Page 1 of 1

Negatiewe publisiteit

Posted: Thu Aug 26, 2010 9:09 pm
by Ambessa
Hallo almal

Na deeglike oorweging is besluit om hierdie oop brief wat aan die redakteur van 'n bekende tydskrif gestuur is, ook hier te plaas. Sulke ondeurdagte optrede word ten sterkte afgekeur en ontmoedig.

Ambessa
Dear Sir (The Editor)

The photograph of a black-backed jackal (Canis mesomelas) strung up on a fence in your recent issue was viewed with utter dismay. This type of action is condemned in the strongest possible terms. The livestock and wildlife industries in South Africa are negatively impacted by predation. The predators are killing many livestock and they are also maiming livestock that are still alive and often leave them with gaping wounds and trailing entrails. It is the responsibility and right of farmers to safeguard their livestock and manage the predators with various non-lethal as well as lethal methods. However, stringing dead ?evidence? in this way in full view of the general public (as shown by the picture) only serves to create uncalled-for negative sentiments towards farmers who are trying to make an honest and hard earned living from their livestock. We condemn this conduct and want to disassociate the activities of the vast majority of responsible livestock farmers and specialist predator hunters from this despicable conduct.

Image

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Fri Aug 27, 2010 10:29 am
by spekieries
Dankie Ambessa

Dit is 'n goed bewoorde brief. Ek is nie 'n jakkalsjagter nie, net 'n gewone jagter. Hierdie onsinnige daad maak ons almal seer. Dit gee die "greenies" wat in elk geval nie wil vertaan nie, genoeg pitkos om ons seer te maak. Ek moet eerlik s?, ek kan verstaan hoe 'n mens moet voel as hy in die veld kom en sy lammers l? vermink. 'n Man moet egter versigtig wees dat die emosionele nie die rasionele denke oordonder nie.

Skiet 'n Jakkie groete
Spekieries. 

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Fri Aug 27, 2010 11:21 am
by Danie Lombard .243
Beste forum maters.

Ek dink nie die algemene landsburger besef hoe dit gaan met die kleinvee boere nie. Ons ly weekliks verliese van welke aard ookal. Ongediertes is voor op die lys van kwaad doeners. Rooijakkals en rooikat. Nie eers gepraat van lammers en kalwers wat in erdvarkgate val en vrek van dors en honger.
Gesien uit 'n finansiele oogpunt kan mens dit vergelyk met 'n naamlose persoon wat weekliks tussen R1500 en R10 000 uit jou bankrekening laat verdwyn. Dit raak net weg. Geen besigheid wat ookal dit mag wees sal voortgaan met die tipe geld verdwyn verliese nie.
Mense, ek wens die algemene landsburger kan dit beleef en voel hoe dit is om plat teen die grond te wees met allerhande krediteure wat maadeliks betaal moet word en dan word die boer nag vir nag armer met die uitvissing en verwoesting van sy vee.
Meeste van ons groneienaars wat ongedierte beheer toepas het al op 'n keer so 'n jak teen 'n draad gehang. So 'n afrikaner boere beaming van nog 'n boosdoener wat nie meer kan verwoes en verniel nie. Dink net aan die einde van WW II toe die italiaanse diktator Moselini op die stads plein ten aanskoue van almal opgehang is. Almal moes sien hy is dood en die euwel het tot 'n einde gekom. Gelukkig het ons jak jagters tot ander insigte gekom d.m.v. etiek en kennis wat opgebou is bv. deur te deel op 'n forum soos die en die deelname van georganiseerde jag en wapen eienaars verenigings ens.
Dit gee steeds nie die veeboer/jagter die reg om die jak teen die draad te hang ten aanskoue van sesitiewe kykers. EK praat dit ook nie goed nie. Dit is dus verkeerde en versleg net ons saak, soos forum lede reeds gese het. Ek dink ons is by daai dae verby en kyk met beter visie vooruit na ongedierte beheer. Doeltreffende kundige ongedierte beheer op die wettige manier.
Ek voel net dat die persone wat so vinnig is om slae uit te deel, ek verwys na die algemene on ingeligte publiek, na die vee moet kyk met 'n ander bril en twee keer dink aan watter groot guns 'n boer die staat en land doen om te boer en kos te voorsien voor hul -hul onkundige skerp uitsprake opper oor 'n saak waarvan hul geen kennis het nie.

