Page 1 of 1
Marlin 270 Winchester
Posted: Wed Aug 25, 2010 9:04 am
by Louis Kriel
My jagmaat, wat altyd my 30-06 leen as ons saam jag het nou vir hom 'n Marlin in 270 Winchester by Rosenthals in Kaapstad gekoop. Is daar iemand wat weet/ken van Marlin jaggewere? Sover ek weet is hulle maar hoofsaaklik "lever action" vervaardigers.
Re: Marlin 270 Winchester
Posted: Wed Aug 25, 2010 10:14 am
by Danie Lombard .243
30-06
Wat jy se dat Marlin oorspornklik lever action gewere maak is waar. Tans maak hul 'n bolt action wat van die beste is. Ken jy die akurate Savage aksie met daai accu trigger? Dit is hoe die nuwe Marlin aksies lyk. Dit is presies 'n Savage aksie met die barrel lock nut daar waar die loop in die aksie inskroef, om die headspace te stel, die afsonderlike boltfae wat rus op 'n wave washer en al daai lekker Savage goodies. Ek sal beslis 'n Marlin aanskaf. Ek het 'n Savage bolt action op my 243 en hy gooi woes mooi. As ek moet eerlik kies-kies ek die Savage bo die Remington mod 700.
Die nuwe Marlins is "GOOD STUFF"
Re: Marlin 270 Winchester
Posted: Thu Aug 26, 2010 9:37 am
by Geno
Toe ek in 2002 my CZ308 gekoop het, was so 'n marlin 270 my eerste keuse, ek het gespaar vir 'n deposito, en toe ek die dag by die gunshop kom, is hy verkoop. Hulle lyk na baie nice gewere, maar ek's bly dat ek eerder die 308 gekoop het agv Magnus patrone= baie oefening "for free".
Groete,
Eugene
Re: Marlin 270 Winchester
Posted: Thu Aug 26, 2010 10:16 am
by Louis Kriel
Dankie vir al julle goeie inligting. Ou Joni twyfel baie of hy die regte besluit geneem het. Ek gaan hierdie goeie nuus net so vir hom deurgee!