Page 1 of 1
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Mar 20, 2013 1:51 pm
by Witpietskiet
Daai geel roer hier half in die middel, is (was) dit nie Jannie Els (Protea skut) se F-klas ope geweer nie?
Het hy die Rudolph getoets vir die lang afstande, as dit so is hoe lyk die resultate?
Groetnis
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:39 pm
by BRNO (Pierre)
Dit lyk bakgat. mens voel amper asof ons forum manne saam met jou die pad gestap het tot hier. Hoop die toekoms hou baie meer rose as dorings in!
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Mar 20, 2013 8:13 pm
by JTM
Wat is die verskil tussen die 6-24x50 Varmint en Competition as ek mag vra?
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Mar 20, 2013 8:44 pm
by wlm
Dolf
Geluk,jy kan trots wees op jou produk.
Reeds 2 in my familie.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Mar 20, 2013 8:58 pm
by JTM
Dankie. Ek het die naweek na die Rangefinder ook gekyk en dit lyk na goeie waarde vir geld.
My vriend het die Varmint 6-24 en die optics lyk goed. Definitief 'n produk om te oorweeg.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Thu Mar 21, 2013 7:05 am
by Trevor
Rudolph, ek wag nog dat jy terug kom na my toe!
Groete Trevor
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Thu May 09, 2013 3:30 pm
by Jacques Kotze
Ja ek onthou nog toe die manne vir Dolph aangevat het... jisiie ek het gedog die man sal nooit weer op die forum kom nie, maar met 'n produk soos seine en die manier hoe hy met sy kliënte werk - trots Suid-Afrikaans! Hopelik binnekort het ek ook 'n V1 op my nuwe 243.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Sun Aug 04, 2013 6:21 pm
by vwjohann
Hi daar Dolf en Pieter'
Die seisoen is al amper om en my biltongbok loop steeds erens rond. Daar het ook nie veel van al die mooi beloftes gekom nie. Ek lees op die forum net van die goeie diens maar self ondervind ek nie veel nie. Hou jul produk se naam hoog en stel my ook tevrede man.
vanuit Windhoek
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Sun Aug 04, 2013 6:29 pm
by BRNO (Pierre)
vwjohann wrote:Hi daar Dolf en Pieter'
Die seisoen is al amper om en my biltongbok loop steeds erens rond. Daar het ook nie veel van al die mooi beloftes gekom nie. Ek lees op die forum net van die goeie diens maar self ondervind ek nie veel nie. Hou jul produk se naam hoog en stel my ook tevrede man.
vanuit Windhoek
Waarvan praat jy? Help mos nie jy hooi sulke effe aantuigings hier in die lug rond nie.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Sun Aug 04, 2013 6:33 pm
by Armand Steenkamp
Vistaan ook nie???
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Mon Aug 05, 2013 7:14 am
by BRNO (Pierre)
Rudolph Optics wrote:Ek neem aan dit is Johan Louw...
Jou nuwe scope is oppad....soek net 'n geleentheid vir hom!
Groete
Rudolph
Rudolph Optics wrote:Johan,
Ek sal sorg dat Pieter die scope Maandag vir jou kourier en die geleentheid/"lift" soekery los....net nou vat dit te lank!
Jammer vir die wag!
Groete
Dolph
Maak nie regtig saak of hy Johan van die POUS is nie, sy eerste inskrywing lees "ek soek, ek soek", en nou die een. Dit is verseker nie in die gees van Jaracal nie.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Mon Aug 05, 2013 7:37 am
by Johan Nel
BRNO .06 (Pierre) wrote:Rudolph Optics wrote:Ek neem aan dit is Johan Louw...
Jou nuwe scope is oppad....soek net 'n geleentheid vir hom!
Groete
Rudolph
Rudolph Optics wrote:Johan,
Ek sal sorg dat Pieter die scope Maandag vir jou kourier en die geleentheid/"lift" soekery los....net nou vat dit te lank!
Jammer vir die wag!
Groete
Dolph
Maak nie regtig saak of hy Johan van die POUS is nie, sy eerste inskrywing lees "ek soek, ek soek", en nou die een. Dit is verseker nie in die gees van Jaracal nie.
