Page 1 of 1
Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 10:53 am
by Piet Pille
OOOOOOoo manne....... ek het bollie gemaak!
Ek het toe maar daai lankverwagte Zeiss Duralyt 3-12x50 gekoop! Met geld wat ek nie eintlik het nie, maar vir 'n goeie prys. Hierdie gatjeuk siekte is nie 'n man se maat nie. Ek kwyl al van laasjaar af en het beplan om voor einde 2013 'n plan te maak. Wel, dit is heelwat voor einde 2013, maar ek dink ek het 'n billike kopie gedoen. Dankie Thomas. Kan nie wag om hom in my hande te he nie.
voorlopig is dit maar eers brood en jam en 'n kwaai vroutjie

Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 10:54 am
by Beer (Christo)
Baie goeie scope, het een op my 375
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:34 am
by mariusr
Geluk Pieter jy laat my sonde doen ek begeer daai ding! Vat mamma vir lekker ete!!
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:38 am
by Piet Pille
mariusr wrote:Geluk Pieter jy laat my sonde doen ek begeer daai ding! Vat mamma vir lekker ete!!
Ek weet dalk van nog ene..... koop hom toe, dan voel ek nie alleen skuldig nie...
Daai ete vir mamma sal slaptjips en 'n russian op 'n koerant moet wees na dese.......!
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:39 am
by Gawie(13mm)
Pieter ek is baie jammer om van jou moeilikheid te hoor, nou voel ek nie so alleen nie.
"Geluk Pieter jy laat my sonde doen ek begeer daai ding! Vat mamma vir lekker ete!!"
Marius, daai bal gaan nie rol nie. Mamma gaan nie val vir 'n Burger en chips nie. Die man se beursie is leeg.
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:45 am
by mariusr
Lekker lag ek nou! Pieter wat is daai prys van die "ding" wat jy kan kry fluister net saggies wil nie dat mamma hoor nie!
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:46 am
by Koos Barnard
Pieter
Ag wat, onthou maar. Dis altyd makliker om na die tyd ekskuus vra as om voor die tyd toestemming te kry om ietsie aan te koop.
Geniet die scope
Mooi loop
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:50 am
by Piet Pille
Koos Barnard wrote:Pieter
Ag wat, onthou maar. Dis altyd makliker om na die tyd ekskuus vra as om voor die tyd toestemming te kry om ietsie aan te koop.
Geniet die scope
Mooi loop
Dankie oom Koos.
Ek sien dis ondervinding wat hier praat so sal dit ter harte neem.

Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:51 am
by BRNO (Pierre)
Waar is die ander een? Het jy n prys?
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 1:36 pm
by Piet Pille
Hys nog op 'n geweer wat dalk te koop is. Sal hoor of die eienaar hom apart sal verkoop, dan sal hy self hier adverteer.
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 1:44 pm
by PWV
Pieter, is dit nou die teleskoop wat hier in die Paarl afgelewer gaan word en wat jou pa hier kom haal? Sien jou pa die 22ste.
Groetnis
P.W.V.
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:03 pm
by Jaktrap
Hi Pieter
Ten minste los dit darem nog genoeg tyd om nog iets te koop voor die einde van 2013.
Groete Albe
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:34 pm
by BRNO (Pierre)
Pieter Vorster wrote:Hys nog op 'n geweer wat dalk te koop is. Sal hoor of die eienaar hom apart sal verkoop, dan sal hy self hier adverteer.
Dankie. Help my ook maar in die rigting wanneer dit gebeur asb.
Re: Toe swig ek alweer.......
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:46 pm
by Piet Pille
@oom PWV- dis net hy daai!
@Pierre,Marius- Ek laat weet julle manne sodara ek uitvind!