Page 1 of 1
lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 10:20 am
by cassie_calvinia
my mof lammers(het bies gehad) suip goed vir 2wke, dan vrek hul net.
hoekom?
Re: lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 12:09 pm
by .243
By ons voer ons die ooie non stop met 'n gebalenseerde voer. Veral laaste 6 weke voor die ooie lam. Is jou kwaliteit van jou biesmelk reg?
Toon die lammers enige simtome? Voor hulle vrek of weier hulle net om te drink?
Re: lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 1:15 pm
by cassie_calvinia
jammer
ek moet betyer verduidelik.
praat van die hanslammers
Re: lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 1:52 pm
by Beretta
Re: lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 7:28 pm
by Yalair
Cassie
Watter melk gee jy? na 2 weke behoort lam sterk te wees het hulle skutterypens gee meer inligting.
Groete
Re: lammertjie melk.
Posted: Mon Mar 18, 2013 11:04 pm
by Kalahari
Cassie
Gee jy self die melk met die bottels of het dalk 'n "engineer" wat dit doen?
Spuit jy dalk die lammers pasteurella? Ek wonder of die lammers dalk nie verstik op stadium nie, melk op die longe?
Sorg dat die tiete se gate nie so groot aan die begin is nie, sal help dat hulle nie sommer stik nie.
Hoop jy kry die fout.
Re: lammertjie melk.
Posted: Tue Mar 19, 2013 6:45 am
by cassie_calvinia
ek spuit niks nie.
dit nou al meer as 1 keer gebeur. lam lyk 100%, volgende dag net vrek. geen spuitmaag, niks!
mof hans is maar pieperig, maar dit voel ek moet beter doen.
Re: lammertjie melk.
Posted: Wed Mar 20, 2013 10:57 am
by Spekboom
Cassie
Jy moet jou bottels en tiete goed steriliseer deur dit te kook. E-coli laat n dier wat suip vrek soos in baie gou!!!!!
Groete Daan
Re: lammertjie melk.
Posted: Wed Mar 20, 2013 11:04 am
by TOKELOS
Nee Baretta, Cassie sin hang maar net so!
Re: lammertjie melk.
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:23 pm
by Beretta
Re: lammertjie melk.
Posted: Wed Mar 20, 2013 4:35 pm
by TOKELOS
Baretta jou ou stoutert, daar gaan staan en vang jy my wraggies uit!