Stem saam met jou Pierre.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Mon Aug 05, 2013 8:51 am
by molopohunter
Dagse Rudoph,
Dink jy julle sal vorentoe die groot kaliber manne met gevaarlike wild tipe scopes ook oorweeg.
BV 1-4x tipe, red dot, heavy recoil ens?
Hoor goeie goed van die produk.
Groete,
Peet
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Mon Aug 05, 2013 9:14 am
by stan man
ag ek wens maar net ek kan die horing skat kompetisie wen . dan kan ek ook een besit.

hier by ons in die sentraal vrystaat sien ek nog nie julle scopes nie.dit sal egter bitter lekker wees om te sien wat hulle maak op my 7mm rem mag.
en ja dit is lekker om te sien n suid afrikaanse produk presteer. netnou sit ons weer met dieselfde moeilikheid as in die ou dae en word ons geboikot,dan kan ons as jagters darem nogsteeds die produk uit eie geledere bekom.
ek persoonlik dink ons moet ''ons eie'' meer ondersteun dan gaan ons net kan groei van sterk na sterker.
maar genoeg gese. sterkte met die voorraad,daar sal maar altyd n groeipyn of twee wees.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Mon Aug 05, 2013 10:53 am
by Petrie303
Rudolph Optics wrote:JTM,
Die competition reeks is 'n hoër kwalitiet produk en al die nuwe modelle se T3 kruishaar word ge-illumineer.....die competition reeks kos ook heelwat duurder as die varmint reeks!
Die Varmint reeks is egter ongelooflik gewild en baie goeie waarde vir geld.
Groete
Rudolph
Hi,
Hoeveel interne vertellings het die C1 6-24x50? Dei T3 kruishaar sal dan seker lekker werk vir die F-klass skiet?
Groete,
Petrie
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Aug 07, 2013 8:40 pm
by douw
Rudolph Optics wrote:Johan,
Jou scope is oppad.....het dit gestuur mat NAMCON LOGISTICS.....R513 later!!
Hoop jy sal binnekort jou biltongbok wat nog rondloop kan plattrek!
Jammer weereens vir die wag!
Groete
Rudolph
Weet nie wat fout gegaan het nie, maar welgedaan Rudolph. Ek dink jy het die situasie en manier van "post" baie goed hanteer!!
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Aug 07, 2013 8:54 pm
by JPS
Dolph,
Ek hou myself nou al 'n jaar in om nie hier te skryf nie aangesien soos die manne hierbo noem dit nie in die gees van Jaracal is nie. Maar dit lyktog of daar slegshier gereageer word. Ek self wag nou al vir oor 'n jaar vir die omruiling wat aan my aangebied is deur jouself omrede die teleskoop wat ek gekoop het nie met die skroefraad gekom het soos jyself gedink het nie.
So al wat ek vra is, lees asb. My eposse en kom terug na my toe per epos.
Groete
Jan Swanepoel
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Aug 07, 2013 9:03 pm
by Piet Breedt
Ek skiet nogsteeds met my 6 - 24 x 50 op my .260 Rem, en is baie gelukkig met hom. Hy kom die ver gonge by 850m baie maklik by met nog baie clicks oor op n 20MOA Piccatini rail. Ek draai hom 97 clicks op van 100m zero om die gonge op 850m by te kom, en as ek hom weer afdraai, skiet hy binne in die plakker in op 100m. Impressive vir n scope van sy prys.
Sterkte Dolph, met jou commitment en diens gaan jou brand nog ver kom.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Aug 07, 2013 9:42 pm
by BRNO (Pierre)
JPS wrote:Dolph,
Ek hou myself nou al 'n jaar in om nie hier te skryf nie aangesien soos die manne hierbo noem dit nie in die gees van Jaracal is nie. Maar dit lyktog of daar slegshier gereageer word. Ek self wag nou al vir oor 'n jaar vir die omruiling wat aan my aangebied is deur jouself omrede die teleskoop wat ek gekoop het nie met die skroefraad gekom het soos jyself gedink het nie.
So al wat ek vra is, lees asb. My eposse en kom terug na my toe per epos.
