Page 1 of 1

Drome halfpad waar.....

Posted: Tue Mar 12, 2013 8:17 pm
by Gernie
Middag Manne

Ek is 'n 'office bound' met 'n baie groot droom - om eendag te boer. Het al so baie planne beraam, maar niks kom af nie a.g.v 'n tekort van kapitaal. So bedank ek my vorige werk en besluit, ek is nog jong, so gaan my pensioen vat en iets begin. Ek en my swaer het 'n baie klein stukkie grong waar hy bly en besluit toe dit is die ideale plek om te begin. So, om maksimaal uit die grond te kry besluit ons om stoet materiaal Brahmane te koop. So, hier is van my droom en ons begin....

http://i548.photobucket.com/albums/ii33 ... 8a9b9f.jpg
http://i548.photobucket.com/albums/ii33 ... b41236.jpg
http://i548.photobucket.com/albums/ii33 ... 7dbb78.jpg
http://i548.photobucket.com/albums/ii33 ... feff17.jpg

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Tue Mar 12, 2013 8:42 pm
by Beer (Christo)
Baie mooi.

Ek is ook maar 'n desk / excel jockey vir 'n groot gereelte van die dag.

Eendag as ek groot is......

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Tue Mar 12, 2013 10:09 pm
by PWV
Gernie

Ek weet nie hoe oud jy is nie. Ek kom ongelukkig? uit 'n era waar ons en ons ouers baie konserwatief was - jy weet toe almal geswoeg en gesweet het om liggaam en siel aan die gang te hou - net na die 2de Wereldoorlog. Daar was nie geld nie en het destyds 'n pennie twee keer omgedraai. Dit is 'n kultuur wat ontwikkel het. Sekuriteit was al wat getel het.
Nou dat dit te laat is om kanse te vat, sien 'n mens baie proposisies.

Ek bewonder jou deursettingsvermoe wens jou alle sterkte toe. Mag jou kinders eendag ryk ouers he!

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Wed Mar 13, 2013 7:35 am
by BRNO (Pierre)
Gernie, dit lyk flippen nice! Ek hoop jou halfpad waar droom, oortref eendag jou wildste verwagtinge!

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Wed Mar 13, 2013 8:19 am
by Marc
Ek het n vriend wat n Handyman pos by die Staat beklee het. Reedlike salaris en goeie voordele, tot hy ook eendag besef daar is meer daar buite as waar hy huidiglik sit. Hy vat n hengse kans, bedank, var sy pensioen en betaal sy skuld en Koop gereedskap en n waentjie.

Hy het intussen twee keer aan sy huis laat aanbou, ry al drie motors bet n karavaan, boot en jetsky.
Hy kyk noe terug nie, maar die skatte kom uit ure se bloed sweet en harde Werk.

As jy die ure insit sal jy nooit terug kyk nie, alle voorspoed maat. Ons praat oor drie jaar as jy jou kraal op jou eie plaas gebou het ; )

Mooi loop
MARC

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Wed Mar 13, 2013 10:35 am
by Eugene
Sterkte Gernie! Moet nooit gaan lĂȘ en en hou jou oog op God en Hy sal sy hand oor jou hou!

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Wed Mar 13, 2013 12:16 pm
by Gernie
Oom Pieter en ander

Baie dankie vir die mooi wense, dit word opreg waardeer. Oom Pieter, ek is nog maar aan die jong kant (27) maar die grootste begeerte is om te boer, so kon gelukkig 'n begin kry met die pensioen.

Mooi dag vir almal.

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:22 am
by johank
Ek ken daai gevoel van agter n' lessenaar sit maar jou hart is nie daarin nie. Ek soek nog na my uitkom kans. Baie sterkte met jou boerdery, dis n' nederige begin, maar mens moet iewers begin. Hou ons op datum met hoe dit gaan.

Groete

Johan

Re: Drome halfpad waar.....

Posted: Thu Apr 11, 2013 4:59 pm
by Gernie
Baie dankie Johan