300 Win doen die ding
Posted: Tue Mar 12, 2013 10:57 am
Manne
Dit is nou so! Dit is ‘n nuwe jaar met nuwe dinge, en een van die dinge wat ek vanjaar wil doen is maar die long-range- ding en op daai noot, het ek begin rond bel, en danksy Stanman hier op die forum, ‘n plek gekry om so bietjie te begin eksprimenteer.
Teen Woensdag was alles bevestig, en Saterdag oggend voor die eerste hadeda kon skree, is ek en Stefan oppad. Op Potch eers vir Blok opgelaai,waarna ons op Bothaville eers die innerlikke kon versterk met ‘n lekker olierige Spur breakfast.
Op die plaas aangekom, het ons vining besef,hierdie’ is nie net nog ‘n plaas nie, hier loop dinge agtermekaar. Elektriese heinings, outomatiese plaashekke,cctv kamera’s by hekke, en geverfde ysterpale ,is nie die eerste prentjie wat in my kop opkom, as jy praat van ‘n plaas in die Vrystaat nie.
Ons is saam met die boer daar weg, kompleet met ‘n ordentlike skietstoel, en sy ph agterop die bakkie.Ons moes eers seker maak die gewere skiet soos hulle moet, en daar word ons toe begroet met ‘n 500m skietbaan, met ordentlike skiettafel, teikens klaar opgeplak, elke 50m tot by 500m en nog hier en daar ‘n 4” gong ook. Dit was duidelik ,die twee manne geniet self om te skiet! En ons was dus op die regte plek.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00008_zpsa3a4d9d8.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/0000000_zpsab0589b0.jpg
Dit sou die eerste keer wees wat ek die TRG in 300 Win mag, met 8-32 NXS nightforce NPR1 reticle, gelaai met 168gr Berger hunting VLD’s @ 3200f/s, deur sy passies vat.
Plan was vir my om ‘n klompie bokke plat te skiet, terwyl Stefan en Blok die rangefinders beman, waarna ons dan sou roteer en hulle ook elkeen ‘n bok of wat skiet. So met die formaliteite agter die rug,is ons die veld in, ‘n tiepiese vrystaat kamp, met oop vlakte so ver as die oog kan sien.
Die ph sou die calls maak oor dinge soos trofee diere, dragtige diere en al daai dinge wat soms ‘n lekker tammaletjie kan wees. En ek kon dus net konsentreer op die nodige.
Ons het ‘n trop Hartbeeste gewaar, en toe kom die masjien in werking. Die ph roep: Heel regs is ‘n koei, en sy het nie ‘n kalf nie, Stefan roep: 480m, Blok roep 481m, bulletflight roep : -73cm,die bestuurder(boer) roep: moet ons nader gaan?, maar toe blaf daai muzzle break en die ph gryp sy oor vas en almal roep: daar val sy!
Die skoot het mooi tussen die oog en oor getref.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00003_zpsfd8fe441.jpg
Die bokke maal toe so bietjie en word weer rustig. Die ph roep weer: tweede van regs kan jy maar skiet, Stefan roep: 435m, Blok roep 437m, bulletflight se: -61 cm, en die skoot loop. Die bok steier en begin te hardloop, die koel het so 3” laag getref, maar sy gaan staan toe gelukkig na so 200m. Nou moet ons vining werk. Blok roep 510m,Stefan roep dieselfde, bulletflight se -90cm en toe loop die skoot weer, en sy slat in haar spore neer. Die tweede skoot het mooi tussen die oe getref, en ek begin heel opgewonde raak oor die 300.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00004_zps972742af.jpg
Van daar is ons na ‘ander kamp om iets groter te skiet, iets soos ‘n eland, en vining,vining kry ons ‘n alleen blesbok ram wat effe versigtig is. Later steek hy vas en die geroep begin Stefan se: die bos agter hom is 450m, Blok se die bos is 470m , bulletflight se op 470m is dit -72cm. Die skoot loop en die ram val dat die stof op hom staan. Blok range weer en se: kerels daai bos agter die bok is 530m, dus le die bok op 510m. Daar gekom, het die skoot hom so 6duim onder sy ken getref, nek af, en ek besef weer hoe belangrik dit is om slegs skote te vat,waneer ‘n bok regstaan.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/000000_zps12f2a867.jpg
Teen 11am kom ons toe op ‘n trop Zebra’s af en die Ph roep:heel links is ‘n hings, Stefan roep 300m,Blok roep: 301m ,Bulletflight se -15cm. Die hings staan effe quartering on en Ek mik vir die hart.(omdat ek bang is die vel bars,en ek die vel verkoop). Toe die skoot loop,steier die hings effens, hardloop ‘n paar draaie ,soos hulle maar altyd doen met hartskote. Ons gee bietjie kans voor ons nader gaan,maar daar gekom,is daar geen teken van die hings nie.
Ek voel egter baie goed oor die skoot, en begin dadelik twyfel in die koeel.
Teen 6:40pm, sien ons weer die hings ,en ek kan bevestig dat my skoot getref het,waar hy moes,maar die hings hardloop egter nogsteeds voor in die trop(na 7 ure),en gee ons nie weer ‘n skoot nie.
Die atmosfeer van daar af verder was maar somber en ek het al beter aandetes gehad ,maar nie omdat die kos af was nie, inteendeel.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/0000_zpsa4ac667f.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/00005_zps76007a23.jpg
A.g.v Stefan se nuwe verpligtinge,as verkoopsbestuurder van S&O in Pretoria, kan ons nie oorbly nie, en die boer verseker my ,da thy die Zebra die volgende dag sal gaan soek en doodskiet.
Ek het seker nie nodig gehad om die teenspoed met julle ted eel nie,(en ek weet ek gee nou ‘n klompie anti-long range manne ammunusie),maar ek voel tog ek moet dit met julle deel,sodat julle uit my foute kan leer.Dit was egter nogsteeds ‘n baie lekker jag,saam ‘n klomp lekker mense.
Dankie Stan,Wimpy en Steven vir die reelings en geriewe, en baie dankie Stefan en Blok vir julle dienste as range-finders,maar ook julle onselfsugtige verstaan. Hulle kon toe nooit eers ‘n skoot aftrek nie.