Page 1 of 1
Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:08 am
by Roger
Hi,
Ek wil net weet, kan ek my lisensie PTA toe ry en daar gaan inhandig in die toekoms?
Dis n reuse frustrasie om dit hier in Welkom in te handig. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam, maar die pos is soooo stadig. Dit vat n avg van 3 - 5 weke vir n aanskoek om van hier tot PTA te kom.
Roger!
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:11 am
by BRNO (Pierre)
Sover ek weet is daar areas en streke en moet die Polisie daarby hou, maar ek kan nie se of hulle doen nie, en of hulle jou gaan toelaat om buite jou streek die lisensie aansoek in te dien nie.
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:21 am
by Chris Swart
Ek het nou die dag gevra of ek die dokumente self PTA toe kan vat om dinng te bespoedig.
Die dame by die stasie het gesĂȘ dit word glad nie meer toegelaat nie, aangesien te veel mense dit begin doen het.
Hulle laat dit nie eers meer toe met bringende aansoeke nie.
Sy was baie hulpvaardig, so ek glo nie sy was net moeilik nie...
Ek weet ook dat daar sekere goed soos die "Criminal Background Check" op stasie vlak gedoen word, en die aansoek kan nie direk by CFR ingedien word nie.
Dis maar wat vir my gesĂȘ is
Hoop dit help
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:26 am
by Roger
Ok dankie.
Sal maar net moet geduldig wees.
Roger!
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:33 am
by G-force
Roger jy kan dalk met hul reel dat jy dit by hulle indien en as hulle klaar op sisteem gelaai het ensv dat jy dalk daai week se hele batch optel en Pta toe vat.Dalk kan een van hulle saamry..
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:43 am
by Roger
Klink soos n plan. Ek gaan bietjie rondvra as ek weer by die stasie kom.
Dankie Ge.
Re: Lisensie inhandiging
Posted: Thu Mar 14, 2013 2:52 pm
by Nickvn
Ek het in n spesiale geval toestemming gekry by een van die groot manne in Pta om dit vir hom te bring. Moes eers laat die DFO hulle dinge doen en toe opgetel en deur geneem. Die volgende dag my sms gekry dat hy goedgekeur is.
Praat maar bietjie daar. Hulle sal help as hulle kan.