Page 1 of 1

eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 2:44 pm
by stan man
die geluk was darem vir n slag aan my kant.
saterdag ry ek om te kyk of daar nie n ou varkie voor my wil inloop nie. ek was buite viljoenskroon op n plaas waar die varke die heinings opneuk. langs die grensdrade kry ons niks . onderkant die plaas is daar n verskoning van n water lopie en met die eerste blik op die wal loop daar n koedoe voor my verby en kry ek die bevel om te skiet. daar was nie tyd of plek vir dooie rus nie en ek skiet sommer uit die skouer uit. ek skiet n long skoot en is gelukkig om haar te kon skiet.ek haal toe die pens daar in die veld uit en besluit om net n draai te loop voor ek die bakkie gaan haal. en daar loop n mooi mamma varkie voor die roer in en ek kry nog n kans.daardie vark was so vet as jy afslag sit daar n laag vet op party plekke wat so 10mm dik is.

dit was my eerste jag vir die jaar en ek kon darem die twee skiet. maar ek besef nou eers hoe onfiks ek is. ek sal maar so n bietjie besig moet raak want daar le nog n hele paar loop jagte voor vir hierdie jaar.ek sal ook maar n skietstok moet saamdra, ek is nie meer so vertroud met uit die skouer uit skiet nie. die jakkals stoel het sy tol geeis.
groete
frans

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 2:49 pm
by Carl
Lekker Frans dis lekker vleis daardie.

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:02 pm
by Riaan Beeslaar
Dag Frans

Het jy nie vir ons 'n paar foto's nie.

Groete
Riaan

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:03 pm
by Roger
Geluk Frans, gooi n paar kiekies.

ROger!

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:11 pm
by grumpy
Lyk my ek moet weer daar gaan kuier en reen vat vir die manne!

Of wat se jy Frans?

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:15 pm
by Marc
Mooi man ;)

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:15 pm
by Roger
stan man wrote:die geluk was darem vir n slag aan my kant.
saterdag ry ek om te kyk of daar nie n ou varkie voor my wil inloop nie. ek was buite viljoenskroon op n plaas waar die varke die heinings opneuk. langs die grensdrade kry ons niks . onderkant die plaas is daar n verskoning van n water lopie en met die eerste blik op die wal loop daar n koedoe voor my verby en kry ek die bevel om te skiet. daar was nie tyd of plek vir dooie rus nie en ek skiet sommer uit die skouer uit. ek skiet n long skoot en is gelukkig om haar te kon skiet.ek haal toe die pens daar in die veld uit en besluit om net n draai te loop voor ek die bakkie gaan haal. en daar loop n mooi mamma varkie voor die roer in en ek kry nog n kans.daardie vark was so vet as jy afslag sit daar n laag vet op party plekke wat so 10mm dik is.

dit was my eerste jag vir die jaar en ek kon darem die twee skiet. maar ek besef nou eers hoe onfiks ek is. ek sal maar so n bietjie besig moet raak want daar le nog n hele paar loop jagte voor vir hierdie jaar.ek sal ook maar n skietstok moet saamdra, ek is nie meer so vertroud met uit die skouer uit skiet nie. die jakkals stoel het sy tol geeis.
groete
frans
Ek daar sit ek Saterdag en niks doen by die huis...

:confused:

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:18 pm
by grumpy
As hy so begin wil ek nie weet hoe gaan dit eindig nie!! :):

>:(

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 3:53 pm
by Smiley
Koedoe koei is darem heerlike vleis. Stem met die ander gooi bietjie 'n kiekie

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 4:16 pm
by PWV
Stan man

Hoe laat jy my lus nou uithang! Ek het sommer dadelik my jaggoedjies begin uit sorteer. DV, nog net 'n paar slapies hier na middel April toe en ek is in die Kalahari met my Tombi.
Die Ou Ballie sal die storie bring!

Groetnis
P.W.V.

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 8:35 pm
by stan man
sorry manne,maar ek het nie eers een foto geneem nie. ek belowe as ek oor 2 weke weer gaan sal ek julle lus bevredig. daar het hoeka n groot bul die beste daarvan afgekom toe hy die bosse in is. ek hoop om darem gou weer te gaan. daar is nog n groot koedoe bul en n eland en n takbok met my naam op.

Re: eerste jag 2013

Posted: Mon Mar 18, 2013 8:58 pm
by Roger
stan man wrote:sorry manne,maar ek het nie eers een foto geneem nie. ek belowe as ek oor 2 weke weer gaan sal ek julle lus bevredig. daar het hoeka n groot bul die beste daarvan afgekom toe hy die bosse in is. ek hoop om darem gou weer te gaan. daar is nog n groot koedoe bul en n eland en n takbok met my naam op.

En n varkie of twee vir my?

Re: eerste jag 2013

Posted: Tue Mar 19, 2013 6:22 am
by Johan22
More Frans
Baie geluk en mooi so ja as die derdom kom dan raak mens mos maar biki onfiks. Sien uit na daardie foto's en geniet dit.

Johan22