Page 1 of 1
Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:06 am
by marno
Nou ja soos van julle weet het ek onlangs begin met die storie. Mense maar dis lekker. Die gras karpe word mooi geklop. Ek het ook vir my nog 'n boog gekry wat kan af stel na 45lb.
Hier is so paar foto's. Die karp liefhebbers moet maar eerder nie hier kyk nie.. LOL
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:07 am
by marno
Hier is nog so paar..
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:15 am
by TOKELOS
Net n ou vragie. SOOS MET ENIGE JAG, uitgesluit ongedierte jag, eet jy wat jy skiet of skiet jy net om dood te maak?
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:18 am
by Lourens Potgieter
Ek is bly daai vraag kom van 'n jagter af en nie 'n hengelaar soos ek nie.....
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:22 am
by henried
TOKELOS wrote:Net n ou vragie. SOOS MET ENIGE JAG, uitgesluit ongedierte jag, eet jy wat jy skiet of skiet jy net om dood te maak?
Graskarp is 'n ongedierte...
Die manne wat ek ken wat hulle hier in die Vaal skiet, deel dit uit aan die volk.
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:32 am
by marno
Dis hy, gaan direk aan die plaas werkers. Hulle geniet die gras karpe baie. Hulle verkies die gras karpe bo enige vis. Nou die dag gesien hulle nooi sommer van die bure se werkers ook dan hou hulle sommer groot graskarp ete.
Die goed is absoluut vervuil. Sommer nou die dag 'n skool van 40+ gesien swem en seker net so 5 gewone karpe. Ek hoor nou die ouens in die Vaaldam begin kla. Klink my daar begin dit net so vervuil raak van die goed.
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:43 am
by Lourens Potgieter
Dan het ek nie pyne nie...solank die vis net nie weggegooi word soos meeste booghengelaars maak nie....
henrie, oor die ongedierte ding........graskarp is uitheems, so is karp, so is bass.....
Die ouens in die Vaaldam kla nie, die grassies is 'n beter hengelvis as meeste ander varswater spesies in SA....as julle nou wil ongedierte sien, gaan hengel 'n slag in Grootdraai dam of die Vaaldam, en ervaar die wonderlike verpesting van kleinbek geelvis....
Moet asb nie die graskarps in die pics verwar met die chinese silwer karp nie...DIS die spesie wat wereldwyd so verpesting raak.Al hoekom die grassies lyk asof hulle peste is, is omdat hulle op die oppervlak in skole swem....daar is 5 keer meer klein karps en kleinbek geelvis so meter of wat ondertoe, hehehe....
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:49 am
by marno
Hierdie gras karpe as jy hom oop sny het nogal baie vet. LOL die een werker se my mens moet net nie te veel eet van dit op een slag nie dan kry jy bietjie 'n maag werking. LOL Dis hoekom hulle van die bure se werkers oornooi vir vis braai.
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:58 am
by Lourens Potgieter
Marno, ek het daai self ook al gehoor.....sover ek weet het die jonger grassies nie daai effek nie, as jy wil visbraai hou.....
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 12:06 pm
by Smiley
Hoe skiet jy die vis, vanaf 'n boot?
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 12:42 pm
by marno
Skiet hulle van die bass boot af Smiley. Dink mens sal nogal sukkel sonder 'n trolling motor.
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 12:44 pm
by marno
Deeg wrote:Marno, ek het daai self ook al gehoor.....sover ek weet het die jonger grassies nie daai effek nie, as jy wil visbraai hou.....
Weet jy ek dink nou, ek het seker in die 5 of wat kere wat ek uitgegaan het net 2 klein grassies gesien van so 30cm lank, verder is almal bo 6kg.
Weet nie of die kleiner grassies dalk dieper ook rond swem nie.
Re: Bowfishing...
Posted: Wed Mar 20, 2013 8:02 pm
by Allure
Maak biltong....
Re: Bowfishing...
Posted: Mon Mar 25, 2013 9:20 am
by Geno
Commons en Grassies kan maar vrekgeskiet word. Dis uitheems. Selfs bass.
Lila het al saam met Marno 'n 8kg karp geskiet.
Re: Bowfishing...
Posted: Fri Apr 12, 2013 4:27 pm
by Jake1
Marno ja daar is min dinge so lekker soos bowfishing. Ek het 'n laser op wat lekker werk.
http://www.youtube.com/watch?v=eDBeimUMuxc
Re: Bowfishing...
Posted: Tue Oct 15, 2019 7:17 pm
by Jake1
Is hier nog manne wat bowfishing doen? Ek is besig om reg te maak vir Desember wanneer die visse boontoe kom in die aand, ons skiet net uitheemse visse.