Groete
Jan Swanepoel
Jan, hier mag natuurlik gekla word ook, dit is wat Dolph se produk so suksesvol maak. Hy maak homself oop vir kritiek en voorstelle. Die rede hoekom ek dink die man nie in Jaracal se gees opgetree het nie, is dat hy homself in die eerste plek nie eers voorgestel het nie, n "gesoek" post begin het waarop hy nie asb of dankie se nie, en dan so ou slingse jakkals aanmerking hier kom gooi.
Ek onthou jy was opgewonde oor die scope wat omgeruil sou word, dus hoop ek dit sal binne kort gebeur.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Wed Aug 07, 2013 10:00 pm
by JPS
Pierre,
Ek verstaan jou ook so. Soos genoem ek dink in alle geval nie dis in die gees van
Jaracal nie dis juis hoekom ek nog nooit enigiets slegs genoem het oor Rudolph se produk nie in teendeel ek was baie in my skik met die scope(glo ek het die eerste 25mm buis scope gekoop).
Ek raak net nou bietjie die joos in oor ek al vele mails gestuur het vir langer as 'n jaar nou en oproepe en paar keer beloftes gemaak is en nog steeds kom niks daarvan nie en dan kom ander man en moan hier en woeps waps is dit uitgesorteer.
Ok, dit was nou my vloermo@r vir die aand.
mooiloop
JP
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Thu Aug 08, 2013 7:14 am
by BRNO (Pierre)
Ek hoor jou JP, en reken jy het die volste reg om gal te braak. Hoop dit word vinnig uitgesorteer.
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Thu Aug 08, 2013 8:52 pm
by JPS
Dolph
Ek stuur hom vir jou terug. Die scope was gemount gewees op my 25-06, soos jy wel weet, ek het ' n toets verslag ook gedoen oor die scope. Sal ek vir jou die emails hier plaas waar jy nog nog steeds voorgeneem het dat jy sal die scope replace aangesien jy ook onder die indruk was dat die scope wel skroefdraad in het?
Ek het gevra dat jy my terug antwoord op die epos die wat ek vir jou aangestuur het. Ek wil nie vir jou of jou produk in 'n swak lig stel nie.
Ek stuur vir jou die scope terug. Kyk na hom en dan maak jy 'n besluit of jy hom omruil of nie indien jy reken jy kan nie (nadat jy na ons korespondensie gekyk hetop epos wat ek virjou aangeheg het op die laaste eposse so paar maande terug van ons gesprek meer as jaar terug) dan is dit geen probleem nie. Skenk dan die een wat ek vir jou terug gestuur het aan iemand wat nut het vir die scope dan hoef jy nie weer onkoste aan te gaan om hom terug te stuur nie....
Mooiloop
JP
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Sat Sep 07, 2013 7:56 am
by JPS
Ek wil net hier terugvoer plaas, siende dat daar hier gekla is.
ek het die scope terug gestuur na Dolph toe. Pieter het my geskakel en laat weet hulle hetongelukkig nie dieselfde skope in een wat 'n sunshade kan neem nie. hier dag ek toe nou toe dis nou maar so, nog 'n scope wat nuteloos is. TOE NIE.
Pieter reel dat ek die scope kan opgradeer na die Varmint reeks scope toe in 6-24 teen 'n baie baie goeie prys verskil.
Rudolph, dit was regtig baie aangenaam en goeie ervaring om met Pieter te deel. Dra as. my dank aan hom oor.
Dan aan jou ook, Baie dankie dat jy jou woord gestand gedoen het. Ek het groot waardering hiervoor. Soos reeds deur baie mense genoem dit is 'n riem onder die hart as mense soos jy by hulle produk staan en bereid is om mens tegemoet te kom.
Baie Dankie!
Mooiloop
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Sat Sep 07, 2013 11:57 am
by MJK
Thanks Pieter en Dolf vir die vinnige omruil van scope, en dit met die nuwe weergawe!
Re: This is my RUDOLPH.....
Posted: Tue Nov 05, 2013 8:28 am
by 2vierniks
Lyk my hier kom 'n produk wat gaan bly! Dit wat ek ervaar van die scopes is baie goed!