vir bystand om water te pomp ens.
Re: WEICHAI 3 vase 380 volt 12 kva diesel kragopweker
Posted: Thu Mar 21, 2013 4:57 pm
by cassie_calvinia
my pa het hom inhuis gebruik.
dink dis 6kva.
vrieskaste ens. niks sterk nie.