Page 1 of 2
Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 4:52 pm
by Hoender
Middag lede,
Ek wil graag weet wat is jagters bereid om te betaal vir koedoes in die Noord-kaap, kan mense voorstelle maak vir koeie en bulle en bulle grotter as 45". Sal graag wil hoor.
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 6:11 pm
by Chevvy SS
Het jy?
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 6:15 pm
by Hoender
Hier is nie bitjie koedoes nie, hier is 'n plaag
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 6:16 pm
by James Wilson
Hoenner, ons jag elke jaar by Lime Acres op oop plaas. Daar is geen koelgeriewe nie.ons voorsien ons eie jagbakkie. Daar is net n longdrop enons slaap in tente. Die prys van enige koedoe is R1200
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 7:19 pm
by Silent Hunting
James Wilson wrote:Hoenner, ons jag elke jaar by Lime Acres op oop plaas. Daar is geen koelgeriewe nie.ons voorsien ons eie jagbakkie. Daar is net n longdrop enons slaap in tente. Die prys van enige koedoe is R1200
James,
Wanneer ry ons?
Hoender,
Laat weet my as jy klaar jou pryse vas gemaak het. Dalk kan ons plan maak vir 'n paar trips die seisoen.
Pryse wat vir "my" billik is:
Koei - R1750
Bul - R2500 - R3300.
Glo dit is goeie pryse vir trek bokke.
Groete,
Henk
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 7:42 pm
by Nickvn
Ek sal ook graag n mooi koedoe bul wil skiet die jaar. Ek sal ook belang stel. Ek hou die een dop.
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 7:58 pm
by Fanie Nel
Hello Hoender
Dis nou een van daai vrae. Ek weet nie van die ander manne, maar met die dat als so duur is en die begroting nie so lekker wil klop nie wil mens maar so min as moonlik betaal. Maak 'n prys en laat weet ons.
Groete
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 8:21 pm
by Chevvy SS
Silent Hunting wrote:James Wilson wrote:Hoenner, ons jag elke jaar by Lime Acres op oop plaas. Daar is geen koelgeriewe nie.ons voorsien ons eie jagbakkie. Daar is net n longdrop enons slaap in tente. Die prys van enige koedoe is R1200
James,
Wanneer ry ons?
Hoender,
Laat weet my as jy klaar jou pryse vas gemaak het. Dalk kan ons plan maak vir 'n paar trips die seisoen.
Pryse wat vir "my" billik is:
Koei - R1750
Silent, jy prys ons uit!
Ons kon vir R900 geskiet het!
Bul - R2500 - R3300.
Glo dit is goeie pryse vir trek bokke.
Groete,
Henk
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 9:09 pm
by JohanvB
Dankie, sal ook graag 'n bul wil kom haal...
Gee jou pryse asb
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Sun Mar 10, 2013 9:19 pm
by mariusr
Hoender laat weet jou pryse! Vir trek bokke is R1800 vir koeie en bulle R3500 tot 53"oor dit R4000 vir my bilik want met trek bokke weet jy nooit op 'n oop plaas veral as jy ver moet ry!
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 9:04 am
by Hoender
More,
Ek sal 'n prys maak nader aan die jag seisoen. Bly om te sien jul stel belang
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:27 am
by Nickvn
Moenie te lank wag nie, ons maak nou al ons jagte vas.
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:42 am
by grumpy
Jy moet laat weet want dan kan ek sommer my nuwe handwapen in Kimberley optel. Goeie rede vir n jag dan!!
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 10:51 am
by mariusr
Onthou ook slaap plek en dag fooie! Maak die nou goedkoop vir ons!
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 11:06 am
by Silent Hunting
Nee man, ons gaan kamp lekker op die plaas. Tente en al.
Geen Inverters met elektriese komberse toegelaat.
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 5:10 pm
by Chevvy SS
Silent, as jy nou die pryse weer regkry nadat R900.00 jy dit opged@@ner het, sal ek agter jou blad slaap.
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Mon Mar 11, 2013 5:29 pm
by Silent Hunting
Chevvy,
Ek sal die 1ste oggend vir jou koffie in die bed gee. Sal dit opmaak? Anders kan ons altyd kyk hoe goed vaar daai Chevvy van jou as ons so paar springhase jag een eend......
Henk
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 5:44 pm
by tau
R18/kg
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 5:49 pm
by JohanvB
Dink ook R18 per kg is billik
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 5:55 pm
by Jakkalsgat
P kec, pik pik pik P kec, hoender kom in!
Het ons nou al 'n prys maar as dit 'n plaag is moet jy ons vra vir kwotasie om plaagbeheer toe te pas. Jy is nes 'n vrou, belowe die mans alles en gee dan niks.
Groete
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 6:08 pm
by mariusr
R18 per kilo sal nie stry nie ! Baie billik!
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 6:14 pm
by Silent Hunting
Hoender,
Waar in die KBY area is jy?
Henk
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Tue Mar 12, 2013 7:27 pm
by Roger
Silent Hunting wrote:James Wilson wrote:Hoenner, ons jag elke jaar by Lime Acres op oop plaas. Daar is geen koelgeriewe nie.ons voorsien ons eie jagbakkie. Daar is net n longdrop enons slaap in tente. Die prys van enige koedoe is R1200
James,
Wanneer ry ons?
Hoender,
Laat weet my as jy klaar jou pryse vas gemaak het. Dalk kan ons plan maak vir 'n paar trips die seisoen.
Pryse wat vir "my" billik is:
Koei - R1750
Bul - R2500 - R3300.
Glo dit is goeie pryse vir trek bokke.
Groete,
Henk
Ek wil saam gaan!
Roger :-)
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Wed Mar 13, 2013 7:42 am
by Daneel
Nee wat ek will ook saam maar dit lyk of hoender geslag is.
Smaak my hy is te naby aan Kentucky verby en nou is die jag weg met die barrel kfc..
Re: Koedoes in die Noord-Kaap prys
Posted: Wed Mar 13, 2013 9:14 am
by vlakvark1
Ek dink hoender het geskrik vir die hoeveelheid manne wat koedoes soek. Hy gaan seker
n paar dae in die bos deurbring om die koedoes te tel dan sal hy kom sĂȘ hoeveel daar
is en die prys