Kom ons vat hande saam. Lyk my die groenes wat lekker saam eet aan ons produk wil nie ons hand vat nie.  Kom ons lig mede boere in om sulke tipe praktyk nie te doen nie en liefs toespits op ongedierte beheer eerder as om prestasies te wys, te wil bewys en te wil beaam. Neem 'n foto van jou prestasie en beam jouself selektief.
Moedig vee boere aan om liefs gebruik te maak van kundige persone met agtergrond en kennis oor ongedierte beheer, eerder as wat die veeboer wil geld spaar en voort ploeter op 'n "verwilder en maak die jak slim" jag praktyk. Ek is self 'n vee boer. EK weet wat gaan aan op die plase. Ek ken die boere se gevoel.

My opinie.

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Fri Aug 27, 2010 11:32 am
by Freddie101
Oom Am
Dankie vir die werk. Dit is goed dat ons so reageer en n meer ingeligte opinie oordra. Meeste van die publiek weet nie wat op veeplase aangaan.
Danie ook goed gestel
Freddie

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Fri Aug 27, 2010 1:35 pm
by BLOK
Dankie vir julle werk en die opvolg van die saak ek vertrou julle sal dit ook so aan die redakteur oorgee om n opvolg hieroor te plaas. Ek dink daar is min plattelandse en ook stedelike mense wat teen die jag van ongediertes is, maar dat dit dinge soos die is wat die algemene publiek teen dit kan draai, en gevolglik ook teen die hele jag industrie. Moet dam ook noem dat in hierdie maand se Leisure Wheels hulle in hulle adventure guide n hele artiekel het en mense aanraai om te gaan skiet met n geweer. Dit is n begin en n goeie stap in die regte rigting as ons wat jag en selfs net tyken en skietbaan skiet die gewone publiek op die manier kan stimuleer kan dit net goeie toekoms vir die hele wapen, jag en skiet bedryf he.

Blok.

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Sat Aug 28, 2010 3:49 am
by Pieter
Dags? Almal

Stem saam, plaas die boer gooi die ding 'n ent van die pad, buite die oog van die publiek en stel slagysters rondom die karkas nie, sal van sy p?lle vang of afskrik. Ek sal graag die wat so klippe na die boer gooi se gesigte wil sien as hul so R 600 000,00 se skade ly soos ek die afgelope jaar!

Boes Groete
Pieter

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Sat Aug 28, 2010 10:38 pm
by Christo
Kruger wrote: Dit werk veral goed indien hy kan reageer met 'n erkentlike tjankie elke keer wanneer ek hom herinner aan 'n spesefieke lam wat gevang is....
;D

Seker dit is nie katte wat jy skiet nie. Ek het nie geweet Jakkalse het ook meer as een lewe nie. Dit is nou die een na jy hom geskiet het. Is al hoe ek sien die erkentlike tjankie kan gebeur. :D ;D

Krap sommer waar dit nie jeuk.

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Mon Aug 30, 2010 8:35 am
by Beyers
Tussen Burgersdorp en Aliwal hang daar ook 'n jakkals aan die draad, ek was laat vir 'n afspraak en kon nie stop om hom af te haal nie, sal iemand in daardie omgewing help asb.

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Mon Aug 30, 2010 11:18 am
by katjak
Ek ry ook so n tydjie terug verby n hangende jak. Begin navraag doe oor hoe, wie, waar en kom toe agter dit is die bankbestuurder wat vroegoggend na een van sy kliente op pad die jakkie getrap het. Hy het blykbaar die jak daar gehang sodat sy boere kan sien hy dra ook hul belange op die hart en dra by tot predasiebestuur. Sal hom nog moet reghelp. Hy wou nie die jak in sy moter laai nie.    Japie

Re: Negatiewe publisiteit

Posted: Mon Aug 30, 2010 8:42 pm
by Roberto
Hello daar

Die jakkals wat oor die draad hang is verseker die verkeerde manier.
Jy gaan tog defnitief nie sy maters afskrik nie net baie katvoet
maak om dit lig te stel.In die tye waarin ons onsself vandag bevind
sou ek se doen maar die"silent salesman"ding,ons wil nie regtig he
die tipe getalle wat ons jaarliks afskiet moet by die verkeerde ore
uitkom nie,want "hulle"het geen idee van hoefeel veral jakkalse daar
werklik is nie.So ek stem saam "veg"maar so bietjie daar met jakkie
waar julle alleen is maar hou dit maar vir jouself.Wat die oog nie sien
nie maak mos die hart ook maar nie seer nie.

My nederige opinie
Roberto