Page 1 of 1
Iluminated Reticles
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:06 am
by Piet Pille
More More!
Manne, ek wil gou julle opinies hoor. Wat is werklik die waarde van 'n Teleskoop met 'n I-R? Ek het so tydjie terug by die geweerwinkel deur 'n Zeiss Duralyt 3-12x50IR gekyk, en daardie groen kolletjie lyk baie lekker en mooi. Maar het dit werklik 'n voordeel? Is dit net vir nagskiet? Werk dit beter in die nag as daarsonder?
Ek het dalk 'n kans om 'n 'n Duralyt 3-12x50 sonder IR te kan kry teen 'n billike prys en oorweeg dit alhoewel ek eintlik my hart op daai IR gesit het.... vraag is net is dit werklik daai paar duisend extra werd?
Luister graag.
Re: Iluminated Reticles
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:20 am
by tokjak
pieter , ek het een en gebruik die fyn liggie wel soms .die ir is iets om aan gewoond te raak en nounog soms sit ek hom af omdat hy my pla ...dis iets om aan gewoond te raak
groete
Re: Iluminated Reticles
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:32 am
by Dawie Malan
Pieter
Kyk ook na die Meopta Meostar. Jy sal verbaas wees oor die prys en die mooi I.R.
Jy sal wel agterkom dat jy dit nie in die nag gebruik nie, maar dit werk baie lekker sterk skemer, sonder 'n lig bo-op jou scope.
My 2 sent.
Groete
Dawie
Re: Iluminated Reticles
Posted: Tue Mar 19, 2013 10:30 am
by Umshwati Boy
Ek gebruik die IR as ek vir Bosvarke op 'n Bait sit en met Maanlig skiet. Vir die soort skiet is dit 'n Moet he. Ek dink as jy die Geld he, koop met IR, want selfs as jy ander diere jag, die laaste 15 minuute voor die son ondergaan, is dit 'n voordeel as daai 60" Kudu onder 'n boom in die Skaduwee staan en jy kan nie jou Kruishaar vind nie.
Re: Iluminated Reticles
Posted: Tue Mar 19, 2013 11:05 am
by Zack Benade
Pieter
Jy koop eenmaal die scope. As jy die een koop sonder die IR sal jy later spyt wees. As jy die IR scope het is die opsie by jou om hom te gebruik of nie. As jy een koop sonder die IR het jy geen opsie nie. Jy moet sonder hom skiet.
My IR gebruik ek. Dis die moeite werd. Vir die paar rand ekstra is dit steeds 'n bargain.
Re: Iluminated Reticles
Posted: Thu Apr 04, 2013 12:03 pm
by Rainbird
IR het basies drie groot voordele oor n gewone kruishaar.
1. Jy kan baie vinniger "on target" kom met n IR teenoor n gewone kruishaar. 9 baie gewild vir dryf jag)
2. Jou oe en brein moet net n kolletjie optel en nie n vertikale en horisontale lyn op die tiken nie. Dit maak dat jy baie gemakliker en met meer self vertoue skiet.
3. As dit skemer is of jy skiet na n donker dier wat in diep skaduwee staan is n IR net die regte ding.
As jy eers n IR gewoond is, gaan jy bitter moeilik terug na n gewone kruishaar toe.
Re: Iluminated Reticles
Posted: Thu Apr 04, 2013 12:08 pm
by PWV
Rainbird wrote:IR het basies drie groot voordele oor n gewone kruishaar.
1. Jy kan baie vinniger "on target" kom met n IR teenoor n gewone kruishaar. 9 baie gewild vir dryf jag)
2. Jou oe en brein moet net n kolletjie optel en nie n vertikale en horisontale lyn op die tiken nie. Dit maak dat jy baie gemakliker en met meer self vertoue skiet.
3. As dit skemer is of jy skiet na n donker dier wat in diep skaduwee staan is n IR net die regte ding.
As jy eers n IR gewoond is, gaan jy bitter moeilik terug na n gewone kruishaar toe.
Hoop nie dit leer Pieter "Poach" nie

Re: Iluminated Reticles
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:10 pm
by mariusr
Pieter ek verkies dat net die die middel punt van die kruishaar se kolletjie verlig nie die hele kruishaar nie dit laat my die teiken baie sleg sien as die hele kruishaar verlig is! Die nuwe Leupold met die rooi kol is bakgat jy kan die ook skerp en flou stel of heeltemal af sit ! Baie oulik dink dis my volgende teleskoop!