Page 1 of 1

Keuse van handwapen

Posted: Thu Mar 14, 2013 2:51 pm
by Carl
Ek het al hier deur gelees. Ek het almla al vasgehou, almal klein vir makliker dra en versteek.
Die enigste uitsondering is die G19 vs G17. Die G19 align op die horisontaal verkeerd, punt van die loop hoër. Ek het gister die 17 getoets en dit is meer natuurlik reguit as ek aanlê.

Ek dink die P07 is heel voor op waarde vir geld sonder om betroubaarheid in te boet.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:06 pm
by Lourens
Carl,

Ek is glad nie 'n kenner op die gebied van handwapens nie. Maar ek het na hulle almal gekyk en gevoel en vir my sit die S&W M&P die lekkerste. As my dinge regloop skaf ek so een in .45 aan.

Groete,
Lou

Re: Keuse van handwapen

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:27 pm
by Chris Swart
Meeste geweerwinkels laat mens toe om tweedehandse pistole eers te skiet voor jy koop.
My advise is, gaan shop rond en skiet eers met al daai pistole VOOR jy koop.
Ek het al meer as een keer ondervind dat 'n pistol wat lekker in die hand sit en maklik point, nie so gemaklik/lekker skiet nie.
Gaan skiet, en kyk of jy gemaklik is metdie sneller en recoil

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 7:51 am
by Carl
Dankie manne, sien dis kop aan kop op die oomblik. Ons geweer winkel het nie die toets opsie nie. Ek kan moontlik met die CZ skiet en dan ander Glocks, 40 S&W, maar nie die 17 nie.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:10 am
by G-force
Carl die 17/19 Glocks is presies die selde ding behalwe die 17 het n langer loop en n langer grip.Die "angle" van die grip/loop bly die selde.Dus kan die een nie hoog wees en die ander reg nie.Dalk n menslike grip issue?

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:16 am
by Beer (Christo)
Ek het nou die dag die m&p vasgehou. Pas lekker gemaklik in my hand. Dink ek gaan hom binne kort aanskaf.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:19 am
by G-force
Beer wrote:Ek het nou die dag die m&p vasgehou. Pas lekker gemaklik in my hand. Dink ek gaan hom binne kort aanskaf.
Ek het een en jy sal nie fout maak nie.Maar moet nie huiwer nie,daar is net n paar oor en die agent sukkel om nuwe besendings te kry met die klomp wapens wat die Amerikaners tans aankoop.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:22 am
by Beer (Christo)
G-force wrote:
Beer wrote:Ek het nou die dag die m&p vasgehou. Pas lekker gemaklik in my hand. Dink ek gaan hom binne kort aanskaf.
Ek het een en jy sal nie fout maak nie.Maar moet nie huiwer nie,daar is net n paar oor en die agent sukkel om nuwe besendings te kry met die klomp wapens wat die Amerikaners tans aankoop.
Dankie Ge

Die een wat ek vasgehou het was reeds verkoop. Sal dalk kyk of 'n nuwe geweer winkel bestuurder hier in ons geledere my kan help

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:32 am
by G-force
Tacshac in Jhb het nog drie.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 8:36 am
by Carl
Dankie ek weet, gaan vanmiddag weer geweer winkel toe hulle het nou beide so ek gaan weer toets. Die 17 se langer grip kan dalk die verskil wees.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Fri Mar 15, 2013 10:55 am
by Carl
Sien die ouens vote nou Glock sodat ek nie hulle M&P gaan koop nie ;-)

Re: Keuse van handwapen

Posted: Thu Mar 28, 2013 9:55 am
by Carl
Dankie manne vir die advies. Na baie toets in die winkel het ek die Glock 19 G4 gevat. Ek het met 'n kollega se 40 G23 geskiet, die pistool skiet baie lekker en akkuraat. Besluit 9mm is genoeg en makliker. Lisensie aansoek is nou net ingegee. Tick tock.

Re: Keuse van handwapen

Posted: Thu Mar 28, 2013 10:30 am
by Beer (Christo)
Geluk Carl

Ek het 'n M&P 9mm met thumb safety gevat. Trek more in die nuwe huis in dan kan ek volgende week my aansoek indien